
’n Leerprogram waarmee ’n mens maklik, goedkoop en op jou rekenaar kan leer om meer rekenaarvaardig te wees, is pas deur die onderneming HS Training ontwikkel.
Volgens mnr. Johannes Jordaan van HS Training is die rekenaar nou ‘n noodsaaklikheid vir elke boerdery, maar opleidingsentrums is dikwels ver van ’n plaas af. Dit is ook duur en ongerieflik om klasse by te woon en nuwelinge is dikwels bang om met ’n rekenaar vertroud te raak.
Daarom is ’n program ontwikkel waarmee boere self kan leer om hul vaardigheid te verbeter. Die program is op ’n CD beskikbaar. Jordaan sê die program is nie net geskik vir boere nie, maar ook vir hul eggenotes, kinders en werknemers.
Vir meer besonderhede stuur ’n e-pos na info@hstraining.co.za, faks na 021 906 4071 of bel 073 497 8823.
22 Julie 2009