AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Vergeet van tariewe, kyk na handelsbeleid

Die instelling van invoertariewe om die plaaslike landboubedryf te ondersteun is nie die beste antwoord vir probleme nie.

Suid-Afrika se suiker-, hoender- en koringbedryf is van die land se bedrywe wat tans as bedrywe in 'n krisis beskryf word. Om die oorlewing van die hoenderbedryf te verseker is ’n aansoek van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) vir ’n verhoogde invoertarief goedgekeur.

Die Suid-Afrikaanse Suikervereniging (SASV) het luidens ’n berig op Sake24.com aansoek gedoen dat die dollargebaseerde verwysingsprys per ton suiker van $358 na $764 verhoog moet word. Die Vereniging van Suikerinvoerders (Asasi) is egter teen dié aansoek aan die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) gekant en sê dit sal die prys van suiker aan verbruikers met tot 44% verhoog.

Me. Elaine Alexander, voorsitter van Agri SA se kommersiële beleidskomitee, het tydens ’n debat by die organisasie se jaarkongres opgemerk die instelling of verhoging van tariewe is nie die beste oplossing nie. “Ons moet eintlik kyk na handelsbeleid. Handelsbeleid moet beter toegang tot markte bied. Deur tariewe te gebruik kan insetkostes op die ou end verhoog word.”

Die Franse Revolusie
Mnr. Dissie Kruger het die lot van die koringbedryf aan die kongres voorgelê en benadruk dat talle boere dié bedryf verlaat weens druk op produksie asook winsgewendheid. Minder koring word dus plaaslik geproduseer, en hoe meer koring ingevoer word, hoe meer uitgelewer is die land en verbruikers ten opsigte van wisseling in broodpryse.

“En ons moenie vergeet nie, die Franse Revolusie het weens hoë broodpryse plaasgevind,” aldus Kruger. Hy sê Suid-Afrika se koringboere is daarvoor bekend dat hulle van die beste koring in die wêreld lewer, maar goedkoop invoere wat met die koring vermeng word, verlaag die gehalte. Mnr. Ernst Janovsky, landbou-ekonoom van Absa Agribesigheid, meen twee oplossings bestaan vir dié bedryf.

Die eerste is die instelling van ’n hoër invoertarief op koring, wat die internasionale speelveld vir plaaslike produsente meer gelyk maak. Sy tweede voorstel is dat plaaslike boere hulle koring van hoë gehalte moet uitvoer. “As die koring van sulke goeie gehalte is, hoekom nie uitvoer nie? Ons boere is internasionaal baie mededingend en gebou om te hou!”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot