AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Voëlgriep kan varkbedryf stimuleer

Die uitwerking van voëlgriep kan 'n beduidende invloed op die varkvleisbedryf hê.

Die uitwerking van voëlgriep op die gewildheid en verbruik van hoendervleis kan 'n beduidende invloed op die varkvleisbedryf hê, wat die vraag na varkvleis kan stimuleer, maar ook groter mededinging op die mark kan meebring.

Die prys van varkvleis kan teen Desember R12/kg wees, maar die moontlikheid bestaan ook dat groot hoeveelhede goedkoper, ingevoerde hoendervleis dit kan afdruk tot R10/kg, het mnr. Ernst Janovsky, hoof van Eerste Nasionale Bank se landbou-afdeling op die Vark-ekspo van die Noordoos-Vrystaatse Varkstudiegroep op Bothaville gesê.

Internasionale en plaaslike ekonomiese faktore is gunstig vir varkvleisproduksie én om geld in die verbruiker se hand te sit. Om dié geleenthede te benut, moet die boer sorg dat hy die regte produk het wanneer die verbruiker die geld het om te koop.

Hoewel hy meen dié faktore gaan nog vir die afsienbare toekoms betreklik bestendig bly, is daar ander faktore waarvan boere moet kennis neem in hul beplanning.

Sowat 20 jaar gelede was beesvleis die leier op die vleismark, maar hoendervleis het dit mettertyd verbygesteek. Vandag word sowat 1,4 miljoen ton hoendervleis per jaar in Suid-Afrika verbruik teenoor die 440 000 ton bees- en 100 000 ton varkvleis.

Nou het voëlgriep toegeslaan en twee goed gebeur. Baie verbruikers wil nie meer hoendervleis eet nie (veral in die Europese Unie) en hulle koop bees-, skaap- en varkvleis of vervangingsprodukte. Dit laat die ander vleispryse styg en dié van hoendervleis daal.

Daardie goedkoop hoendervleis gaan nou na onder meer Suid-Afrika. Janovsky verwag dat sowat 220 000 ton hoendervleis vanjaar ingevoer gaan word, twee maal meer as die jaarlikse varkvleisproduksie in die land. As plaaslike verbruikers ook vir die voëlgriep skrik en net 10 % van hulle wegbeweeg van hoendervleis af, beteken dit dat 140 000 ton ander vleis nodig sal wees. Dit gaan die vraag skerp verhoog, wat pryse behoort te laat styg.

Die ander gevaar is dat as die siekte op 'n groot skaal mense begin tref, kan dit beteken dat baie verbruikers gaan sterf wat die vraag na vleis weer kan laat daal.

Daar is weliswaar amptelik nog net sowat 103 mense aan dié siekte dood, maar die erns van die kommer wat bestaan word weerspieël deur die bewilliging van $1 miljard deur die Verenigde Nasies se gesondheidsorganisasie vir navorsing om die siekte wêreldwyd te probeer bestry en uit te roei.

As dit nie slaag nie, bestaan die moontlikheid dat Suid-Afrika tot 30 % van sy bevolking kan verloor. Met die vigs-probleem daarby gereken, kan dit 'n beduidende invloed op verbruikersgetalle hê.

Hy meen egter dat daar 'n effense ver-skuiwing weg van hoendervleis gaan wees, wat die geleentheid aan bees-, skaap- en varkvleis gaan bied om verlore markaandeel te herwin.

Maar 'n mens moet onthou dat die invoerders van hoendervleis dit teen net R9,00/kg kan verkoop en steeds wins maak. Teen dié prys kan die ander soorte vleis weer sterk mededinging van hoendervleis verwag, veral vir verwerkte vleisprodukte.

Die landboubedryf staan ook op die drumpel van 'n tegnologiese revolusie waarvan die varkvleisbedryf nie uitgesluit is nie. Tot nou toe is daar nog net geraak aan die moontlikhede wat genetiese modifikasie inhou. Bome wat geneties gemodifiseer is om papiervervaardiging te vergemaklik, se hout is ook ewe skielik sterker.

Medici het stamselle in die mens se neus geïdentifiseer waaruit met genetiese modifikasie 'n horingvlies in 'n bakkie gekweek kan word sodat dit verwerping met inplanting in dié mens se liggaam gaan uitskakel. Varkboere gebruik al dié tegnologie om die geen wat bleek en waterige vleis veroorsaak, te identifiseer en met seleksie uit hul kuddes te weer.

Nuwe tegnologie gaan seleksie versnel en 'n mens kan beswaarlik voorspel wat die uiteinde van die invloed daarvan op die varkbedryf gaan wees. Al wat die varkboer kan en moet doen, is om sy oog op die bal te hou en voluit te speel terwyl dinge dramaties verander en mededinging strawwer word.

Om in dié mededingende omgewing te kan oorleef, sal die boer moet besef vraag en aanbod is die wagwoord in die vrye en wye wêreldmark, want hy is vandag 'n wêreldspeler.

Landbouprodukte van R40 miljard word jaarliks ingevoer terwyl die totale waarde van plaaslik geproduseerde produkte sowat R65 miljard beloop. Dit beteken die Suid-Afrikaanse boer is ten opsigte van die prys van sy produk sowat 60 % blootgestel aan die wêreld daar buite.

Aan veranderings in die wisselkoers, subsidies wat ander regerings aan hul boere betaal, die ontwikkeling van die tegnologie en die optrede van die Groenes, kan die boer niks doen nie.

Al wat hy kan en moet doen, is om te kyk wat waarskynlik op die wêreldmark gaan gebeur en sy boerdery en bestuur daarvolgens rig om sy mededingendheid met slim en kundige aanpassings in stand te hou of selfs te verbeter.

Hoe lyk die potensiaal van die groot mededingers in die wêreldmark ten opsigte van vleisproduksie teen 2050? Suid-Amerika en die Karibiese gebied het die grootste potensiaal - sy vleisproduksie kan met 168 % kan toeneem. Daarna volg Afrika met 132 %, Asië met 121 %, Rusland met 88 %, Australasië met 80 %, Europa met 66 % en Noord- en Sentraal-Amerika met 44 %.

Die Suid-Amerikaanse lande se landbou groei nou die vinnigste en daar word baie geld bestee om te verseker dat die infrastruktuur tred hou met dié groei.

Afrika het 'n enorme groeipotensiaal, maar die infrastruktuur ontbreek. Hoewel dit deur 'n ontwikkelings- en samewerkingspoging, gelei deur Suid-Afrika, verbeter behoort te word, sal dit waarskynlik nie genoeg wees om die landboupotensiaal ten volle te laat opbloei nie.

China is besig om ekonomies te ontplof. Waar hy tien jaar gelede net 4 % van die wêreldmark in appels verteenwoordig het, is dit nou 45 %.

Die verwagte totale groei in landbouproduksie oor dié tyd is sowat 90 % meer as die verwagte groei in die wêreldbevolking. Dit beteken oorproduksie, groter mededinging en pryse wat onder druk bly.

Met dié vooruitsig sal boere nou moet begin dink oor hoe hulle hul mark gaan bestuur. Boere sal nader aan die verbruikers moet beweeg, want die eerste plek waar geld van hande verwissel, is waar die mark lê. Plaaslike faktore is ook gunstig. Misdaad neem langsaam af, die rand is stewig en bestendig, wat produksiekoste in toom hou, en inflasie is onder beheer.

Aan die uitsetkant is die produksie-inflasie effens hoër. Dit vang die boer in 'n kosteknyptang vas, wat nou deur die goeie vleispryse verberg word. Op lang termyn beloop die kosteknyptang vir die landbou van 5 % tot 6 %. Dit is nou sowat 7 %. Dit beteken dat 'n boer elke jaar 5 % doeltreffender moet wees om dieselfde lewenstandaard te handhaaf.

Dit kan met verbeterde tegnologie of met die skaalekonomie ('n groter onderneming) gedoen word. Boere moet op die hoogte bly en spaar vir die maer jare wat weer gaan kom.

Of varkboere in die toekoms gaan geld maak, gaan daarvan afhang of hulle die kuns kan bemeester om te weet wat hulle moet doen, hoekom hulle dit moet doen en om die tydsberekening reg te kry om die regte produk te lewer wanneer die verbruiker geld in die hand het om dit te koop. As hy nie saam met die mark beweeg nie, gaan hy verloor, sê Janovsky.

21 April 2006

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Let go and let God
Eks uniek met ñ twist😊. haat konflik en jaloesie. I'm a born again son of God🙌 soek vrede. geduld. en ek haat leuens
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot