AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Voëlbevolking op plase verander

Die opsies van verskillende habitatte lok baie voëlsoorte na plase om of kos te soek, te slaap, te broei of om skuiling te vind en water te drink.

Dis geen geheim dat die voëlbevolking op plase besig is om te verander nie. Terwyl plase 20 tot 30 jaar gelede gekenmerk is deur bekende soorte, soos tortelduiwe, mossies, vinke en ganse, weet ons nie hoe algemeen hierdie voëlsoorte deesdae is nie. Ons weet ook nie hoeveel nuwe soort in ontwikkelde landbougebiede inbeweeg het nie.

Plase voorsien ’n reeks verskillende, geskikte habitatte vir voëls wat wissel van gewaslanderye, boorde en weiding tot plaasdamme, uitgelegde tuine en natuurlike habitatgebiede. Die opsies van die verskillende habitatte lok baie voëlsoorte na plase om of kos te soek, te slaap, te broei of om skuiling te vind en water te drink.

Die landbou verskaf ’n goeie bron van voedsel. Hierdie beskikbaarheid van voedselbronne veroorsaak dat voëls in groot getalle voorkom.


Rooivinke - 'n probleemspesie

Die rooivink is een soort wat groot landerye met gewasse kan verniel en dikwels as ’n probleem-(plaag)-spesie gesien kan word. Hul verspreiding het oor die afgelope 20 jaar verander en dit wil voorkom of troppe suidweswaarts van hul kernverspreiding skuif tot in die sentrale en noordoostelike dele van die land (Oschadleus 2006, 2009).


Hul impak op gewasproduksie en voedselsekerheid is onseker, spesifiek gesien as gevolg van die toenemende invloed van klimaatsverandering op landboubedrywighede.

Die bloukraanvoël, Suid-Afrika se nasionale voël, is nóg ’n voëlsoort wat goed by landboubedrywighede aangepas het. Hul getalle het die laaste 20 tot 30 jaar toegeneem in die graanproduserende gebiede van die Swartland en Overberg waar hulle voorheen in lae getalle voorgekom het.


Bloukraanvoëls was voorheen algemeen in die grasvelde van KwaZulu-Natal en Mpumulanga, waar bosbouplantasies, gewasverbouing en verstedeliking hierdie voorheen geskikte habitat verander het sodat dit nie meer vir dié spesie geskik is nie. Die graanlande van die Wes-Kaap was ‘n geskikte alternatief en bloukraanvoëls floreer nou in die graanlande en weiding van Suid-Afrika se “broodmandjie”.

Skaars spesies in landbougebiede

Plaasdamme is nóg ’n belangrike voedselbron in landbougebiede vir ’n verskeidenheid van voëls, wat eende, ganse, dobbertjies, reiers en waterhoenders insluit. Skaars en bedreigde spesies, soos die grasuil, sekretarisvoël en die witkruisarend, kan ook in hierdie landbougebiede broei, wat groot bewaringsimplikasies vir die plaaseienaar inhou.

Voëls is ’n onmisbare komponent in enige ekostelsel en speel ’n belangrike ekologiese rol in ons omgewing. Voorbeelde sluit in uile en reiers wat die knaagdierbevolkings beheer, suikervoëls en suikerbekkies wat bydra tot die bestuiwing van sekere plantsoorte asook saadvreters wat bydra tot die verspreiding van saad.


Voëls is ’n maatstaf waarmee enige verandering in die omgewing gemeet kan word. ’n Rivier of ’n vleilandgebied waar dobbertjies, reiers, eende en visarende voorkom, weerspieël ’n gesonde ekostelsel, maar in die afwesigheid van hierdie soorte is dit ’n duidelike teken dat die watergehalte verswak het.


Daarom is dit belangrik om voëlbevolkings in die omgewing te monitor om vas te stel watter spesies teenwoordig is, hul getalle vas te stel en te bepaal wat dit vir die bewaring van biodiversiteit inhou.

Verspreiding verander

Dit is algemeen bekend dat die verspreiding van sekere voëlsoorte verander, met sekere spesies, soos Indiese spreeu, waarvan die verspreiding uitbrei, terwyl ander, soos die grootswartooievaar en die sekretarisvoël, se verspreiding afneem.


Veranderinge in die omgewing, habitatverlies en klimaatsverandering is faktore wat potensieel kan bydra tot die toenemende verandering in voëlsoorte se verspreiding.  Hoewel sommige spesies floreer en ander afneem, is nie elke spesie tuis in omgewings wat deur die mens verander word nie.

Om hierdie verandering in die voëlverspreiding vas te stel, is die tweede Suider-Afrika Voëlatlas-projek (Southern African Bird Atlas Project 2 – SABAP2) in Julie 2007op die been gebring. Die doel van hierdie projek is om voëlverspreidings en -getalle te vergelyk met die data van die eerste voëlatlas (SABAP1), wat 20 jaar gelede plaasgevind het (1987-1991).


Gedurende die eerste atlasprojek het duisende waarnemers meer as sewe miljoen rekords versamel om dit die grootste biodiversiteit-bewaringsprojek in sy soort in Afrika te maak.  Vir die eerste keer is voëlverspreidings akkuraat in Suider-Afrika gekarteer.



'n Swartkopreier. Foto: JOHANN SOLOMON


Tweede atlasprojek

Met die hulp van vrywillige voëlwaarnemers (ook bekend as atlasers of citizen scientists) is die tweede atlasprojek tans besig om inligting binne gespesifiseerde gebiede (9 km x 8 km  of 5’ x 5’  minuut-kwadrate) regoor Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland in te win.


Tot op hede is 56% van die gebied deur 990 vrywillige voëlwaarnemers gedek. Verspreidingsinligting is nou vir meer as 850 voëlsoorte bygewerk.

Tans is die grootste leemtes in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Noordwes. Die grootste deel bestaan uit landbougrond. Om hierdie gapings te probeer vul, sal dit vir atlassers nodig wees om hierdie gebiede (leemtes) te besoek en voëllyste vir die spesifieke kwadrate op te stel.

Aangesien toegang tot plaasgebiede dikwels beperk of verbode is, sal dit vir atlassers baie help as hul toegang kan kry tot plaaslande en veral plaaspaaie. Somtyds het atlassers geen alternatief as om ongenooid op te daag nie, aangesien hulle nie die kontakbesonderhede van plaaseienaars het nie.


Ons hoop egter dat plaaseienaars wel aan atlassers toegang tot hul eiendom sal verleen. Atlassers kan uitgeken word aan hul atlasser-kaarte (observer) wat hulle saam te alle tye by hulle moet dra, asook magnetiese plakkers op hul motors met die projeklogo (opsioneel) en ’n selfoonnommer om hulle te identifiseer as projekdeelnemers.


Respek vir plaas en omgewing

Waarnemers is onderhewig aan ’n streng etiese kode wanneer hulle vir die projek werk. Dit sluit in die nodige respek vir plaasdrade en om plaashekke te laat soos gevind.

Kundigheid en kennnis van die voëllewe, spesifiek op jou plaas, is belangrik vir die atlasprojek. Ons sal die samewerking van die boeregemeenskap verwelkom om die waarnemers te ondersteun met die insameling van baie nodige inligting oor voëls in die gebied.


Dit sal ons help om die verspreiding en getalle van voëls op ’n plaas te verstaan. Indien die boer die tyd en geleentheid het, kan hy self ’n atlasser word – die vereistes is nie moeilik nie.

Biodiversiteitsbewaring is deesdae nie tot nasionale parke, natuurreservate or wildernisgebiede beperk nie. Gesamentlike pogings word aangewend om gewone burgers te gebruik as ambassadeurs vir biodiversiteit deur programme, soos die atlasprojek en nóg ’n nuwe projek wat voëls op ’n kleiner skaal monitor, MyBirdPatch (kyk http://mybirdpatch.adu.org.za), ook ideaal geskik vir plaasmonitering.


Raak betrokke

Baie boere is aktief betrokke by die bewaring van die habitat en wildlewe op hul plase, wat ’n beduidende verskil maak. Hul rentmeesterskap (stewardship) van die land hou voordeel in vir bewaring op ’n plaaslike vlak.

Lees gerus “Farming for the future: farming sustainably with nature”, ’n kort gids wat verduidelik hoe om biodiversiteit op die plaas te bewaar en by te dra tot die bewaring van ekostelsels.


Hierdie gids is geskryf met die samewerking van boere, landboukundiges en natuurbewaarders. Vir meer inligting oor die atlasprojek, kontak die projekbestuurder, Doug Harebottle, by tel. 021 650 2330, e-pos doug.harebottle@uct.ac.za) of besoek die webwerf http://sabap2.adu.org.za.

Verwysings

Oschadleus H.D. & Underhill, L.G. 2006. ‘‘Range expansion of the red-billed quelea, Quelea quelea, into the Western Cape, South Africa’’.  South African Journal of Science 102:12-13.

Oschadleus H.D. 2009  ‘‘An irruption of Red-billed Quelea Quelea quelea in the Western Cape province, South Africa’’.  Ostrich 80:193-196

Outeurs

Dr. Doug Harebottle is die projekbestuurder vir die atlasprojek (SABAP2) by die Een heid vir Dieredemografie aan die Universiteit van Kaapstad.

Dr. Phoebe Barnard is ’n navorsingwetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit (SANBI) in Kaapstad waar sy die program Voëls en Omgewingsverandering lei.

Dr. Hanneline Smit is die bewaringsbestuurder (Oppenheimer Fellow of Conservation) by Voëllewe Suid-Afrika in Randburg, Johannesburg.


* Vertaling deur Hanneline Smit en Drinie van Rensburg

8 Februarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.28
+0.3%
Rand - Euro
18.35
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.71
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Goud
1,767.46
-1.7%
Silwer
22.21
-4.1%
Palladium
1,878.55
-1.1%
Platinum
999.29
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bietjie van 'n Romantikus wat graag geselsdap soek
Ek is vriendelike mens wat nie baie issues het nie. Ek is 'n 'software developer' en as sulks baie lief vir tegnologie. Ek hou daarvan om lekker te lag word ook...
Passionate.
Hou van eerlikheid. Is nog jonk van gees. Hardwerkend. Passionate vir ware liefde. Hou van shopping en uiteet. See vakansies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot