
Die bedryfsdefinisie van die vyfde kwart is die vel en afval van ’n karkas, maar daar is geen regulasie wat dít of die verwante slagkoste bepaal nie, sê dr. Gerhard Neethling, hoofbestuurder van die Rooivleis-abattoirvereniging.
Hy het kommentaar gelewer na aanleiding van produsenteklagte wat opnuut in dié verband geopper is. Boere voer aan slagplase sluit ’n toenemende deel van die karkas by die vyfde kwart in waarvoor hulle geen vergoeding ontvang nie.
“Slagting is ’n diens wat slagplase lewer en wat in ruil vir dié diens gevra word, wissel van slagplaas tot slagplaas. Dit is ’n reëling tussen die kliënt en die slagplaas. Niks keer die kliënt om te sê hy hou die vyfde kwart en betaal die slagkoste nie,” sê Neethling.
2 Julie 2009