
Altesaam 102 verslae van veesiektes wat in Augustus 2014 in Suid-Afrika voorgekom het, is deur veeartse en laboratoriums by RuVASA aangemeld, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Malan stel dié verslae elke maand saam. Hy sê dat die winterkoue het die voorkoms van rondewurms in die somersaaigebiede laat afneem, maar voorvalle is aangemeld waar dit by kleinvee voorkom. In die winterreënstreek is die voorkoms van bruin maagwurms aan die toeneem, skryf Malan.
Lees die aanhangsels hieronder vir die Augustus-verslae. Dit is die volledige verslag asook kaarte van die verspreiding van die sietkes. Sien ook die verslae van die vorige maande in 2014.
Malan beveel aan dat veeboere saam met hul veeartse beplannig vir 2014 doen met data oor veesiektes wat in 2013 voorgekom het.