AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00

Voerkraal wys boere hoe

Hy het eers na vyf jaar se "huiswerk" in die voer- en voerkraalbedryf die stoute skoene aangetrek om sy eie skaapvoerkraal te begin.

Hy het eers ná vyf jaar se "huiswerk" in die voer- en voerkraalbedryf die stoute skoene aangetrek om sy eie skaapvoerkraal te begin.

Mnr. Dries Reynecke van Eloff naby Delmas in Mpumalanga was gelukkig in die regte beroep, want hy het in hierdie tyd veevoer en sitrusmelassemeel verkoop. Dus het hy deeglike kennis van veevoeding opgedoen. Hy het ook nie gehuiwer om raad by ander mense te vra oor voerkrale nie, want hy wou foute sover moontlik uit-skakel teen die tyd dat hy sy eie voerkraal begin.

Hy het met 1 500 lammers begin en dit spoedig tot 4 000 uitgebrei. In vergelyking met ander skaapvoerkrale is hy 'n klein vissie in 'n groot see, maar dit maak nie 'n verskil aan die erns waarmee hy die voerkraal bestuur nie. Reynecke sê die lesse wat hy geleer het, kan net so deur die skaapboer gevolg word, want dit is dieselfde bestuurs- aspekte waarna hy in sy eie kudde moet omsien.

Vir hom begin alles wanneer hy 'n skaapboer besoek om lammers te koop. Dit is reeds met die eerste oogopslag duidelik of die boer goed vir sy skape sorg. Voerkrale verkies sterk lammers en hy hoef dus net na die ooie te kyk om te sien of hy daar moet koop of nie, en of hy selfs 'n hoër prys vir goeie lammers kan aanbied.

Dit is belangrik om die regte tipe lammers te selekteer. Voer is duur, daarom kan hy nie met lammers opgeskeep sit wat swak groei nie. Vir hom is SA Vleismerino- en Dormerlammers die beste, terwyl hy ook goeie resultate met Dohne-Merino's en Suffolk-Vleismerino-kruislammers behaal. Die rede is dat hy swaarder karkasse verkies, hoewel die gemiddelde verbruiker nog 'n klein karkas wil hê weens die indruk dat groter ook taaier beteken. "Die kleinveebedryf moet poog om verbruikers aan swaarder karkasse gewoond te maak, want dit is net so smaaklik en sag, maar het 'n beter been-tot-vleis-verhouding waarby die verbruiker baat vind met meer vleis en minder bene.

Die Vleismerino se ander voordeel is sy wol wat Reynecke afskeer en verkoop. Hy koop wel lammers wat nie so vinnig groei nie, maar betaal die boer dan R1,50 tot R2,00 per kilogram minder om vir die verwagte swakker groei te vergoed.

Reynecke koop lammers wat vier maande oud is en voer hulle maksimum 53 dae, na gelang van die begingewig. As 'n lam met inname byvoorbeeld 32 kg weeg, het hy net 36 dae nodig om die regte slaggewig te bereik.

Hulle let ook op na ander aspekte as hulle 'n boer besoek, soos dat lentelammers nie lang sterte moet hê nie, omdat dit 'n uitbroeiplek vir maaiers bied. Die boer moet die sterte afsit, anders gaan dit vir die voerkraaleienaar groter koste aan dieregesondheid meebring.

As die boer met rasse of kruisings boer wat vir voerkraaltoestande geskik is, kan hy ook meer geld vir sy lammers kry, want die voerkraal gaan mos finansiële voordeel daaruit trek.

By die voerkraal aangekom, kry elke lam 'n oorplaatjie, omdat Reynecke dit as bestuurshulpmiddel gebruik om elke lam se oorsprong en datum van inname op rekord te plaas. Alle inligting oor die dier word op rekenaar geplaas sodat elke lam in die groep op sy eie bestuur kan word om die bestuur van die hele groep aan te vul. Dit het ook die voordeel dat hy maklik en vinnig kan vasstel watter boere se lammers goed presteer en die verskillende rasse teen mekaar opweeg.

Indien bogemelde gedoen word, is voer- en kripbestuur vir die oorblywende 80 % van die welslae van 'n voerkraal verantwoordelik. Daarom het hy drie kenners, drr. Conrad Coetzer, Heinri Spangenberg en Hinner Köster van Scinetic en Afgri Veevoere, wat hom raad gee. Hy het ook 'n veearts as vennoot, dr. Fanie du Plessis. Saam met hul voerkraalbestuurder, mnr. Arend Munnik (jr.), beskik hulle oor baie ondervinding.

Reynecke gebruik sewe verskillende rantsoene vir verskillende groeistadiums, asook sitrusmelassemeel, wat inname verhoog, hoë verteerbare energievlakke het en rumengesondheid bevorder, danksy die verhoging van die asynsuurvlak in die rumen om suurpens te voorkom.

Dit is nie die moeite werd om op voerkoste te probeer bespaar met minderwaardige produkte nie, anders sal die voeromsettingsverhouding (VOV) laag wees en wins benadeel. Sy VOV is baie goed en is gereeld onder 5:1 (5 kg voer vir 1 kg gewigstoename), soms so goed as 4,5:1.

Elke lam word gedurende die voertydperk vyf keer geweeg om die groei te monitor. As 'n lam nie vinnig genoeg groei nie, word hy uitgeskot, mits hy nie siek is nie. Dit is nie die moeite werd om 'n swak lam te voer nie. Reynecke bepaal die gemiddelde daaglikse voerinname in elke kraaltjie om ook die verskillende innames met mekaar te vergelyk.

Du Plessis en Munnik kyk elke dag of daar siek lammers is. Die krippe word deurentyd dopgehou om seker te maak dit is twaalfuur die middag leeg, 'n aanduiding dat die skape goed vreet. Waterkrippe word drie keer per dag skoongemaak. Al hierdie prosesse geskied met die minste versteuring om stres by die skape te voorkom.

Du Plessis sê dit is vir voerkrale én boere die moeite werd om lammers voorkomend vir sekere siektes in te ent.

Asemhalingsiektes is vir die meeste vrektes in 'n voerkraal verantwoordelik, omdat hulle weens samedromming baie stof trap, ook op die plaas as die boer sy skape elke aand kraal. Boere moet die lammers dus vooraf daarvoor inent.

Hul voerkraal gebruik drie aanpassingsrantsoene vir twee weke om bloednier te voorkom voordat hulle op 'n groeirantsoen geplaas word. Die skielike oorskakeling van veral swakker weidings na goeie weidings of 'n rantsoen met hoë proteïen- en energievlakke veroorsaak bloednier. As 'n lam reeds ingeënt is, kan hy dadelik groeirantsoen kry en sy slaggewig vinniger bereik. Dus wen die voerkraal twee weke.

Hulle mik vir 'n gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) van minstens 470 gram. As hulle sterk lammers van die mees geskikte kruisings of rasse koop, en die boer het sy kant met dieregesondheid en algemene bestuur gebring, kan hierdie mikpunt oortref word.

Reynecke se oorheersing van die slaglamkompetisie op vanjaar se Pretoria-skou getuig van dit wat hy predik. Hy het die wengroep karkasse en beste enkelkarkas ingeskryf, die derde, vierde en vyfde plekke behaal en is ook as algehele wenner aangewys.

"Dit wys net wat 'n mens kan doen as jy uitstekende skape koop, puik voer verskaf en goeie bestuur toepas," sê hy. Navrae: Mnr. Dries Reynecke, Eloff Lamb, sel 082 450 6196 of e-pos: dries@moltrade.co.za.

Landbouweekblad, 27 April 2007

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot