
Daar sal opnuut oor die vasstelling van die liggingsdifferensiaal besin moet word sodat die koringboer en die meulenaar gesamentlik die las daarvan kan dra. Eers dan sal die stof rondom die liggingsdifferensiaal gaan lê, sê mnr. Hennie Visser, ’n Wes-Kaapse koringboer.
Hy het op die konferensie in Pretoria gesê die koringboer dra tans die volle liggingsdifferensiaal. Sy voorstel is dat die afstandverskil tussen Randfontein en die koring se eindbestemming in berekening gebring moet word om die vrye mark in ewewig te bring. Die meulenaar sal dan verantwoordelik wees vir die betaling van dié deel van die liggingsdifferensiaal wat op die afstand van Randfontein na die eindbestemming van toepassing is.
Die enigste rede waarom Randfontein destyds as verwysingspunt gekies is, is omdat dit sentraal ten opsigte van spoornetwerke geleë is, sê Visser. Volgens hom word ’n groot deel van die Wes- Kaapse koringproduksie in die Wes-Kaap gemaal, terwyl die volle vervoerdifferensiaal steeds op dié graan van krag is.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 16 Oktober 2009.
15 Oktober 2009