
Promosie-artikel:
Die president van VSA se Federal Reserve (Fed), me. Janet Yellen, maak al ’n geruime tyd haar stem dik oor ’n moontlike verhoging in rentekoerse. Dit kom deels as gevolg van die beter ekonomiese nuus uit die VSA.
Die onderstaande grafiek illustreer hoe laag die rentekoerse in die VSA was sedert die 2008-resessie. Eers aan die einde van 2016 het die Fed begin rentekoerse verhoog.
Wat die onderstaande 12-jaar-grafiek betref, illustreer dit die Amerikaanse 10-jaar-staatseffekte se opbrengskurwe (“yield curve”). Hierdie kurwe het begin hoër neig sedert die middel van 2016.
Daar was al vorige gevalle waar die kurwe begin het om opwaarts te neig, byvoorbeeld aan die einde van 2013 en begin van 2014. Op daardie stadium het die Fed egter geen rentekoersverhogings ingestel nie.
Rentoekoerse beweeg in siklusse en dit gebeur gewoonlik dat daar ’n paar rentekoersverhogings of verlagings in so ’n siklus is. Dit sluit dus aan by die bostaande stelling van nog moontlike Amerikaanse rentekoers verhogings.
Suid Afrika is natuurlik in ’n heel ander situasie. Soos in ’n vorige artikel genoem is, lyk dit asof die Suid Afrikaanse Reserwe Bank (SARB) aan die einde begin kom van die huidige repo-koers verhogingsiklus. Hierdie siklus het in 2014 begin.
Die onderstaande 2-jaar-grafiek van die Suid Afrikaanse 10-jaar-staatseffekte neig laer sedert Januarie 2016. Dit kontrasteer egter met die nominale rentoerse soos in die grafiek hierbo vervat.
Die differensiaal tussen Suid Afrikaanse en Amerikaanse rentekoerse word hieronder geïllustreer. Gebaseer op historiese data, is die verskil van 6.25% nie buitensporig hoog nie. As die differnsiaal afneem, met ander woorde die SARB rentekoerse verlaag en die Fed rentekoerse verhoog, kan die die rand waarskynlik verswak teenoor die dollar.
Om by die bostaande aan te sluit, kan gekyk word na die bruto binnelandse produk (BBP): Suid-Afrika, ’n ontwikkelende land, se 5-jaar gemiddelde BBP koers is 1.58% en in die geval van die VSA, ’n ontwikkelde land, is die syfer 2.1%. Om sake te vererger, was die gemiddelde BBP in Suid Afrika die laaste twee jaar 0.65%.
’n Verlaging in Suid-Afrikaanse rentekoerse is dus broodnodig om die ekonomie te laat versterk.
Edwin Smit is ’n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, en is ook ’n geregistreerde JSE-handelaar van BVG Commodities (lid van die JSE). Hy is ’n gereelde spreker op RSG. Sy kontakbesonderhede is: 012 484 4013 en edwin.smit@bvg.net. Die volgende dienste word gebied:
• Aandeleportefeuljebestuur in assosiasie met Momentum SP Reid. Lesers kan inteken op die daaglikse aandeleverslae.
• Wisselkoersverskansing op BVG se Yield-X (JSE)-lisensie. Lesers kan inteken op die daaglikse valutaverslag.