
KWV het die vierde agtereenvolgende jaar met die louere as beste wynprodusent weggestap deur 7 dubbelgoue en 10 goue medaljes te verower. Spier het 7 dubbelgoue en 6 goue medaljes ingepalm, gevolg deur Nederburg met 6 dubbelgoue en 10 goue medaljes.
Dubbelgoue medaljewenners:
Die wyne wat aan KWV dubbelgoud glorie besorg het, is: KWV The Mentors Sauvignon Blanc/Sémillon 2009, Laborie Blanc de Blanc MCC 2010, KWV Abraham Perold Tributum 2011, KWV The Mentors Petit Verdot 2011 en KWV The Mentors Sauvignon Blanc 2012. Die Paarlse produsent het in die Museumklas twee dubbelgoue medaljes losgeslaan met die KWV Reserve Port Limited Edition 672 1929 en KWV White Muscadel Jerepigo 1968.
Spier se 7 dubbelgoue presteerders is: Spier Private Collection Chenin Blanc 2009, Spier Creative Block 5 (Cabernet Sauvignon/Merlot/Cabernet Franc/Malbec/Petit Verdot) 2011, Savanna Naledi Chardonnay 2012, Spier 21 Gables Pinotage 2012, Spier 21 Gables Chenin Blanc 2013, Spier Private Collection Chardonnay 2013 en Spier 21 Gables Sauvignon Blanc 2014.
Nederburg het 'n halfdosyn dubbelgoue medaljes opgeraap met die volgende wyne: Nederburg Private Bin Edelkeur Chenin Blanc NLH 2003, Nederburg Private Bin Edelkeur Chenin Blanc NLH 2006, Nederburg Private Bin R163 Cabernet Sauvignon 2009, Nederburg Private Bin R181 Merlot 2009 en Nederburg Heritage Heroes The Young Airhawk Sauvignon Blanc 2013. Nederburg Private Reserve Port 1964 het dubbelgoud in die Museumklas gewen.
Anura, Graham Beck Wines en Simonsig het elk twee dubbelgoue medaljes verower saam met hul goue wyne.
Altesaam 20 kelders het elk een dubbelgoue medalje gewen: Boplaas Family Vineyards, Cederberg Private Cellar, DGB Boschendal, Diemersdal Wine Estate, Eagles’ Nest Wines, Flagstone Winery, Ghost Corner, Guardian Peak, Jordan Wine Estate, Lomond, Longavi (Chili), Moreson, Neil Ellis Wines, Perdeberg, Pulpit Rock, Rustenberg, Saronsberg, Steenberg, The High Road en Windmeul.
Getal medaljes:
Altesaam 1 767 wyne en brandewyne het vanjaar om Veritas-glorie meegeding. Rooi versnitte, met 252 inskrywings, was die grootste klas gevolg deur Shiraz (190) en Sauvignon Blanc (189). Die kategorie vir brandewyn het die inskrywings van 31 standaard- en potketelbrandewyne gelok. Na 5 dae van streng beoordeling is 'n totaal van 51 dubbelgoud-, 155 goud-, 538 silwer- en 601 bronsmedaljes toegeken.
Sauvignon Blanc was die toppresteerder wat die dubbelgoudmedaljes betref, met 7 toekennings, gevolg deur Chardonnay (5), Potketelbrandewyn (5), Ander Rooi Versnitte (4), Chenin Blanc (3), Bordeaux-versnitte (3), Cabernet Sauvignon (3), Shiraz (3), Museum-witwyn (3), Merlot (2), Pinotage (2), Museum-edellaatoes (2), Museum-port (2), Sémillon (1), MCC (1), Kaapse Versnit (1), Ander Rooi Kultivars (1), Port (1), Museum-rooiwyn (1) en Museum Wit Dessert (1).
Chardonnay het die meeste goue medaljes opgelewer met 13 toekennings, gevolg deur Shiraz (12), Ander Rooi Versnitte (11), Bordeaux versnitte (10), Potketelbrandewyn (10), Chenin Blanc (8), Sauvignon Blanc (8), Cabernet Sauvignon (7), Port (7), Ander Rooi Kultivars (6), Merlot (5), Museum Wit Dessert (5), Natuurlik Soet (4), Edellaatoes (4), MCC (4), Kaapse Versnit (4), Wit Muskadel (4), Wit Versnitte (3), Museum witwyn (3), Museum Edellaatoes (3), Strooiwyn (wyn van natuurlik-gedroogde druiwe) (2), Pinot Noir (2), Pinotage (2), Rooi Muskadel (2), Museum rooiwyn (2), Museum rooi dessert (2), Standaardbrandewyn (2), Colombar (1), Riesling (1), Sémillon (1), Viognier (1), Ander Wit Kultivars (1), Spesiale Laatoes (1), Rosé (1), Cabernet Franc (1), Sjerrie (1), Museum MCC (1).
Brandewyn:
Suid-Afrika se voorste brandewynprodusente het gesamentlik 5 dubbelgoue en 10 goue medaljes ingepalm. KWV het 2 van die 5 dubbelgoue toekennings gewen met die KWV 12 Year Barrel Select Brandy en KWV Alambic 15 Year Brandy Limited Release.
Veritas dubbelgoue medaljes is ook toegeken aan Elsenburg Landboukollege se 13 Year Potstill Brandy, Oude Meester Demant Postilled Brandy en Van Ryn se Fine Cask Reserve 15 Year Brandy.
Byskrif: Die toppresteerders by die 2014 Veritas-toekennings: Agter van links is mnre. Hannes Meyer (Simonsig), Frans Malan (Spier), Charles Hopkins (Veritas) en Wilhelm Pienaar (Nederburg). Voor: Johann Fourie (KWV), Erika Obermeyer (Graham Beck) en Johnny Calitz (Anura). Foto: Andrew Gorman