AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

'Wees doeltreffend en boer vooruit'

Doeltreffendheid bly ’n prioriteit vir die landbou in 2015 en daarna, sê Standard Bank se hoof van landboubesigheid.

Alhoewel brandstofpryse gedaal het, arbeidsverhoudinge in die landboubedryf meer konstruktief was en gunstige klimaatstoestande oor die algemeen goeie oeste opgelewer het, moet boere steeds bly fokus op die verbetering van doeltreffendheid gedurende 2015.

Aldus mnr. Nico Groenewald, Standard Bank se hoof van landboubesigheid. “Die landbou was die een bedryf wat verlede jaar momentum behou het en noodsaaklike steun aan die algemene ekonomie gebied het in soms moeilike tye. Dit was moontlik deels weens die bedryf se pro-aktiewe samewerking met die Regering en ander belanghebbendes om arbeidskwessies op te los, wat daartoe gelei het dat die arbeidsonrus van 2013 nie herhaal is nie.

“Die bedryf het ook sy bereidwilligheid gewys om ’n volhoubare weg vorentoe te help vind vir grondeienaarskap. Deur oopkop te wees oor twee sulke fundamentele invloede op die landboubedryf se lewensvatbaarheid, het produktiwiteit en gevolglik die bedryf se mededingendheid ’n hupstoot gekry.

“Ons moet egter verseker dat ons dié jaar gesamentlik ’n paar definitiewe gevolgtrekkinge gemaak wat die bedryf in staat sal stel om sterk te groei en daardeur ’n voorkeurwerkgewer en –loopbaan te raak. Gesamentlik sal al hierdie faktore Suid-Afrika groter voedselsekerheid bied.

“Ons moet ’n holistiese perspektief van die landbou moet hê, eerder as om dit as ’n versameling van verskillende bedrywe, elk met sy eie belange, te sien. Dit beteken ook dat die landbou moet voortbou met die neiging om hoogs georganiseerd te wees en sodoende die belange van sy lede meer doeltreffend te beskerm en te bevorder.

Groenewald haal die voorbeeld van Graan SA aan, wat pro-aktief was in die vestiging van nuwe markte en die fasilitering van bekostigbare insette en die winsgewendheid van produkverkope namens boere. Vir Groenewald versterk voorbeelde soos hierdie die behoefte aan doeltreffendheid op alle vlakke van die landbou, nie net op die plaas nie.

“Een van die dringende doeltreffendheidskwessies wat ons moet aanspreek as ’n georganiseerde en vooruitstrewende bedryf, is waterverbruik. Daar is soveel meer wat ons, as die land se grootste waterverbruiker, kan doen om te verseker dat ons slegs die hoeveelhed gebruik wat noodsaaklik is vir produksie.”

Wat dit betref, glo Groenewald dat boere presisietegnologie moet toepas. “Om die waarheid te sê, is tegnologie in die algemeen ’n betekenisvolle faktor – nie net in doeltreffende boerdery nie, maar ook in ‘n groener boerdery. Soos presisie-aanwending van water vir oeste byvoorbeeld aangetoon het, ontstaan voordele vir die omgewing nie net eenvoudig as gevolg van verminderde waterverbruik nie. Dit word ook veroorsaak deur ’n vermindering in die gebruik van alle hulpbronne. Die pomp van water op ’n presisiegrondslag beteken laer energieverbruik. Dit het weer laer kostes tot gevolg en dus groter winste.”

Selfs die huidige laer brandstofprys is ’n rede om bedryfsdoeltreffendheid te verstewig. Groenewald besef dat die meeste boere nie brandstof kan opgaar nie, maar hy beveel nietemin aan dat, waar moontlik, boere produksieskedules aanpas om voordeel te trek uit die laer prys. “Selfs wanneer dít nie moontlik is nie, kan die laer brandstofpryse vir jou besparings inhou indien jy waaksaam bly oor brandstofverbruik, saam met al jou ander faktore.

“Slim brandstofverbruik sal ten minste jou bedryf groener maak. Dit is aantreklik vir banke soos ons, wat finansieringsopsies daarstel gegrond op die feit dat daar gewoonlik ’n aanvanklike kapitaaluitgawe nodig is om groener te word, maar dat omgewingsvoordelige bedrywe mettertyd aansienlike opbrengste op belegging genereer.”

Vanjaar gaan nie anders wees as ander jare wat betref die uitwerking van dinamiese faktore soos die internasionale prys van voedsel en insette, skommelinge in die wisselkoers en onvoorspelbare weerpatrone op die plaaslike bedryf nie.

“Boerdery is ’n langtermyn-waagstuk,” sê Groenewald. “Daar is geen vinnige oorwinnings nie. Daarom bly die beste manier om lewensvatbaar te bly dieselfde, ongeag die huidige neigings. Bestuur jou plaas soos ’n besigheid is. Verstaan jou kostes en jou markte. Beplan in die fynste besonderhede vooruit. Maak voorsiening vir risiko’s hetsy deur jou eie beleggings of versekering. En verskans minstens een-derde van jou produkprys sodat jy gerus kan wees oor daardie inkomste en terselfdertyd kan kapitaliseer op prysverhogings aan die einde van die seisoen.

“Met hierdie basiese beginsels in plek is daar geen rede waarom 2015 nie ’n goeie jaar sal wees nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Soek geselskap
Ek hou van gesels Ek is eerlik en opreg. Ek hou van die natuur. Ek hou van diere. Ek hou daarvan om na myself om te sien.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot