AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Vroue-entrepreneur aangewys

Me. Lyell van Rensburg van Graaff-Reinet is as Landbouweekblad en Sanlam se vyfde Landbouvroue-entrepreneur aangewys. Sy wen R65000.

Me. Lyell van Rensburg van die plaas Rietvlei by Graaff-Reinet in die Oos-Kaap is op ’n glansdinee in Durbanville as Landbouweekblad en Sanlam se vyfde Landbouvroue-entrepreneur aangewys.

Lyell wen onder meer R65 000 kontant en ’n jaar se intekening op Landbouweekblad.

Haar vasberadenheid om ’n sukses te maak van ’n roosboerdery in hul plaas se brak Karoogrond - ondanks grondkundiges se aanbeveling dat sy eerder aalwyne moes vestig - het haar uiteindelike sukses soveel soeter gemaak. Omdat rose grond met ’n neutrale pH verkies, het sy die grond met dennenaalde, yster en ammoniumsulfaat versuur tot die grondbalans neutraal was.

Nadat sy deur die bekende Afrikanerbeesteler mnr. Attie Geldenhuys se vrou, Esther, begeester is om rose in tonnels te kweek, het Lyell ingespring en 1 000 rose in tonnels gevesig. Hierna het elke jaar nog ’n duisend roosbome gevolg totdat daar 10 000 bome in die tonnels was. Vandag spog Lyell met 20 jaar se ervaring in die kweek en bemarking van Rietvlei se rose.

Sy behartig boonop die boekhouding van haar man Richardt se regsfirma en bestuur die plaas waarop met Dorpers, Rooi Russe en Afrikanerbeeste geboer word.

Die beoordelaars sê: Met ’n vrou soos Lyell aan ons sy, gaan veg ons in enige oorlog. Teen soveel vasberadenheid, harde werk en vroulike sjarme sal geen vyand kan stand hou nie. Lyell se plaas is ’n model van netheid en orde. Sy straal professionalisme uit – van haar persoon tot álles wat sy aanpak.

Die ander finaliste wat vanjaar om die titel van Landbouweekblad en Sanlam se Landbouvroue-entrepreneur meegeding het, is:

Me. Christa Smith van die plaas Soetkloof by Kirkwood wie se gebakonderneming, Imnandi (Xhosa vir "lekker"), ontstaan het toe ’n erge droogte die gebied in die laat jare tagtig getref het. Tans lewer Christa aan drie groot kettingwinkels en verskaf sy heeltydse werk aan vier vroue en ’n verteenwoordiger.

Die beoordelaars sê: Christa se onderneming getuig van die spreekwoordelike pad wat met dorings besaai was. Maar dié stil, dapper vrou het merkwaardig daarin geslaag om groot sukses te behaal te midde van amper bomenslike uitdagings. Haar werkywer, deursettingsvermoë, aandag aan detail en diep geloof het opgeval.

Me. Reana le Roux van Rustenburg se suksesverhaal het begin toe sy en haar man by haar grootouers in Bloemfontein oornag en sy van haar ouma se selfgemengde gesigroom gebruik het. Sy kry die resep by haar ouma en begin sélf room meng en verkoop. Reana se gesigroom is die eerste Suid-Afrikaanse gesigreeks wat op Woolworths se skoonheidsrakke verskyn het.

Die beoordelaars sê: Reana se jeugdige energie, dapperheid en inisiatief het beïndruk. Sy is ’n kundigeenkreatiewebemarker. Daar lê ongetwyfeld vir haar ’n blink toekoms voor.

Me. Lizette Kloppers van Worcester het groter planne gehad as om landskapsargitek te bly. Toe haar man, Pieter, vir haar ’n kweektonnel met kersietamaties oprig, neem haar belangstelling in saamplantery (‘‘companion planting’’) oor en begin sy ander plante – soos blaarslaai en uie en boontjies en komkommers – saam plant. Vandag voorsien sy kruie en blaargroente aan Woolworths, Pesto Princess en Mediterranean Deli.

Die beoordelaars sê: Dié vrou se hande staan vir niks verkeerd nie. Sy is ’n voorloper en baanbreker op haar gebied. Sy borrel oor van nuwe idees en het die vermoë om dié planne in werklikhede tomskep. Haar energieke benadering sorg vir ’n suksesverhaal soos min.

Me. Driné Ras van die plaas Greenhills tussen Boshof en Christiana se onderneming Kukama Creative Designs wat leer- en huidprodukte vervaardig, het letterlik ‘‘uit ’n droom’’ ontstaan nadat sy gedroom het dat sy ottomans moes maak. Vele struikelblokke later het belangstelling uit die buiteland in haar leerprodukte só toegeneem dat sy tans besig is met onderhandelinge om van Kukama se produkte uit te voer.

Die beoordelaars sê: Driné oorrompel met haar uitsonderlike humorsin en egtheid. Haar optimistiese lewensingesteldheid het beïndruk. Boonop skep sy die wonderlikste produkte van dít wat ander mense weggooi. Sy is die verpersoonliking van iemand wat iets uit niks maak. Dié stadsnooi het ’n voortreflike boervrou- -én entrepreneur – geword.

Me. Annette Oelofse van die plaas Kamferpoort by Klipplaat se sybokhaaronderneming het ontstaan nadat sy ’n sybokhaar-ekspo op Beaufort-Wes bygewoon en besef het dat die produkte nie in die res van die land beskikbaar is nie. Haar droom is om die hele Wolwefontein – op die sybokhaarroete op die nasionale pad tussen Port Elizabeth en Jansenville – te koop en in ’n sybokhaardorpie te omskep.

Die beoordelaars sê: Elke bedryf in dié land – nie netdiesybokhaarbedryf nie–het iemand soos Annette nodig. Sy is oorrompelend kreatief, stuit vir niks en niemand nie en haar geesdrif is aansteeklik. Haar lus vir die lewe en uitsonderlike humorsin dra beslis by tot haar besondere produktiwiteit.

Die beoordelaars van dié kompetisie is adv. Kobus Engelbrecht, bemarkingshoof van Cobalt-oplossings van Sanlam; dr. Riana Scheepers, bekende Afrikaanse skrywer en akademikus; adv. Gesie van Deventer, regskenner, wynmaker en uitvoerboer en mnr. Anton Roelofse, streekbestuurder van Business Partners in die Wes-Kaap.

18 September 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot