AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Veritas-kampioene verklap hul sukses

Ses wynkelders en brandewyn-distilleerders het die respek van connoisseurs tydens 2013 se Veritas-toekennings verdien.

KWV was aan die voorpunt met nie minder nie as vier dubbelgoud-medaljes en 13 goues, gevolg deur Nederburg met vier dubbelgoud en 9 goue medaljes, Boplaas Family Vineyards met vier dubbelgoud en ses goud en De Grendel met drie dubbelgoues. In die kategorie vir brandewyn het Van Ryn’s skoonskip gemaak met drie dubbelgoues. In die nuwe kategorie waar prestasie berus op kelders se aantal inskrywings, is Nederburg as die Beste Presteerder vereer vir meer as tien wyne ingeskryf, terwyl Flagstone Winery aangewys is as die Beste Presteerder vir kelders wat minder as tien wyne ingeskryf het.

Tien kelders het elk twee dubbelgoue medaljes verwerf: Delaire Graff, Eagles’ Nest, Flagstone, Graham Beck, Kanonkop, Rustenberg, Simonsig, Spier, Tokara en Windmeul.

“Ons uitgebreide span, van diegene wat ons van druiwe voorsien tot die wingerdboukundiges en wynmakers, deel dieselfde passie vir gehalte en vindingrykheid,” verduidelik Johann Fourie, KWV se hoofwynmaker. “By KWV is ons gelukkig om ? omgewing en geleentheid te hê waarbinne ons hierdie benadering kan uitleef. Ons sukses hierdie jaar is ? huldeblyk aan hierdie uitstekende span – almal trotse baanbrekers.”

KWV se dubbelgoue medalje-oes is toegeken aan The Mentors Orchestra Cabernet Sauvignon/Cabernet Franc/Merlot/Petit Verdot/Malbec 2010, The Mentors Pinotage 2011 en die Laborie Blanc de Blancs MCC 2009, sowel as hul Classic Collection Cape Tawny N/V.

Razvan Macici, Nederburg se keldermeester sedert 2001, verklaar hul sukses so: “Ons sukses is deel van Nederburg se DNS. Dit is gegrond op ? nadruklike fokus op die fynste detail – van ons navorsing aangaande die beste wingerdboukundige bestuursprosesse in terme van die gesondheid van die grond, tot die strategiese plasing van wingerde om goed gebalanseerde rypheid te verseker.”

Nederburg het ook die titel as Beste Presteerder in die nuwe kategorie vir meer as 10 inskrywings opgeraap. Dubbelgoud is toegeken aan hul Private Bin Eminence 2011, die Private Bin R163 Cabernet Sauvignon 2009, die Winemaker’s Reserve Edellaatoes 2011 en die Winemaker’s Reserve Edellaatoes 2012.

Die naam Boplaas Family Vineyards roep dadelik ? gedagte aan port en brandewyn van wêreldgehalte op. Vanjaar is geen uitsondering nie: Boplaas het dubbelgoud gewen vir sy Cape Tawny Vintner’s Reserve N/V, Cape Vintage Reserve Port 2010, Cape Vintage Reserve Port 2009, sowel as sy Cool Bay Reserve Sauvignon Blanc 2013 en ? 15-jaar oue Reserve Brandewyn. “Geduld, geesdrif en presisie – hierdie is die drie groot redes vir ons sukses,” sê Margaux Nel, Boplaas se wynmaker. “Ons moet tog 10 tot 15 jaar wag vir die perfekte Cape Tawny-port.”

De Grendel was vanjaar kort op die ander se hakke met dubbelgoud vir hul De Grendel Merlot 2010, De Grendel Shiraz 2011 en De Grendel Koetshuis Sauvignon Blanc 2013. “Ons is werklik opgewonde, nie bloot omdat ons wyne uitstaan tussen soveel inskrywings nie, maar om ? dubbelgoud te wen moes ten minste vyf plaaslike en internasionale beoordelaars die wyne 18 punte (op die 20-puntskaal) gegee het – ? aanduiding van ? ware wenner,” meen Charles Hopkins, wynmaker by De Grendel.

In die nuwe kategorie vir minder as 10 wyne ingeskryf, het Flagstone die eer ontvang as Beste Presteerder. Volgens Gerhard Swart, wynmaakbestuurder, is daar geen geheim vir hul sukses nie. “Dit is ook geensins ? gelukskoot nie. Ons hele span het baie hard gewerk en het ? ongelooflike passie vir Flagstone,” sê hy.

2013 se beste brandewyne
Van Ryn’s was tops in die kategorie vir brandewyne met ? trio van dubbelgoue medaljes vir sy Collectors Reserve 20-jaar oue brandewyn, die Fine Cask Reserve 15-jaar oue brandewyn en die Distillers Reserve 12-jaar oue brandewyn. “Om ? Veritas-toekenning te wen, en veral ? dubbelgoud en goud, is ? hoogs gesogte prestasie vir enige produsent en dit is ? merkwaardige eer om deel te wees van ? span wat brandewyne maak wat wyd waardeer en geniet word,” sê Marlene Bester, Distilleringsbestuurder by Van Ryn’s.

Vir meer inligting oor die kompetisie en die volledige uitslae, besoek www.veritas.co.za of kontak Elsabé Ferreira by 021 863 1599 of via e-pos by admin@veritas.co.za.

Byskrif:
Van links is Margaux Nel (Boplaas), Johann Fourie (KWV), Elzette du Preez (De Grendel) en Danie Morkel (Nederburg). Foto: LIONEL BESTERFIELD

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot