Die indringervrugtevlieg Bactrocera invadens versprei sedert 2003 suidwaarts vanaf Kenia. Suid-Afrika se vrugtebedryf staan reg vir 'n uitbreking. Verlede jaar is 'n verbod op die invoer van Namibiese vrugte ingestel weens 'n uitbreking in dié land.
Dié soort vrugtevlieg is 'n aggressiewe indringer en kan tot 100 km gedurende sy leeftyd van drie maande reis. Die Verenigde Nasies se laboratorium vir biotegnologiese ontwikkeling in Oostenryk is besig om steriele manlike vlieë te teel om die plaag te bestry.
Bron:
Bloomberg (Bloomberg)
11 Maart 2009