
VB Veldmasters bied op 20 Februarie hul eerste Veldmaster-inligtingsdag, met ’n veiling op 23 Maart by die Noord-Kaap Lewende Hawe-veilingskompleks op Stella, Noordwes aan. Mnr. Cas Breedt van VB Veldmasters sê dié bees is heeltemal anders as wat plaaslike boere gewoond is.
“Mnr. Johann Zietsman , bekende beeskonsultant, kom van Zambië om die inligtingsdag aan te bied. Hy het jare gelede in Zimbabwe hierdie beeste geteel en groot sukses oor ’n tydperk van ongeveer 17 jaar behaal. Weens politieke redes het hy al sy grond en ook daarmeer saam sy Veldmasters verloor. Ongeveer agt jaar gelede het ek en ’n paar ander telers in samewerking met Johann weer begin om Veldmasters te teel,” sê Breedt
“Veldmaster-beeste sal nooit deurgaan as ’n suiwer ras nie omdat dit niks anders is as kruisgeteelde beeste wat op ’n spesifieke manier geteel word. Die inligtigtingsdag word juis gehou om vir alle belangstellende kommersiële beesboere meer oor dié tipe bees te vertel,” sê Breedt.
Die inligtingsdag begin om 09:00, met die veiling wat op 23 Maart om 11:00 volg. Kontak mnre. Cas Breedt by 082 878 0183 of Wouter Mentz by 082 944 0217 vir meer inligting.