
Lesers wat 'n 2014-uitgawe van Koos en Marietjie le Roux se meganisasiegids wil wen, moet vinnig spring, want die eerste e-pos wat ons hier by Landbou.com trek, wen die prys!
Volgens die samestellers is die gids so saamgestel dat die verskillende trekker-werktuigkombinasies se koste afsonderlik en gesamentlik van die tabelle afgelees kan word in rand per uur of rand per hektaar. "Vir elke trekker-werktuigkombinasie word die brandstofverbruik in liter per uur of liter per hektaar aangetoon. In 'n volgende tabel word die brandstofverbruik in rand per uur of rand per hektaar aangedui. Die werktempo van die trekker-werktuigkombinasie word ook gegee in hektaar/ton/km per dag."
Voorbeelde van hoe om meganisasiebeplanning aan te pak en om 'n kostevergelyking op te stel, is ook ingesluit. Dis 'n nuttige handleiding vir 'n boer wat die koste van meganisasie wil bereken.
Stuur jou e-pos na petro.bosman@media24.com en ons sal die wenner binnekort bekendmaak.