AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Vrugtebedryf kort stabiele politieke klimaat

Politieke en sosiale uitdagings sal die grootste impak op die SA vrugtebedryf hê, en siektes en plaagbeheer kort ook aandag.

In die volgende vyf jaar sal politieke en sosiale uitdagings die grootste impak op die toekoms van die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf hê, meer so as enige ander tegniese uitdagings, volgens mnr. Mias Pretorius van die vrugtemaatskappy Two-a-Day. Hy het ’n aanbieding oor die toekoms van die kernvrugtebedryf gedoen by die Hortgro Science-simposium wat in Simondium gehou is.

Vir volhoubaarheid het die bedryf ’n stabiele politieke klimaat nodig, een wat ten gunste van landbou is. Een wat toegang tot hulpbronne, soos elektrisiteit, skoon water, grond en infrastruktuur bevorder en bydra tot ’n klimaat waarin werk geskep word en sosiale ongelykhede aangespreek kan word.

Grondhervorming en grondeienaarskap moet uitgesorteer word. “Grondeienaarskap is die bousteen van ons ekonomie. Dit is die enigste manier waarop finansiering bekom kan word om produksie uit te brei en te onderhou,” het hy gesê. Pretorius het aan die positiewe kant daarop gewys dat grondpryse steeds klim ten spyte van negatiewe uitsprake oor die onderwerp.

Plaaswerkervaardighede moet ook opgeskerp word. Pretorius sê dat Two-a-day-groep sowat R60 miljoen ’n jaar verloor weens plukskade. Hy skat dat die bedryf se verliese weens die skade in die omgewing van R600 miljoen is. “Hierdie verliese kan bykans heeltemal afgeskryf word deur middel van beter opleiding, wat die bedryf veel minder as R600 miljoen sal kos,” het hy gesê.

Pretorius het gewaarsku dat boere nie oorhaastig op die meganisasie-trein moet spring nie. “Meganisasie lyk na ’n aanloklike oplossing vir arbeidsprobleme. Onthou egter dat dit tot nog groter ongelykhede in ons samelewing kan lei wat sosiale probleme en spanning kan vererger.”

Siekte en plaagbeheer moet ook verbeter. Pretorius skat dat die bedryf intussen R200 miljoen en R300 miljoen jaarliks verloor weens voorkombare siektes en peste.

Hy het gewaarsku dat boere chemiese beheermiddels reg moet gebruik om die ontwikkeling van weerstand te voorkom: “Daar word gepraat en gepraat oor die korrekte gebruik van chemie en maniere om die ontwikkeling van weerstand te voorkom, maar dit lyk nie asof iets besig is om op plaasvlak te gebeur nie. Pas die middels op wat julle het en gebruik dit reg. As dit nie meer werk nie, is daar nie alternatiewe nie. Die bedryf is te klein en dit kos te duur om nuwe produkte te ontwikkel.”

Boere moet ook aanpas om die impak van klimaatsverandering te verminder. Hy het gesê dat verhoogde koolstofdioksiedvlakke tot voordeel van boorde kan wees, maar dat temperatuurverandering probleme kan veroorsaak. Boere kan egter probleme met kleurverandering weens laat winter en minder koue-eenhede chemies aanspreek. Verder moet water meer doeltreffend gebruik word.

Hy het gesê dat die bedryf ’n ver pad gekom het oor die tien laaste jaar en boere aangemoedig om aan te pas by die dinge wat hulle nie kan verander nie en te verander wat wél verander kan word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot