
Promosie-artikel:
Indien jy 'n graanboer is het jy jouself bes moontlik al afgevra wat die veiligste, maklikste en mees doeltreffendste manier is om jou graan te lewer en jou belange te beskerm.
Die antwoord is om gebruik te maak van betroubare makelaarsdienste en dan direk te lewer op SAFEX met jou silosertifikaat. Só 'n makelaar is 4IE Trading.
Wat behels dit?
In kort is dit ‘n veilige en betroubare wyse om jou graan te verkoop. Daar kan teen enige SAFEX-kontrakte met fisiese lewering geskik word in leweringsmaande. Dit behels die ruiling van ‘n posisie in ‘n kontrak vir ‘n silosertifikaat. Die SAFEX-beurs fasiliteer die lewerings proses deur betroubare makelaars soos 4IE Trading. Die hele proses is veilig, deursigtig, min moeite en maklik.
Hoe word ek deel?
Indien jy sou besluit om jou graan te lewer deur gebruik te maak van die SAFEX-silo sertifikaat en om die verhandeling oor te laat in die bekwame hande van 4IE Trading, kan jy hierdie stappe volg.
- Open 'n Safex-rekening by 4IE Trading.
- Lewer graan aan silo. Die goeie nuus is dat daar tans meer as 200 geregistreerde leweringspunte regoor Suid-Afrika is.
- Vra 'n elektroniese silosertifikaat aan.
- Plaas die silo sertifikaat oor. Gaan na www.silocerts.co.za, vra aan dat die sertifikaat na BVG se rekening gestuur word vir lewering op die JSE. Die rekening nommer vir BVG op www.silocerts.co.za is 102134. Die sertifikaat vanaf BVG word dan gemerk sodat dit slegs JSE toe kan gaan vir lewering. Hierdie proses verskaf aan jou die sekuriteit dat jou sertifikaat in veilige hande is. Dit is 'n lekker gedagte.
- Verkoop gelyke hoeveelhede kontrakte op die mark. Gelyke hoeveelheid kontrakte vir tonne op die silo sertifikaat. Die mark verhandel in 100 ton kontrakte op 'n slag vir Mielies. Dus 'n kontrak vir elke 100 ton. Die verhandeling van koring en oliesaad kontrakte is 50 ton/kontrak.
- Gee vir 4IE Trading die groen lig vir lewering. Hierdie is die begin van 'n lewenslange vennootskap waarop jy kan staatmaak. So maklik soos dit en ons doen die lewering namens jou op die beurs.
- Sit terug en kyk hoe vinnig die geld oorbetaal word in jou rekening. Jou geld word binne slegs 48 uur/ twee besigheidsdae ná lewering in jou SAFEX-rekening betaal.
Ons agtergrond en ondervinding is kredietwaardig en bied 'n groot mate van sekuriteit vir ons kliënte. Meer as dit weet 4IE Trading dat ons met mense werk. Vertroue en vooruitgang is vir ons belangrik, ons werk saam om die beste besluite rakende jou boerdery te neem. Ons leer ken die risiko's sodat jy lekker kan slaap.
Ons het ook BVG Kommoditeite (lid van die JSE) benader om die dienste wat ons bied, uit te brei. Soos wat jy seker reeds weet het BVG ‘n uitstekende rekord. 4IE Trading maak gebruik van BVG se setel om te handel op die beurs. Vir meer informasie gaan gerus na www.bvg.net.
Die passie wat ons het om mense te help laat ons toe om lojale verhoudings met kliënte vol te hou. Jou boerdery is in goeie hande. Begin die pad saam met ons stap vandag. Besoek vandag nog ons webtuiste by: www.4ietrading.co.za