AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Vindingryke boereplanne in droogtetye

Lanklaas was die uitdrukking “’n boer maak ’n plan” só waar soos met hierdie droogte.

Ons het veeboere by Vryburg, Olifantshoek en Windsorton besoek om te kyk wat hulle vermag het.

Voëlent laat beeste oorleef
’n Groot las is deur mnr. Jan van Zyl in ’n bate omgeskep deurdat hy voëlent aan bome op sy plaas by Olifantshoek as droogtevoer gebruik.

’n Mens moet eerder jou boerdery by die neigings van die natuur laat aanpas, sê Van Zyl, eienaar van Kroon Vee-stoeterye met rooi en wit Brahmane en Afrikaners. Hy het ook kommersiële Afrisim- en Simbra-kuddes.

Hy boer in tipiese Kalahari-toestande op sandgrond waarop soet veldgrasse groei. Met Landbouweekblad se besoek aan was daar nie meer veldweiding oor nie. Dit is duur om voer te koop en daarheen te vervoer. Daarom het hy gekyk wat die natuur bied. In sy distrik kom voëlent op veral witgatbome voor.

Van Zyl het toe begin om takke waaraan voëlent groei, selektief af te saag sodat die beeste en wild dit kan vreet. Vir ’n trop van 30 koeie met hul kalwers saag sy werkers elke dag sewe tot agt bome se voëlent af.

Lekwiel
In ’n droogte word die beeste maer. Van Zyl sê ’n volwasse koei van 400 kg het 12 kg droëmateriaal per dag nodig. Toe het hy onthou van mnre. William en Jurie Markram van Olifantshoek se lekwiel.

Hy het toe self lekwiele gebou. Dit bestaan uit ’n plastiekkonka van 200 liter wat in ’n raamwerk op sy sy op die grond lê met die boonste deel afgesny sodat ’n wiel daarin pas. ’n Ou buiteband word deur middel van ’n as in die opening aangebring. Die konka word halfpad met ’n mengsel van 20% melassestroop, 5% ureum en 75% water gevul. Wanneer die wiel draai, kleef die oplossing daaraan vas en die beeste kan dit aflek.

Gras langs paaie bied uitkoms
Gras langs die paaie het vir menige beesboer ’n welkome uitkoms gebied. Mnr. Fanie Smit, voorsitter van Reivilo se boere-unie, sê hy het hoëdrukbeweiding toegepas in die “gange” weerskante van die grondpad wat verby sy plaas tussen Reivilo en Vryburg loop.

Daar is baie smutsvinger- en rooigras langs die paaie. Hy het sy beeste in troppe van honderd soggens vir drie tot vier uur op ’n strook van 50 meter laat wei. Só het hy die padreserwes vir elf weke benut en kon hy al sy beeste laat oorleef. Hul kondisie was aan die einde van dié tydperk goed. Bygesê, Smit se lekkoste was 50% hoër as gewoonlik, maar die goeie gevolg was vet speenkalwers en ander jong diere.

Vaalbos
Vaalbos is ’n waardevolle bron van veevoer en is gedurende die droogte deur baie boere gebruik. Smit sê vaalbos het ’n hoë proteïeninhoud, maar dit bevat ook baie tannien wat die smaak benadeel. Daarom voeg hy ’n middel by sy beeslek wat die verteerbaarheid verhoog en tannien bind. As die veld skraps is, sny sommige boere die vaalbostakke se punte af, maal dit en meng dit met voerkonsentraat.

Beeste word vet onder spilpuntweiding
Toe daar geen weiding meer op sy beesplaas oor was nie, het mnr. Charl Uys sy kudde na sy besproeiingsplase verskuif waar hulle nou op aangeplante weiding aangehou word totdat daar weer veldweiding is.

Uys is die eienaar van die Marochel-Bonsmara-stoetery op die plaas Dagbreek by Windsorton tussen Kimberley en Warrenton in die Noord-Kaap. Hy besit ook besproeiingsplase op die Vaalharts-besproeiingskema tussen Jan Kempdorp en Hartswater.

Met die langdurige droogte was al oplossing om al sy kommersiële beeste te verkoop en 200 produserende stoetkoeie en 80 vervangingsverse Vaalharts toe te skuif. Die beeste waarmee hy ’n winterkalfprogram volg, het twee uur per dag op ’n mengsel van hawer en raaigras gewei. Uys het drukbeweiding met elektriese skokdrade toegepas om deeglike benutting te verseker. Daarbenewens het hy sedert die winter 1 700 bale mieliereste as ruvoer, 600 ton sorghumkuilvoer en winterlekke gebruik.

Navrae:  Mnr. Jan van Zyl: sel 082 444 5222; e-pos: jan@kroonvee.com, mnr. Fanie Smit, sel 082 944 0385; e-pos: faniesmit@lantic.net, mnr. Charl Uys, sel 082 576 2341; e-pos: charluys@vodamail.co.za.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
+0.8%
Rand - Pond
20.96
+0.3%
Rand - Euro
18.05
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,778.03
+0.4%
Silwer
22.57
+1.7%
Palladium
1,851.50
+0.0%
Platinum
1,002.50
+1.2%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is so kosbaar dat jy dit moet deel met n lewensmaat
Ek het die lewens pad gestap en het nog net respek vir ander mense gehad. Ek soek geen issues in my lewe nie en wil dus nie n las op. my he nie. Nog 7 jaar dan tree ek af en wil...
Bok vir Sports ....nie sommer iets wat ek nie sal try nie
Ek is n opwindende mensie wat glad nie kan of wil stilsit nie. enige iets wat buite die huis gedoen kan word is ek game voor. lank genoeg toe gesluit gewees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot