AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Vinniger internet sluit wêreld oop vir boere

Mense in landelike gebiede en boere "in die middel van nêrens" kan nou met die klik van 'n muis blitsvinnig sien wat in die res van die wêreld aangaan.

Die dag toe mnr. Albie Cilliers van Robertson inskakel op die internet nadat hy sy eerste langafstand- Wi-Fi-koppeling opgerig het, het 'n nuwe wêreld vir hom oopgegaan. "Toe die bladsye skielik begin oopspring, het ek besef ek het iets wonderliks beet," vertel hy.

Sy wynplaas, Eilandia, is sowat 30 km buite Robertson en hy was, nes talle ander boere wat in afgeleë plekke woon, uitgelewer aan stadige inbel-verbindings. "Dit was ongelooflik stadig en 'n groot frustrasie. Dit het my 'n halfuur geneem om een internet-banktransaksie te doen.

"Ek het besef ek het 'n probleem. Ek sit in die middel van nêrens en die enigste kommunikasie is 'n telefoonlyn. Toe (sowat 3½ jaar gelede) was hier nog nie eens selfooninternet beskikbaar nie."

Cilliers, 'n meganiese ingenieur voor hy begin boer het, het op die internet navorsing oor Wi-Fi-tegnologie gedoen. "Ek het verstaan Wi-Fi werk net oor kort afstande en het gevolglik gemeen dit is nie prakties by my nie."

Tot hy eendag gelees het van langafstand- Wi-Fi in Amerika. 'n Industriële verskaffer van Wi-Fi in Kaapstad het bevestig dit is moontlik om Wi-Fi-tegnologie oor lang afstande met mekaar te skakel. Cilliers het toerusting by hom gekry om te gebruik en met die selfoondiensverskaffer MTN begin onderhandel om die maatskappy se toringspasie te gebruik.

As hy op 'n koppie nie ver van sy huis af staan nie, kon hy sy oom se huis in Worcester sien. Hy kon ook sy eie huis sien.

"Jy moet helder siglyne hê, dit wil sê die twee punte moet sigbaar wees van mekaar." Hy het by die boer op wie se plaas die koppie is toestemming gekry om 'n toring daar op te rig en MTN het ingestem dat hy die maatskappy se kompleks gebruik.

Cilliers het die internet by sy oom laat installeer en dit met die oordragtoestel op die koppie na sy huis toe gelei. "Die dag toe ek dit aansit, het 'n nuwe wêreld vir my oopgegaan."

Sy ouers, bure en suster was net so beïndruk deur Cilliers se vinnige internettoegang. Dit was nie lank nie of hy moes dit vir hulle ook installeer. "Mense het my van heinde en ver gebel om te vra of ek dit nie vir hulle ook kan doen nie. Ek het besef ek is nie die enigste een met 'n probleem nie."

'n Groep mense van die Le Chasseur/ Agterkliphoogte-omgewing het Cilliers genader met die versoek dat hy vir hulle 'n oordragtoestel oprig. "Ek het toe nog heeltyds geboer en nie 'n besigheid sien kom nie. Maar ewe skielik het ek vir sowat 15 mense hoëspoed-internettoegang gegee.

"Ek het gou agtergekom dinge loop soms skeef. Die bobbejane trek byvoorbeeld die drade af en dan bel die mense jou om uit vind waarom hul internet dood is. Dan moet jy alles op die plaas net so los om te kyk wat fout is en te gaan regmaak.

"Ek het besef ek het my ingelaat in 'n ding wat noodsaaklik vir mense was. Ek moes dit óf heeltyds doen óf ek moes dit los," vertel hy van sy besluit om die boerdery eers aan sy pa oor te laat.

Dit was nie 'n maklike besluit nie, want hy het geen idee van die potensiële mark gehad nie. Hy het besluit om die internetonderneming 'n jaar lank kans te gee. As dit nie gewerk het nie, sou hy na die boerdery terugkeer.

Kort hierna het hy vir mnr. Dolf Lombard van Worcester op 'n internetgespreksforum (soortgelyk aan die een op www. landbou.com ) ontmoet. Lombard het toe reeds 'n rekenaar-onderneming besit en beoog om 'n soortgelyke diens aan boere in die omgewing te verskaf.

Cilliers en Lombard het in Augustus 2005 met Breedenet ('n onafhanklike hoëspoed- internetdiensverskaffer) begin.

"Suid-Afrika se internettoegang is van die swakste ter wêreld," sê Lombard. Hy skryf dit toe aan die Telkom-monopolie, die hoë koste van bandwydte en 'n tekort aan visie by die Regering, wat nie besef hoe belangrik internettoegang vir opvoeding, vermaak en besigheid is nie.

Cilliers het onlangs sy aandeel aan Lombard verkoop toe hul kliëntebasis 700 mense sterk was. Sowat 70% hiervan was boere van Grabouw, Villiersdorp, die Witzenberg- vallei, Tulbagh, De Doorns, Rawsonville, die Koo- en die Keisie-vallei, Tradouw, Montagu, McGregor, Robertson en Bonnievale.

Hulle het e-pos-bedieners, webwerwe, toegang tot die internet en enige inligtingstegnologie- verwante diens verskaf.

"Die dienste het maar gekom soos die kliënte dit wou hê."

Lombard beaam dit. "Ons is kliënt-gedrewe en het iets laat gebeur waarvoor die groot ouens (soos Telkom) nie kans gesien het nie. Hulle is korporatief-gedrewe en kyk na konsentrasies van mense."

Die groot telekommunikasiemaatskappye (soos Telkom, Vodacom en MTN) sien nie die nut daarin om klein gemeenskappies met hoë-spoed-internet te bedien nie.

Cilliers en Lombard is egter bereid om vir net vyf kliënte 'n oordragtoestel te bou wat tussen R15 000 en R20 000 kos. As daar nie vyf kliënte is wat belang stel nie, moet die kliënt self daarvoor betaal.

"Ons kan die koste binne twee jaar verhaal," sê Cilliers.

Wapa, die draadlose toegangsverskaffersvereniging van Suid-Afrika, het onlangs 'n studie oor onafhanklike diensverskaffers (soos Breedenet) gedoen. In die verslag word betekenisvolle groei in getalle, inkomste en werkskepping in die sektor weergegee. Onafhanklike diensverskaffers se intekenaargetalle het met sowat 80% gegroei en die mark bestaan uit 40% residensiële kliënte en 60% besigheidskliënte.

Die 32 Wapa-lede wat aan die studie deelgeneem het, se inkomste het in 2007 met 26% tot R53 miljoen gestyg. Daar was ook groei van 41% in die personeel wat in diens geneemis. Volgens Wapa het die land se onafhanklike diensverskaffers saam sowat 40 000 intekenare.

Lombard sê die grootste uitdagings vir boere en mense in afgeleë gemeenskappe is swak telefoonlyne wat dikwels nie onderhou word nie, of swak selfoonontvangs.

Wat kan boere doen om hoëspoed-internettoegang te bekom?

"Kyk waar is jou naaste groot dorp met ADSL of ander breëband-internettoegang en kry dan iemand wat 'n draadlose skakel ('n oordragtoestel) kan bou. Ons probeer om die nodusse nie verder as 35 km uitmekaar temaak nie," sê Lombard.

Hy meen ADSL sal nie in die nabye toekoms verder as sowat 5 km kan strek nie.

"Die afstand kan weens die gehalte van die lyn nie verleng nie,maar mini-oordragtoestelle kan elke 5 km opgerig word. Elke dorp het in elk geval nie 'n ADSL-bediener nie."

Lombard meen elke mens in Suid-Afrika, maak nie saak waar hy of sy bly nie, kan hoëspoed-internettoegang kry. "Dit gaan net duurder wees as iemand 150 km ver van die naaste ADSL-bediener woon."

'n Alternatief is om internettoegang met 'n satelliet te kry. Dit word ook deur Telkom bedryf en daar is ritse probleme, soos die invloed van slegte weer, wat dit onbetroubaar maak. Dit is ook redelik stadig en duur.

3G en GPRS bied hul eie probleme. Die hardeware moet by die basisstasies geïnstalleer word, maar die groot verskaffers doen gewoonlik nie die moeite op plekke waar nie 'n groot konsentrasie van mense is nie. Hoe verder jy ook van die toring is, hoe stadiger raak jou internetspoed.

Die ander opsie is WiMax, maar Cilliers voorsien nie dat dit binnekort op groot skaal in Suid-Afrika sal posvat nie, en veral nie op die landelike gebiede nie. Dit is radio- tegnologie, wat nes Wi-Fi-tegnologie, 'n helder siglyn benodig.

Die Breedenet-pakket kos sowat R295 vir 1Gb se data. Daar word geen beperking op die spoed geplaas nie. Met 'n inbelverbinding laai bladsye teen sowat 56 kb per sekonde af, maar met die koordlose diens kan jy tot 4 Mb per sekonde aflaai. Sewentig keer vinniger!

Lombard en Cilliers roem hulle daarop dat hul diens goedkoop en vinnig is. Boonop word probleme baie vinnig reggestel.

"Ons het gevind 80% van ons kliënte gebruik nie meer as 1 Gb per maand nie. Dit was daarom vir ons 'n goeie model. En ons het ook goeie terugvoer gekry oor die spoed, want as jy eers die spoed gewoond is, wil jy nie weer 'n laer spoed hê nie,"sê Cilliers.

Dit was ook vir hom interessant dat sodra 'n kliënt die vinniger toegang tot die internet gewoond is, raak hy 'n gesoute gebruiker en vervierdubbel sy internetgebruik dikwels.

"Die internet het die mens se lewe drasties verander en ons het 'n bydrae gelewer om dit vir mense beskikbaar temaak. "Dit voel ons beteken iets vir mense. Ons bring gehalte in hul lewe en dit is 'n absolute voorreg. Niemand anders sal vir hom doen wat ons onafhanklike verskaffers doen nie.

"Dit is 'n voorreg om te kan bly waar die meeste boere woon, maar nou kan hulle ook deur middel van hoë-spoed-internettoegang in kontak wees met die moderne lewe," sê Cilliers.

  • Besoek die webwerf by www.breede.co.za.

    Is dit Grieks?

    Klink sommige van die terme soos 'n taal uit die buitenste ruimte? Knap vinnig jou kennis op en beïndruk die kinders met jou nuutgevonde rekenaar-kennis.

    Wi-Fi (uitgespreek wye-fye): Dit is 'n draadlose tegnologie-handelsmerk wat besit word deur die Wi-Fi Alliance.

    Dit probeer om die inter-opereerbaarheid van draadlose lokale areanetwerk (LAN)-produkte te verbeter. Algemene toepassings is die internet, speletjies, foontoegang en netwerkkonnekteerbaarheid vir onder meer TV, DVD-spelers en digitale kameras.

    Breëband verwys hier na die internetspoed. Dit is algemeen aanvaar dat internetspoed hoër as 2 mbps breëband is.

    Inbel ("dial-up"): Dit verwys na 'n vorm van internet-toegang deur middel van 'n telefoonlyn. Die kliënt gebruik 'n modem (wat verbind is aan 'n rekenaar) en 'n telefoonlyn om in te skakel by 'n internet-diensverskaffer.

    ADSL: ADSL, oftewel assimetriese digitale intekenaarslyn, is datakommunikasietegnologie wat vinniger data-oordrag met kopertelefoonlyne bewerkstellig as wat 'n modem kan. Dis moontlik omdat ADSL frekwensies benut wat nie deur 'n gewone telefoonoproep gebruik word nie. Aangesien foonlyne se gehalte verskil en dit nie oorspronklik ontwerp is met digitale intekenaarslyne in gedagte nie, kan ADSL gewoonlik net oor kort afstande (minder as 5 km) gebruik word.

    Lokale area netwerk (LAN) is 'n rekenaarnetwerk wat 'n klein geografiese gebied, soos 'n huis, kantoor of groep geboue, dek.

    Kilobits (kb) en kilobytes (kB): Albei is eenhede van inligtig. Een kb is gelyk aan 'n duisend bits. Kilobits word gewoonlik gebruik om digitale kommunikasie- spoed uit te druk. En 8 000 kilobits is gelyk aan een kilobyte.

    Megabits (mb) en megabytes (mB): Ook eenhede van inligting of rekenaargeheue. Een megabit is gelyk aan 125 kB. Megabits word gewoonlik gebruik wanneer na data-oordragkoerse in 'n netwerk verwys word. 'n Megabyte is gelyk aan 10 6 (1 000 000) bytes.

    GPRS is 'n mobiele datadiens wat data teen tussen 56 kb/sekonde en 114 kb/sekonde oordra.

    3G is die generasie mobiele telefoonstandaarde en tegnologie ná 2G. 3Gtegnologie laat netwerkoperateurs toe om 'n wyer reeks met meer gevorderde dienste toe te laat. Dit skep ook groter netwerk-kapasiteit deur verbeterde spektraal-effektiwiteit. Dienste sluit in wye area koordlose stemtelefonie en breëband- koordlose data, alles in 'n mobiele omgewing.

    WiMax, oftewel die wêreldwye interopereerbaarheid vir mikrogolf-toegang, is 'n telekommunikasie-tegnologie wat koordlose data oor lang afstande in 'n verskeidenheid maniere kan oordra. Dit sluit in punt-tot-punt tot volle sellulêre toegang. (Bron: www.wikipedia.org)

    7 Maart 2008

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.53
+0.2%
Rand - Pond
21.20
-0.1%
Rand - Euro
18.84
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
986.55
-0.0%
Palladium
1,668.64
+0.9%
Goud
1,882.69
+0.5%
Silwer
22.46
+1.3%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,622
+0.3%
Alle aandele
79,645
+0.1%
Hulpbronne 10
74,580
-0.0%
Industriële 25
103,224
+0.6%
Finansiële 15
16,274
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hardwerkende man wat hou van die natuur en besig wees.
Ek is n pappa van 4 kinders (2 seuns en 2 dogters). Hou baie van die buite lewe en geniet dit baie om te dans. n Aand uit is net so nodig soos n Sondag middag op die bank. Vat...
Not the first but ... to be the last ❤
Wat jy sien is wat jy kry, nie n emotional up en down mens nie. Hou van n positiewe uitkyk op die lewe Lief vir my dogter, diere, buite lewe en my Hemelse Vader. Opsoek na ou...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot