AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Webwerf wat vir jou dink

Gaan "boer" 'n bietjie op die Landboukollege Grootfontein se webwerf, waar 'n magdom inligting oor die landbou beskikbaar is.

Die Landboukollege Grootfontein se webwerf is ’n besoek werd vir enige boer wat daarvan hou om sy werk met die klik van ’n muis te vergemaklik.

’n Magdom praktiese inligting kan gratis by dié internet-adres, gadi.agric.za, gekry word. In die herbarium word ’n besoeker stap vir stap deur die proses gelei om ’n onbekende veldplant te identifiseer. Gaan trek in dieselfde afdeling ’n bestuurskalender vir die veeboer af. Dit is gegrond op top-boere uit verskillende streke se daaglikse take.

Jy kan die kalender sommer daar en dan aanlyn vir jou unieke behoeftes op die plaas en jou eie kudde aanpas. En dan is daar die hele reeks aanlynrekenaartjies: Een skop oombliklik grootvee-ekwivalente vir jou kleinvee-eenhede uit, ’n ander help jou somme maak as jy veld vir kleinvee wil byhuur en by ’n ander voer jy ’n reeks van jou eie boerderysyfers in om vinnig vir jou te help bereken hoeveel ooie jy kan aanhou. Met nog een kan ’n beplande skaapvoerkraal se verwagte wins vooraf bereken word.

Sit jy met die hande in die hare oor hoe om met jou planter met grondgedrewe eenhede gewasse teen die korrekte plantdigtheid aan te plant? Klik op die skakel “Pulley size & RPM”. Deur enkele syfers oor onder meer die aantal tandratte op die plantereenheid se aandryfwiele in te voer, kan die afstand tussen sade akkuraat bereken word.

Noem ’n meeteenheid – van lengte, oppervlak, volume, gewig, energie, krag, selfs wringkrag – en dit kan met die aanlynomskakelaars in ’n ekwivalente eweknie omgeskakel word. Die geometriese formules maak dit vir ’n plaasingenieur maklik om tjop-tjop die nodige afmetings vir ’n nuwe stuk bouwerk of toestel uit te werk.

Gaan gooi gerus ook ’n oog oor die afdeling vir navorsing oor verskillende aspekte van die landbou. Daar is ’n magdom inligting beskikbaar in verslae, Grootfontein se vaktydskrif en die navorsers se wetenskaplike artikels.

Daar is onder meer ’n ontleding van reënvaldata vanaf 1888 wat daarop dui dat die gebied rondom Grootfontein in die volgende vyf jaar ’n paar seisoene met ondergemiddelde reënval kan verwag.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
21.01
-0.5%
Rand - Euro
18.73
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.54
-0.5%
Palladium
1,670.94
+0.1%
Goud
1,910.45
-0.1%
Silwer
23.45
-0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,786
+0.2%
Alle aandele
79,939
+0.2%
Hulpbronne 10
74,823
+0.2%
Industriële 25
102,924
+0.3%
Finansiële 15
16,565
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot