AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Vyf stappe om die wêreld te voed

Hoe gemaak om 'n groeiende wêreld te voed, maar terselfdertyd die omgewingsimpak van die landbou tot die minimum te beperk?

Wanneer ons aan dink aan alles wat die omgewing bedreig, doem prentjies van motors en skoorsteenpype gewoonlik by ons op, nie ons aandete nie. Maar eintlik hou ons behoefte aan kos ook een van die grootste gevare vir die planeet in.

Die landbou lewer ’n reuse-bydrae tot aardverhitting deurdat dit meer kweekhuisgasse vrystel as wat al ons motors, vragmotors, treine en vliegtuie saam produseer – grootliks as gevolg van metaangas wat vrygestel word deur vee en rysplantasies, stikstofoksied van lande wat bemes is en koolstofdioksied wanneer reënwoude uitgekap word om plek te maak vir gewasse en weiding.

Boerdery is ook die dorsigste verbruiker van ons kosbare watervoorraad en ’n vername besoedelaar daarby, soos wat die afloop van kunsmis en bemesting steurend inwerk op mere, riviere en ekostelsels aan kusgebiede regoor die wêreld. Die landbou versnel ook die verlies aan biodiversiteit. Soos wat ons grasvelde en woude vir boerdery skoonmaak, verloor ons ook noodsaaklike habitat, sodat die landbou ook ’n groot rol in die vernietiging van die diere- en plantlewe speel.

Die uitdagings wat die landbou aan die omgewing stel is groot en dit sal ook toeneem soos wat gepoog word om aan die groeiende behoefte vir kos wêreldwyd te voldoen. Bevolkingsgroei is egter nie die enigste rede hoekom die wêreld meer kos nodig het nie. ’n Welvarender gemeenskap wêreldwyd, veral in China en Indië, dryf die toenemende behoefte aan vleis, eiers en suiwelprodukte, sodat die druk toeneem om meer graan en sojabone te verbou om die groter aantal vee, varke en hoenders te kan voer. As dié neiging aanhou, sal die tweesnydende swaard van bevolkingsgroei en meer gesofistikeerde diëte vereis dat ons die graan wat ons verbou teen 2050 naastenby moet verdubbel.

Ongelukkig het die debat oor hoe om die wêreldwye voedselkrisis aan te spreek, tot uiterste standpunte oorgegaan, deur konvensionele landbou en wêreldhandel teenoor plaaslike voedselstelsels en organiese verbouing in die stoeikryt te plaas. Dié gevegte kan taai wees, en soos met politiek, bring dit net meer verdeling na vore. Diegene ten gunste van konvensionele landboumetodes gons oor hoe moderne meganisasie, besproeiing, bemesting en verbeterde genetika opbrengs kan verbeter om aan die groeiende eise te voldoen. En hulle is reg. Maar intussen kom voorstanders van plaaslike en organiese verbouing met die teenargument dat die wêreld se kleinboere opbrengs kan verhoog – en hul welvaart kan verbeter – deur tegnieke te gebruik wat vrugbaarheid verhoog sonder om kunsmatige bemesting en plaagdoders te gebruik. En hulle is óók reg.

Maar dit hoef nie ’n alles-of-niks-situasie te wees nie. Albei aansprake bied noodsaaklike oplossings; nie een sal egter alleen die wa deur die drif trek nie. Dit sal wys wees om ál die goeie idees te verken en die beste van albei te gebruik.

Jonathan Foley van die omgewingsinstituut aan die Minnesota-universiteit skryf in National Geographic se Mei-uitgawe dat hy ’n span wetenskaplikes aangevoer het wat met hierdie eenvoudige vraag gekonfronteer is: Hoe kan die wêreld die beskikbaarheid van sy voedselvoorraad verdubbel terwyl die omgewingsimpak deur landboubedrywighede op die omgewing, terselfdertyd tot die minimum beperk word? Hier is die vyfpunt-plan waarmee hulle vorendag gekom het:

1 Stuit die landbou se voetspoor

Dekades lank het ons bloot bome afgekap of graslande omgeploeg om meer kos te produseer. Ons het alreeds ’n gebied naastenby so groot soos Suid-Amerika skoongemaak om gewasse te verbou. En vir ons vee het ons selfs méér grondgebied oorgeneem, byna die grootte van Afrika. Die landbou se voetspoor het tot die verlies van ekostelsels oor die wêreld heen gelei, maar ons kan nie langer bekostig om voedsel deur landboukundige uitbreiding te produseer nie. Deur tropiese woude vir landbougrond te verruil is een van die vernietigendste goed wat ons aan die omgewing kan doen. Ons moet verdere ontbossing ten alle koste vermy.

2 Verbou meer op die grond wat ons reeds het

Verhoog opbrengs op minder produktiewe landbougrond – veral in Afrika, Latyns-Amerika en Oos-Europa – waar daar gapings bestaan tussen die opbrengs van huidige produksievlakke en dit wat moontlik is met verbeterde boerderypraktyke. Ons kan opbrengs verhoog deur moderne, presisieboerdery-tegnieke tesame met benaderings van organiese landboupraktyke te gebruik.

3 Gebruik hulpbronne doeltreffender

Daar is voorheen op die intensiewe – en onvolhoubare – gebruik van water en fossielgebaseerde chemikalieë staatgemaak. Maar kommersiële boerdery het reuse-spronge begin gee en vernuwende maniere gevind om die gebruik van bemesting en plaagdoders meer vaartbelyn te maak deur trekkers te gebruik wat toegerus is met gevorderde sensors en GPS’e. Talle boere gebruik as’t ware pasgemaakte vermengings bemesting wat by hul presiese grondgeaardheid pas en weer help om die afvloei van chemikalieë in nabygeleë waterweë tot die minimum te beperk.

Organiese verbouing help ook om die gebruik van water en chemikalieë te verminder deur bv. deklae en kompos te gebruik. Baie boere het ook waterslimmer geraak en ondoeltreffende besproeiingstelsels met drupbesproeiing vervang.

4 Wissel diëte af

Dit sou by verre makliker gewees het om teen 2050 negemiljard mense te voed as meer van die gewasse wat ons verbou, in mense se mae beland het. Vandag voed net 55% van die wêreld se kos mense direk; die res word as veevoer (sowat 36%) gebruik of vir biobrandstof en nywerheidsgebruik verwerk. Deur na minder vleis-intensiewe diëte oor te skakel – selfs deur net van beeste wat graan gevoer word, na vleis soos hoender of vark oor te skakel – kan groot hoeveelhede kos spaar. Omdat mense in ontwikkelende lande minder geneig is om minder vleis in die toekoms te eet (gegewe hul nuwe welvaartspeil), kan die fokus verskuif na lande wat reeds baie vleis eet. Deur minder gewasse vir biobrandstof te gebruik, kan ook meer voedsel op die tafel gesit word.

5 Verminder vermorsing

Nagenoeg 25% van die wêreld se voedselkalorieë en tot 50% van die totale voedselgewig gaan verlore voordat dit nog verbruik kan word. In welvarende lande kom die meeste vermorsing in huise, restaurante of supermarkte voor. Weens onbetroubare opberging en vervoer gaan dit in arm lande dikwels verlore tussen die boer en die mark. Verbruikers kan afval verminder deur eenvoudige maatreëls soos kleiner porsies, deur oorskietkos te eet en eetplekke en supermarkte aan te moedig om maatreëls in plek te stel om vermorsing te verminder. Van al die opsies om die beskikbaarheid van voedsel te verhoog, kan die uitskakeling van vermorsing een van die doeltreffendste metodes wees.

Natuurlik verg hierdie maatreëls ’n groot kopskuif, aldus Foley.Want meer, meer en nogmaals meer was vir die grootste deel van ons geskiedenis waaroor die landbou gegaan het – die skoonmaak van meer grondgebied, die verbouing van meer gewasse, die gebruik van meer hulpbronne. Maar ons móét ’n balans vind tussen hoër voedselproduksie en die volhoubaarheid van die planeet vir toekomstige generasies. “Ons moet die verband sien tussen ons kos en die boere wat dit verbou. Soos wat ons daardie winkelwaentjie in die supermarkgang afstoot, sal die keuses wat ons maak, ook die toekoms bepaal.

Bron: National Geographic, Mei 2014.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.4%
Rand - Pond
21.02
-0.6%
Rand - Euro
18.76
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
1,016.21
-0.9%
Palladium
1,676.66
+0.4%
Goud
1,916.08
+0.2%
Silwer
23.46
-0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,798
+0.2%
Alle aandele
79,996
+0.2%
Hulpbronne 10
74,959
+0.4%
Industriële 25
102,928
+0.3%
Finansiële 15
16,511
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot