Die jaarlikse gesamentlike kongres van die gewasproduksie-, grondkunde-, tuinbou- en onkruidverenigings van Suid-Afrika vind van 18 – 21 Januarie 2010 in Bloemfontein plaas.
Die kongres verskaf die geleentheid vir interaksie tussen verskillende landbourolspelers en sal deur akademici, navorsers, raadgewers en bedryfspesialiste bygewoon word, wat die jongste wetenskaplike bevindings bekend sal stel.
Dit sal die kennisbasis verbreed en sinergieë tussen die verskillende instellings en besigheid bevorder en bied die geleentheid vir landbouwetenskaplikes om ’n bydrae tot welvaart in Suider-Afrika te maak.
Navrae: prof. Cornie van Huyssteen by tel. 051 401 9247 of op die kongreswebblad: www.combinedcongress.org.za.
18 November 2009