AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Volstruisprodukte behaal rekordwinste

Volstruisleer en -velle toon rekordwinste, maar vars vleis se omset het afgeneem weens die impak van voëlgriep op die bedryf.

Volstruisleer en -velle toon rekordwinste – ’n faktor wat meer as vergoed vir die groot verliese wat veroorsaak is omdat minder voëls geslag is weens die uitbreking van voëlgriep. “Dit vloei deur na die produsente, wat nou meer per volstruis verdien as voor die uitbreking van die siekte in 2011,” het mnr. Johan Stumpf, besturende direkteur van Klein Karoo Internasionaal (KKI), op Oudtshoorn gesê.

Hy het gewaarsku dat dit op die lang termyn nie ’n gesonde situasie is nie. Dit is omdat die wins gerealiseer is uit bestaande voorraad in ’n krimpende sakeomgewing – wat toekomstige wins onder druk kan plaas. Volstruisleer se omset het toegeneem met R26,8 miljoen en dié van vere met R15,1 miljoen. Vars vleis se omset het egter afgeneem met R6,8 miljoen weens die dramatiese impak van voëlgriep op die bedryf.

Stumpf het gesê omdat verkope gekenmerk is deur die sterk vraag na vere en leer, kon die KKI daarin slaag om markpryse drasties te verhoog. Verkope was egter laer omdat die maatskappy probeer om voorraad wat laer af in die waardeketting gehou word, te verminder.

Vere én leer se voorraad daal, maar daar is genoeg in voorraad om die mark ’n verdere 12 tot 18 maande lank te kan voorsien. ’n Stadige toename in volstruisproduksie word egter tot 2017 verwag. Dit is wanneer na verwagting ’n stabiele produksie bereik sal word wat laer sal wees as voor die uitbreking van voëlgriep. Die KKI se poging om die plaaslike verbruik van volstruisvleis te verbeter, het daartoe gelei dat 30% meer vleis binnelands verkoop is, het hy gesê. Waarde word toegevoeg tot feitlik alle vleis wat geproduseer word. Feitlik geen vleis word meer in groot maat verkoop nie. “Só versterk die KKI sy posisie by groot kleinhandelaars omdat die wêreldwye neiging is om nie meer slaghuise binne-in kleinhandelwinkels te hê nie – wat ook in Suid-Afrika begin posvat het,” het  Stumpf gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.7%
Rand - Pond
21.09
+0.7%
Rand - Euro
18.83
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Platinum
979.95
+0.6%
Palladium
1,646.12
+2.9%
Goud
1,876.63
+0.5%
Silwer
22.27
0.0%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Baie "Humble" wil gelukkig wees
Ek is gelukkig in myself, het al baie hartseer beleef. Ek is baie self versekererd hou van mense. Ek is liefdevol, en gee altyd net my beste, ek gee om, help altyd waar ek kan....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot