AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Wenbul toon sy staal by Royal-skou

'n Ou boereraat het 'n eens siek bul se lewe help red sodat hy vanjaar by die Royal-skou as opperste kampioenbul aangewys is.

’n Pin2Zyl-bul, wat ’n jaar gelede by die dood omgedraai het, het vanjaar skoonskip gemaak by die Royal-skou in Pietermaritzburg en weggestap as die opperste kampioenbul by die skou. Boonop het die Pin2Zyle ook die kampioen en reserwe-vleisbeeskoei en die beste groep van twee diere by die interras-kompetisie opgelewer.

’n Jaar gelede het mnr. Paul Bester, die kuddebestuurder vir die Bertie van Zyl Edms. Bpk.-boerdery, vir Motomo Tommie, die wenbul, vir die Vryburg-skou voorberei. Net voor die vertrek na die skou het ’n spinnekop die bul net bo sy hoef gebyt. Vyf infeksieletsels en bykans R40 000 se veeartseny-rekeninge later was Paul bykans moedeloos. “Die bul wou net nie meer eet nie en het al swakker geword. Ek het mooi met hom gepraat en aangemoedig om vas te byt – ’n plan sal ons maak,” verduidelik Paul.

Die plan was ongehoord. “Meeste kundiges sal droë voer aanbeveel in hierdie omstandighede, maar ek het besluit om ’n boerbok se pensinhoud in water te meng en dit vir die bul te gee. Dit is ’n ou boereraat vir herkouers wat nie wil vreet nie. Sy poot het ons drie maal per dag in skoon petrol geweek om van die infeksie ontslae te raak,” verduidelik Paul. Daar moes bykans 15 mm van die besmette poot se hoef afgefeil word om die voorpote ewe lank te kry en die res is geskiedenis.

Nadese gaan Tommie se naam ook verander. “Ons het die gewoonte in ons kudde om diere wat uitstekend presteer, die voorvoegsel ‘Sir’ of ‘Lady’ te gee. Tommie sal dus nou ‘Sir Tommy’ word,” glimlag Paul trots.

Die reserwe-interraskampioenbul op die skou was H-A-W Uprise van die Hide-A-Ways Angus-stoet van mnr. Piet Delport van Migdal. Die interras-kampioenmelkkoei was die Holstein-koei, Josina Beatrix van mnr. Niel van Rensburg van Amersfoort. Mnr. en me. Scheepers en Alta Lamprecht van die Rooihek Dormer-stoet op Amersfoort het die interras-ooikampioen geteel. Dieselfde ooi was ook die senior en groot Dormerooi-raskampioen. Die interras-kampioenskaapram op die skou was ’n Suffolk van me. Fiona Laird-Portch, eienaar van die Clanlaird Suffolk-stoet in Catchcart.

Volgens me. Jenny Frazer, die organiseerder van die landbou-afdeling van die skou, was hierdie jaar se skou weer ’n groot sukses. “Ten spyte van die landwye verskynsel van krimpende veegetalle by skoue, is die gehalte van die diere steeds merkwaardig. Ons het vanjaar die beoordeling van al die klasse in slegs vier dae ingepas, twee dae minder as vorige jare. Die korter periode wat die diere en die boere van die plaas af weg is, is baie goed ontvang en sal verseker die struktuur wees vir komende jare,” verduidelik Jenny.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.89
+1.0%
Rand - Euro
18.63
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,652.17
-1.0%
Goud
1,913.26
-1.9%
Silwer
23.47
-2.1%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Tiek jy dalk my boksies?
Ek is 'n onafhanklike, selfversorgende weduwee, gebless met 'n skerp sin vir humor en 'n kreatiewe streep. Ek is lief vir mense, hou van kuier, die natuur en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot