AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Vrystaatse boere en SAPD werk goed saam

'n Beheersentrum op Bethlehem bewys hoe goeie kommunikasie tussen boere en die polisie 'n gemeenskap kan bevoordeel.

Die Bethlehem-beheersentrum is ’n sprekende voorbeeld van hoe goeie kommunikasie tussen die boere en die polisie ’n landelike gemeenskap kan bevoordeel. Die sentrum bedien tans sowat 400 boere, wat lede van Vrystaat Landbou is, met veiligheids- en brandbeheerdienste. Die oppervlak waaroor die diens strek is sowat 320 000 ha, en sluit die gebiede van Clarens, Bethlehem, Fouriesburg, Daniëlsrus, Paul Roux, Kestell, Kaallaagte en Slabberts in.

Volgens Vrystaat Landbou bied die sentrum vinnige kommunikasie met al die relevante rolspelers, indien ’n krisis voorkom. “As ’n boer die sentrum kontak weens byvoorbeeld ’n plaasaanval, word die polisie se plaaslike hoofde en groepbevelvoerders, ambulansdienste asook die boere in die boer se onmiddellike omgewing deur middel van SMS’e in kennis gestel,” vertel Herkie Viljoen, voorsitter van die veiligheidskomitee van die Bethlehem-distriksboerevereniging.

Die onderskeie verkose leiers van elke boerevereniging weet ook watter take hy of sy moet uitvoer in geval van ’n krisis, sodat almal nie net na een punt toe jaag nie. Van die boere sal op die plaas gaan help, terwyl ander die polisie kan bystaan om die omgewing te patrolleer as verdagtes moontlik op die vlug geslaan het.

Die sentrum word 24 uur per dag beman deur vyf personeellede wat deur die sentrum aangestel is. Viljoen sê die beheersentrum is ’n organisasie sonder winsoogmerk, en die personeel word betaal uit die ledegeld van R800 wat boere jaarliks betaal. Dié geld word ook aangewend om dienste te lewer wanneer brande voorkom.

Nie die wiel herontwerp
Nog ’n bron van sukses is die stelsel wat die sentrum gebruik. Die stelsel is ontwikkel terwyl die kommandostelsel steeds in plek was, en hulle het besluit om nie die wiel te probeer herontwerp nie, maar met dit wat werk, voort te gaan. Die sentrum bestaan reeds sedert 1997.

Die polisie lei elke maand ’n vergadering by die sentrum waar die onderskeie distrikte se boervereniging, verteenwoordigers vir veiligheid en brande, polisiebeamptes en nooddiensbeamptes teenwoordig is. Probleme in die verskeie distrikte word dan bespreek, asook moontlike oplossings.

Goeie verhoudinge
Viljoen sê hulle skryf die sukses van die sentrum toe aan die goeie verhoudinge wat hulle met die polisie het. Min voorvalle het die afgelope paar jaar in die gebied voorgekom, en dit - glo hulle - hou verband met die goeie reaksie op voorvalle. “Ons sterk punt is goeie verhoudinge met die polisie. Jy kan ’n klomp verskillende aksies hê om landelike gemeenskappe te beveilig, maar op die ou end gaan jy met ’n polisielid moet praat – ons reken jy moet dit sommer van die begin af doen.” Nabetragting word ook gehou na afloop van voorvalle, sodat die onderskeie partye foute in die proses kan uitwys, en almal beter voorbereid kan wees op die toekoms.

“Ons kan baie suksesvol wees met veiligheid in die Vrystaat as ons die eie-ek uit die stelsel haal. Dit gaan daaroor dat ’n behoefte bestaan, en dat die behoefte aangespreek moet word en die proses bestuur moet word,” aldus Viljoen. “Wedersydse respek tussen ons en die polisie is ook baie belangrik,” sê mnr. Chris Helm, voorsitter van die Bethlehem-distriksboerevereniging.

Viljoen sê op aanvraag deur lede het hulle in samewerking met die polisie ’n vraelys opgestel wat boere kan gebruik in terme van navrae oor uitstaande veediefstal en ander sake. Die lyste word dieselfde dag nog aan die betrokke bevelvoerders verskaf, wat dan sake kan opvolg sodat die boer binne dae terugvoer kan kry.

Ná talle navrae deur dorpinwoners om ook deel te word van die sentrum, is die diens nou ook binne dorpe beskikbaar. Diegene wat belangstel in die diens, kan 058 303 8011 skakel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot