
Promosie-artikel:
Die rand het die afgelope tyd onder die vlak van R13,00 vlak teenoor die dollar inbeweeg. Die laaste keer wat die geldeenheid op hierdie vlakke verhandel het, was in Augustus 2015. Die moontlikheid dat n sterker rand onder die R13,00-vlak kan inbeweeg, is in die vorige artikel ondersoek.
Hoër kommoditeitspryse is gedeeltelik verantwoordelik vir die versterking van die meeste kommoditeitsgeldeenhede, insluitend die rand. Dus, solank as wat daar ondersteuning is vir kommoditeitspryse, behoort hierdie geldeenhede ondersteuning te geniet. Die grootste drywer vir dié vraag na kommoditeite is steeds afkomstig uit China, maar pres. Donald Trump se fiskale uitbreidingsbeleid vir Amerika begin ook ‘n faktor word.
‘n Moontlike gevolg is laer as verwagte inflasie. Hier speel, onder andere, twee faktore ‘n rol: Voedsel- en oliepryse.
Die onderstaande grafiek was die rand gedenomineerde olieprys (Western Texas Intermediate). Hierdie weergawe van die olieprys het die laaste 12 maande met 40% in waarde toegeneem, terwyl die dollar gedenomineerde weergawe met 69% gestyg het.
Volgende aan die beurt is die prys van wit mielies. Die hoogste prys oor die laaste tydperk was R5 296 gedurende Januarie 2016, terwyl die huidige prys R2 986 is. Dit verteenwoordig ‘n afname van 44%. Hierdie syfer is natuurlik voordelig vir die laer inkomstegroepe wie se stapelvoedsel mieliemeel is.
Bostaande twee faktore het ‘n redelike bydrae tot inflasie van minder as 6% wat moontlik later in 2017 verwag word.
Laer inflasie kan lei tot laer rentekoerse. Een manier om dit van nader te bekyk, is die sogenaamde Fischer-effek: Reële rentekoers = nominale rentekoers – verwagte inflasie. Gebaseer op die Fischer-effek kan ‘n laer reële rentekoers dus moontlik gerealiseer word.
Wanneer na die onderstaande vyfjaar-staatseffek gekyk word, is die verwagting dat rentekoerse moontlik kan verlaag in die toekoms.
Wat historiese rentekoerse betref, het die Suid Afrikaanse Reserwe Bank (SARB) die afgelope paar jaar rentekoerse verhoog om hoër verwagte inflasie te probeer bekamp. Dit wil egter voorkom asof die SARB moontlik aan die einde van die huidige verhogingsiklus gekom het.
Dit sal ook ‘n goeie politieke besluit wees as die SARB besluit om rentekoerse te verlaag, siende dat sekere vakbonde al geruime tyd hiervoor vra.
Wat die private sektor betref: Die krediet-groeikoers het afgeneem in die afgelope tyd, en is tans op die laagste vlak die laaste vyf jaar. Die verlaging is natuurlik ook te danke aan strenger voorwaardes vir lenings.
Die laer syfer mag deels verduidelik hoekom daar ‘n effense afplatting in die groei in M3-geldvoorraad syfer was in 2016.
Dit is nooit goed as die private sektor te veel skuld het nie, maar laer rentekoerse vir skuld kan verbruikers se vraag na produkte stimuleer, en hopelik tot hoër ekonomiese groei aanleiding gee.
Laer rentekoerse op skuld is natuurlik ook goed vir besighede siende dat die gemiddelde koste van kapitaal afneem, wat uitbreiding goedkoper maak.
Die 2018-Begroting is verlede week bekend gemaak, en daar kan gesien word dat ekonomiese groei iets is wat Suid-Afrika dringend benodig.
* Edwin Smit is ‘n portefeuljebestuurder by BVG Financial Solutions, ‘n Gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer van die FSB, met lisensienommer FSP 39889, en is ook ‘n geregistreerde JSE-handelaar van BVG Commodities (Lid van die JSE). Sy kontakbesonderhede is: (012) 484-4013 of edwin.smit@bvg.net. Die volgende dienste word gebied:
Aandele portefeuljebestuur in assosiasie met Momentum SP Reid. Lesers kan inteken op die daaglikse aandele-verslae.
Wisselkoersverskansing op BVG se Yield-X (JSE) lisensie. Lesers kan inteken op die daaglikse valutaverslag.
Bankrekeninge met hoër rentekoerse in assosiasie met een van die groot vyf banke se tesouriefasiliteite waarvoor BVG gekwalifiseer het.