
Dis tyd om in the skryf vir die Veritas-toekennings, Suid-Afrika se top wyn- en brandewynlouere. Inskrywings vir vanjaar se Veritas-toekennings sluit op 25 Augustus en laat inskrywings sal tot 2 September aanvaar word.
Die Veritas-toekennings het in 1991 as bedryfsinisiatief ontstaan om aan die verbruiker riglyne te verskaf oor kwaliteitwyne wat gebottel en markgereed is. “Die omvattende en streng beoordelingsproses vorm ’n integrale deel van die gerespekteerde reputasie van die kompetisie. Top internasionale en plaaslike beoordelaars sal die medalje-aanspraakmakers vanaf 18 tot 23 September evalueer,” luidens ’n mediaverklaring
Die wenwyne en -brandewyne sal op 9 Oktober by die KIKS tydens ’n gala-ete bekend gemaak word. Na afloop van die aankondiging van die uitslae sal die 2015 dubbelgoud- en goudwenners aan die handel en verbruikers bekend gestel word by landswye publieke proeë.
Inskrywingsvorms is aanlyn beskikbaar by www.veritas.co.za. Vir meer inligting kontak Anka du Toit by die Veritas kantoor op tel. 021 863 1599, e-pos admin@veritas.co.za of besoek die webwerf.
Bly in verbinding met die Veritas Toekennings op sosiale media. Volg Veritas op Facebook, Twitter en Google+. Gebruik die hutsmerk #Veritas en neem deel aan die gesprek.