AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Verseker plaasgoed blitsig

Met dié nuwe toepassing wat gratis afgelaai kan word, kan boere 'n bul, bakkie of enige ander artikel dadelik verseker, selfs ná gewone sake-ure.

’n Nuwe toepassing maak dit vir boere moontlik om ’n bul, bakkie of enige ander artikel dadelik te verseker – selfs ná gewone winkelure – sonder om eers vir ’n verteenwoordiger te wag om die taak te verrig. Die boer kan dus ’n bul op ’n veiling koop, dit dadelik deur middel van sy skootrekenaar, tablet of slimfoon verseker, die dier oplaai en plaas toe ry sonder vrese dat iets langs die pad kan gebeur wat hom in tamatiestraat sal laat beland.

Die versekeringsmaatskappy Hollard het hierdie gaping op die mark raakgesien en mev. Sanet van der Walt, die maatskappy se nasionale landboubemarkingsbestuurder, het die toepassing, Pixsure, laat ontwikkel. “Dit is nuttig vir versekering en versekeringsbehoeftes wanneer aankope buite gewone winkelure gedoen word en versekeraars en makelaars nie beskikbaar is nie. Die klant kan die toepassing gratis van die internet aflaai en registreer. Android, Apple, Samsung-slimfone en Windows is daarvoor geskik,” sê sy.

’n Hollard-klant kan dan fasette van ’n versekeringsproduk self behartig, byvoorbeeld polisse uitneem en vee en oeste verseker. Bykomende funksies is ’n padbystandproduk en weervoorspellings. Hy kan ook ’n eis dadelik indien deur ’n foto van die beskadigde bakkie, of wat ook al, te stuur. Wanneer hy byvoorbeeld ’n nuwe bakkie of bul koop, neem hy ’n foto van die voertuig, lisensie van die voertuig of bul, vul ’n elektroniese vorm in en stuur dit na die versekeringsmaatskappy, wat die versekeringsproses dan aan die gang sit. Hy kry dadelik bevestiging dat die produk verseker is. Op die foto is mnr. Mike Killasy besig om ’n bees op te veil.

Navrae : Mev. Sanet van der Walt, sel 082 413 8904, web: www.pixsure.. Koste: Pixsure kan gratis afgelaai word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
-2.2%
Rand - Pond
21.04
-0.7%
Rand - Euro
18.86
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
973.15
-5.1%
Palladium
1,622.22
-2.9%
Goud
1,864.87
-2.5%
Silwer
22.38
-4.6%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot