AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

'Water het sleutelrol'

Moenie die sleutelrol van skoon water en sanitasie vir ekonomiese vooruitgang en voedselsekerheid vergeet nie, vra kenners.

Die sleutelrol wat skoon water en sanitasie in ekonomiese vooruitgang kan speel asook die invloed wat die gebrek aan dié mensereg in die toekoms op voedselsekerheid en die gehalte van voedsel kan hê, moet nie uit die oog verloor word nie.

Oor dié kwessies het ‘n paneel van kundiges Maandag (20 Junie) tydens ‘n bespreking by die 2011 Global Media Forum in Bonn, Duitsland, oor die mensereg van toegang tot skoon water en sanitasie ooreengekom. 

Me. Catarina de Abuquerque, ‘n onafhanklike kenner van die Verenigde Nasies oor die kwessie van menseregte wat verband hou met veilige drinkwater en sanitasie, sê toegang tot skoon water en sanitasie is nie net in ontwikkelende lande ‘n probleem nie. “Ek het al ‘n vrou in Slovenië besoek wat elke dag meer as twee ure moes loop om water in emmers te gaan haal omdat sy nie lopende water by haar huis het nie.”

Wetgewing nie afdwingbaar

Sy sê tans is daar geen wet waarvolgens lande gedwing kan word om te sorg dat al hulle inwoners toegang tot skoon water en sanitasie het nie, en Suid-Afrika is die eerste land in die wêreld wat dié mensereg in sy grondwet ingesluit het. “Die VN kan dus nie regerings straf as hulle mense nie dié diens het nie, want hulle verbinding daartoe is slegs ‘n onderneming dat hulle dit tot die beste van hulle vermoë sal probeer verskaf.”

Mnr. Rolfe Eberhardt, ‘n beleidskenner van Suid-Afrika, sê egter dit is een ding om so ‘n reg in jou grondwet te hê, maar ‘n ander oor of dit werklik toegepas word. Hy’t bygevoeg dat geen regering die verskoning kan gebruik dat infrastruktuur hiervoor te duur is om aan mense te verskaf nie – “want dit is een van die mees bekostigbare stelsels om te installeer.”

Abuqeurque sê dié VN se bepaling sê wel nie dat water verniet en in groot hoeveelhede aan almal verskaf moet word nie. “DIt moet bekostigbaar wees vir almal, en dié wat dit nie kan bekostig, hulle moet deur die staat bygestaan word.”

Ekonomiese invloed

‘n Tekort aan water en sanitasie in openbare plekke, soos skole, het al daartoe gelei dat vele kinders, veral jong meisies, vir weke van skole af wegbly, vertel De Abuquerque. “Sou die nodige sanitasie en water verskaf word, sal dit beteken dat kinders by die skool sal wees, wat beteken jy het ‘n opgevoede jeug wat in die toekoms ingeligte besluite vir jou ekonomie sal maak”.

Volgens Abuquerque sal skoon water en sanitasie in openbare plekke ook lei tot ‘n meer gesonde samelewing, wat beteken minder mense sal van die staat afhanklik wees omdat hulle sieklik is en mense sal meer by die werk kan wees.

Nie te min water

Ten opsigte van die wêreld se watervoorraad sê Abuquerque daar is genoeg water, dit hang net af van hoe dit tans verdeel word. “Toegang tot water het tans te doen met mag. As ek deur Egipte ry, dan sien ek baie swembaddens. Daar is dus water, dit hang net af van hoe dit verdeel word.”

Wat voedselproduksie aanbetref, meen Abuquerque moet daar ook na verdeling gekyk word. “Sowat 70% van die wêreld se water word tans gebruik om voedsel te produseer, en die meeste daarvan word aangewend om luukse kos, soos pynappels uit Argentinië, of eksotiese arbeie uit Europa, te produseer. Hierdie is kosse wat net deur sekere inkomstegroepe bekostig kan word,” Sy meen daar moet dalk weer na dié waterverdeling gekyk word.

* Alani Janeke woon die forum in Duitsland by op uitnodiging van Deutsche Welle.

22 Junie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.28
+0.3%
Rand - Euro
18.35
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.71
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Goud
1,767.46
-1.7%
Silwer
22.21
-4.1%
Palladium
1,878.55
-1.1%
Platinum
999.29
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bietjie van 'n Romantikus wat graag geselsdap soek
Ek is vriendelike mens wat nie baie issues het nie. Ek is 'n 'software developer' en as sulks baie lief vir tegnologie. Ek hou daarvan om lekker te lag word ook...
Passionate.
Hou van eerlikheid. Is nog jonk van gees. Hardwerkend. Passionate vir ware liefde. Hou van shopping en uiteet. See vakansies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot