AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Vleisvoorkeure in die toekoms

Die verbruiker se vleisvoorkeure het mettertyd dramaties verander. 'n Kenner voorspel hoe die karkas van die toekoms gaan lyk.

In 1983 doen 'n huisvrou haar weeklikse inkopies. Voor die vleisrak staan sy vir 'n oomblik besluiteloos, kies dan supergraadlam. By die kasregister betaal sy 'n klein fortuin daarvoor.

Skaars sewe jaar later is dieselfde vrou in die supermark. Dié keer trek sy haar neus op vir die supergraadvleis en reik eerder na die graad A1-vleis.

In die 1980's is vleis volgens die vleisgraderingstelsel in super, prima B en top-C gekategoriseer. Tot en met die 1990's was supergraadlam die belangrikste karkas op die mark om die beste pryse vir boere te verseker. Teen 1990 het "iets snaaks" gebeur en die verbruiker was skielik bereid om meer geld uit te haal vir vleis van graad A1 (wat volgens die graderingstelsel minder vleis van 'n swakker gehalte was omdat die vetinhoud daarvan laer was).

Dit was natuurlik die klemverskuiwing na 'n gesonder leefstyl wat dié sprong geïnspireer het. Die skuif het ook die herevaluering van die graderingstelsel vereis. Die ou stelsel moes plek maak vir 'n stelsel wat meer beskrywend is om die verbruiker in te lig oor die ouderdom van die dier, die vetinhoud en moontlike beskadiging van die vleis en manlike diere. Die graderingstelsel het 'n stille dood gesterf en die vleisklassifikasiestelsel is gebore.

Mnr. Rudi van der Westhuizen, nasionale bestuurder van standaardebeheer en gehalteversekering by die SA Vleisbedryfsmaatskappy (Samic), het onlangs by Van Rensburg's Foods se inligtingsdag op George gevra of dit nie nou tyd is om die vleisklassifikasiestelsel in hero&eumlnskou te neem nie. "Ons almal weet die vleisklassifikasiestelsel word as bemarkingsmeganisme gebruik om vleis te verkoop. Twee dinge is belangrik: Gehalte en prys. "

Hy het gesê supergraad se vetlagie was sowat 9 mm dik. "Vandag is die dikste vetlagie vir beesvleis 3 mm en vir lamsvleis 4 mm. Vir die beste prys het die vetinhoud wat die verbruiker verkies, met sowat 200% verminder.

"Op grond hiervan kan ons nie anders nie as om te sê dat as ons (die produsente) 'n optimale prys wil hê, moet ons graad A2 vleis produseer. Miskien ook A3, maar nie A1 nie. Dit is nie 'n goeie eetervaring as die vleis te maer is nie. "

Die kettingwinkelgroep wat bekend geword het vir gehalteprodukte, Woolworths, verkoop tans die meeste lamsvleis per week in Suid-Afrika. Twee redes kan hiervoor aangevoer word: Gehalte en hulle verkoop net vleis van graad A2.

Ook Pick & Pay - veral in die Wes-Kaap - koop eerder vleis van graad A1 as graad A3 om op hul rakke uit te stal.

"Die verbruiker het baie gesondheidsbewus geraak. Hulle is nie meer huisvroue nie. Vroue is vandag professionele mense en kom saans ná 'n lang dag op kantoor by die huis. Hulle het heeldag nie geoefen nie, maar wil graag hulself en hul gesin gesond hou. Die dokter sê eet rooivleis, maar nie oormatig baie vet nie, " het Van der Westhuizen die neiging verduidelik.

"Die verbruiker sê dus aan boere hulle sal 'n optimale prys betaal vir 'n produk wat maer is. " Hy het beklemtoon hoe belangrik dit vir boere is om in verbruikers se behoeftes te voorsien. "Die oomblik as produkte op die kettingwinkel en slaghuis se rak bly staan (nie verkoop nie), staan alles terug tot op die plaas. Gee dus vir die verbruiker wat hy wil hê, " het hy gesê.

'n Ander neiging wat Van der Westhuizen uitgesonder het, was die verbruiker se kieskeurigheid en behoefte om net die vleis te koop wat hy graag wil hê. In die 1990's het verbruikers karkasse gekoop. Sedert die middel-1990's verkies verbruikers om kwarte - voor of agter, na gelang van sy voorkeure, te koop.

Navorsing toon dat 'n verbruiker se inkopies verband hou met die gebied waar hy of sy woon. Kettingwinkels en slaghuise konsentreer dus daarop om net dié dele van die karkas aan te hou wat in die gebied waarbinne dit geleë is, sal verkoop.

Vorentoe gaan dié stelsel selfs só verfyn word dat supermarkte net die primêre snitte wat hulle kan verkoop - met ander woorde wat die verbruiker wil hê - sal aanhou.

Van der Westhuizen het ook gewaarsku dat die verbruiker vleis wil koop, nie been nie.

"Dit beteken boere moet na hul diere se teelmateriaal begin kyk. In die toekoms gaan spiere en bouvorm belangrik raak vir die snitte wat gelewer moet word. Kleiner slagplase het ook al ontbeningsaanlegte. "

Die nasionale karkaskompetisie weerspie&eumll van vanjaar af ook verbruikersbehoeftes. Dit rus op drie bene: Gewiggeskiktheid (dit tel voortaan net 5 punte teenoor die 10 in die verlede), vetheid (3+ is heeltemal uitgehaal. Al wat nou tel, is 1+, want die organiseerders wil nie vet vleis bevorder nie. Die ideaal is 2.) en bouvorm (dit dra 'n gewig van 20 %, want goeie teelmateriaal moet aangemoedig word).

"Die mark soek 'n beeskarkas wat gemiddeld 240 kg weeg. Bo 260 kg begin ons strafpunte gee. Lammers moet 17 kg tot 19 kg weeg. Daarna raak dit te duur vir die verbruiker. Hy kan 'n lam van sowat 18 kg en R700 bekostig, maar 'n lam van R1 000 is te duur.

"Vandag word die hele karkas vetgewys geklassifiseer. Sowat 80 % van die vleis is graad A2 of graad A3, maar ons moet probeer vir graad A2. As jy 'n graad A2 het, is jy te alle tye 'n optimale prys gewaarborg.

"Die been-vleis-persentasie gaan ook verander na een met 'n beter vleispersentasie. "

Van der Westhuizen het gewaarsku dat elke produk 'n prys het. "Ons sien kort-kort hoe spring die vleisprys. Dan ontstaan daar weerstand onder die verbruikers en die prys daal meer as wat dit moet. Ons sal eerder 'n goeie gemiddelde prys wil hê as 'n prys wat vir 'n ruk lank hoog is en dan die verbruiker na die hoendermark jaag. "

Landbouweekblad, 21 September 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
-0.2%
Rand - Pond
21.34
-0.2%
Rand - Euro
18.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot