
Belanghebbendes in die rooivleisbedryf en verbruikers kan vir die eerste keer ’n eenvoudige, toeganklike webwerf vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf gebruik danksy die Rooivleisbedryfsforum.
Die nuwe webwerf, www.redmeatsa.co.za, dien as ’n portaal wat nuus en inligting oor byeenkomste en bemarking ten opsigte van bees-, skaap-, lams- en varkvleis verskaf.
Lede van die Rooivleisbedryfsforum se kontakbersonderhede sal op die webwerf beskikbaar wees, asook inligting oor navorsingsprojekte, bedryfsdoelwitte, bedryfstatistiek, resepte en die Cleaver-toekennings.
“Elke deel van die verskaffingsketting word op dié webwerf verteenwoordig. Ons bied met trots dié hulpmiddel aan ons kollegas in die rooivleisbedryf en meen dat alle bedryfsaandeelhouers en verbruikers daarby sal baat vind,” sê mnr. Dave Ford, voorsitter van die forum.
7 Desember 2009