AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Verminder lamvrektes so

Speenpersentasie kan die belangrikste enkele saak wees wat die winsgewendheid van 'n skaap- of bokboerdery bepaal. Hier is van die belangrikste slaggate waarvoor 'n boer in sy pasoppens moet wees.

Die fondament vir 'n lammeroes word gelê nog voordat die paarseisoen begin. Tussen dán en speentyd is daar 'n wye reeks faktore wat die uiteindelike speenpersentasie kan beïnvloed.

Verliese tydens geboorte en gedurende die eerste paar weke van 'n lam se lewe eis gewoonlik die grootste tol. Dit kan gebeur dat tot 20 % van die lammeroes gedurende dié tyd in die stof byt. Dit is egter taamlik maklik om hierdie syfer tot minder as 10 % te verlaag — en laer as 5 % is nie 'n onrealistiese mikpunt nie, het prof. Gareth Bath van die Fakulteit Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria op Mpumalanga se NWKV-kongres by Ermelo gesê.

Die vier hoofoorsake van lamverliese is volgens prof. Bath die volgende: Sowat 50 % van alle lamvrektes kan aan verhongering toegeskryf word; 'n moeilike en veral 'n uitgerekte lamproses kan sowat 25 % van lamvrektes veroorsaak; blootstelling aan slegte weer — veral koue — kan grootskaalse vrektes tot gevolg hê en dan is daar oorsake soos besmetlike siektes, voedingsprobleme, probleemdiere of aangebore defekte wat op sommige plase mag voorkom.

Hy het bygevoeg dat die voorgenoemde probleme aan die hand van die volgende riglyne geïdentifiseer en in 'n groot mate voorkom kan word:

  • Swak moedereienskappe. Sommige skaaprasse is gewoonlik beter moeders as ander — net soos dit van ooi tot ooi binne 'n ras kan verskil. Dit is egter 'n oorerfbare eienskap wat maklik herhaaldelik by dieselfde ooi voorkom.

  • Ondervoeding het kleiner lammers tot gevolg, met min vetreserwes en 'n swak weerstand teen koue. Hulle suip moeilik en vrek dikwels van honger en koue. Dit is waarom die voeding van die ooie van deurslaggewende belang in die laaste ses weke van dragtigheid is. Dit is wanneer die fetus en die ooi se uier ontwikkel. Swak voeding vóór en ná lamtyd het swak melkproduksie by die ooi tot gevolg sodat die lam maklik van honger vrek.

  • Oorvoeding kan tot te groot lammers en moeilike geboortes lei. Die gevolg is dikwels dat 'n lam doodgebore word of dat die ooi vrek of dat die lam breinskade kry wat sy suigvermoë benadeel sodat hy uiteindelik van honger vrek.

  • Oorerflike faktore van die ram se kant, soos 'n te groot of te klein pelvisopening by die ooi, wat die probleme met die geboorte van groot lammers net vererger.

  • Mastitis benadeel melkproduksie. Subkliniese mastitis van 'n vorige laktasie kan 'n ernstige probleem wees. Let ook op vir speenskade — die gevolge van dinge soos skeerbeserings of bosluisbyte.

  • Bestuursfoute sluit 'n hele reeks moontlikhede in, soos oorbevolking in lamkampe, die versteuring van ooie met pasgebore lammertjies, te welige plantegroei in lamkampe (wat dit moeilik vir die ooie maak om hul lammers op te spoor), lang afstande na die weiding of voerbakke, die skeer of dip van ooie tydens lamtyd, ooie met te lang wol wat hulle onsensitief vir koue kan maak en 'n gebrek aan deurlopende toesig in lamtyd.

  • Koue saam met wind en reën is 'n dodelike kombinasie vir lammers.

Dit kan ook wees dat te veel lammervrektes die gevolg van 'n kombinasie van probleme is. Daarom bly dit 'n langtermynbelegging om die heersende toestande op die plaas gedurende lamtye en die gepaardgaande bestuur deeglik met die plaaslike veearts te bespreek.

Boer kan skade beperk

Só lyk prof. Gareth Bath van die Fakulteit Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria se lys van deurslaggewende bestuursaspekte om lamvrektes teen te werk:

  • Lammers wat verkluim en byna dood is, kan dikwels gered word deur 'n glukose-oplossing (20 %) teen 10 ml per kilogram lewende gewig in die buik in te spuit of met behulp van 'n maagpyp te doseer. Verwarm die lammers hierna (beslis nie voordat die glukose toegedien is nie).

  • 'n Weggooilam kan dikwels weer met sy ma verenig word deur albei vir 'n paar dae saam aan te hou in 'n hok nie groter nie as 1 m by 1 m. Dit mag selfs nodig wees om die ooi se agterbene te span of haar kop in 'n nekklamp te plaas.

  • 'n Ooi met slegs een lam of een wat haar lam verloor het, kan as soogmoeder gebruik word. Hierdie proses word vergemaklik deur die nageboorte of geboorte-uitskeidings van die ooi aan die vervangingslam te smeer of die vel van die dooie lam oor die sooglam vas te bind. Voorgenoemde hokmetode vir 'n paar dae werk ook goed.

  • Biesmelk van ooie wat pas gelam het, kan gevries en later opgewarm aan pasgebore weeslammers teen 50 ml/kg (lewende gewig) gevoer word. In die afwesigheid van vriesgeriewe kan die biesmelk met 'n paar druppels formalien per liter gepreserveer word. Koeimelk of vervangingsmelk kan gebruik word om hans-lammers groot te maak, maar dit is gewoonlik nie ekonomies nie.

  • Ooie wat moeilik lam, kan gehelp word deur versigtig aan die kop en pote van die lam te trek. Rowwe en onkundige optrede met dié proses kan ernstige skade en selfs vrekte veroorsaak.

  • Sorg dat lam- of kraamkampies nie oorstok word nie. Daar moet nie meer as 50 ooie/ha wees nie. Moet ook nie ooie met pasgebore lammers verskuif nie — veral nie gedurende die eerste drie dae nadat hulle gelam het nie. Verkieslik moet die ooie in kampe lam waar dit nie nodig is om hulle te verskuif voordat ál die ooie klaar gelam het en die lammers mooi sterk is nie.

  • Voorts moet lamkampe ook voldoende beskerming teen slegte weer bied. Bosse en lang gras beskerm die lammers teen son en koue wind. Laagliggende gebiede, soos vleie, is beslis nie die gewenste plek vir 'n lamkamp nie.

  • Alle dosering, dip, skeer, inenting en kloubehandeling moet vóór die begin van die lamseisoen afgehandel wees.

  • Sorg ook dat die ooie die beste beskikbare voeding gedurende die laaste ses weke van dragtigheid en die eerste ses tot agt weke van laktasie kry. Dit verseker sterk, lewenskragtige lammers en goeie melkproduksie.

  • Gedurende lamtyd moet die kudde deurlopend onder toesig van 'n bekwame en ervare veewagter wees.

  • In gevalle waar ooie op kikoejoe- of raaigrasweiding lam, moet 'n kalsiumaanvulling voorsien word omdat albei dié gewasse se kalsiuminhoud laag is. Eweneens moet tekorte aan spoorelemente aangevul word.

  • 'n Goeie voorsorgmaatreël is om ooie se uiers voor paartyd te ondersoek vir enige probleme wat melkproduksie mag benadeel. Waar blou-uier (mastitis) 'n probleem kan skep, moet die diere liefs ingeënt word.

  • Skandeer die ooie en voer enkel- en meerlingooie volgens behoefte.

  • Alle ooie wat nie minstens een lam sonder enige vorm van hulp gespeen het nie, behoort geprul te word. Ooie wat gehelp moet word om te lam of geneig is om hul lammers weg te gooi, moet apart gemerk en saam met die lammers uitgeskot word. In ekstensiewe toestande behoort alle ooie met speentyd ondersoek te word. Droë ooie en dié met smal en vuil spene is dié wat hul lammers om een of ander rede verloor het en hoort dus nie in die teelkudde nie.

  • Selekteer aanteelooie op grond van die totale gewig (kilogram) lammers gespeen. Dit beteken seleksie vir die hoogste vrugbaarheid, beste moedereienskappe en die beste melkproduksie, aldus prof. Bath.

30 Mei 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
-0.2%
Rand - Pond
21.34
-0.2%
Rand - Euro
18.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot