
Promosie-artikel:
Azise is ’n veiligheidstoepassing, oftewel -app, wat jou gesinslede, voormanne of die mense op die buurplaas laat weet jy het hulp nodig as jy in die moeilikheid beland of ’n mediese noodgeval het.
Met GPS-tegnologie om jou ligging te bepaal, stuur Azise ’n boodskap na jou vriende en familie wat hulle laat weet waar jy is en of jy in gevaar is of mediese hulp nodig het.
Volg hierdie maklike stappe:
1. Laai die app af van die Google Playstore of die Apple iStore
2. Registreer
3. Voer jou naasbestaandes se kontakbesonderhede in
4. Aktiveer
Daar is twee opsies met die app - Azise Free en Azise Basic. Met Azise Free kan jy ’n noodboodskap of mediese noodboodskap na een mens stuur. Met Azise Basic kan jy ’n noodboodskap of mediese noodboodskap na vyf mense stuur; toegang hê tot ’n lys noodsentrums, hul kontakbesonderhede en liggings, byvoorbeeld hospitale, polisiekantore en brandweerstasies; en ’n oproep maak of navigeer na enige van die sentrums op die lys met die druk van ’n knoppie.
As jy van Azise Free tot Azise Basic wil opgradeer, het jy weer twee opsies: kyk ’n kort video vir drie dae se toegang; of stuur ’n SMS wat R3 kos vir ’n maand se toegang. Azise is ’n Personal Watch-produk.
Let wel: Hierdie app is nie bedoel om jou plaaslike nooddiensverskaffers te vervang nie en dit is ook nie met hulle verbind nie. Dekking hang af van jou slimfoon se netwerk en GPS-verbinding.
Vir meer inligting, gaan na azise.co.za of stuur e-pos na info@personalwatch.co.za.