AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Wes-Kaapse Boer van die Jaar

‘n Boerdery wat 55 000 liter melk per dag produseer en dubbeld soveel melk verwerk, is die Wes-Kaap se Boer van die Jaar.

‘n Boerdery wat 55 000 liter melk per dag produseer en dubbeld soveel melk verwerk, is die Wes-Kaap se Boer van die Jaar.

Dié toekenning as provinsiale Boer van die Jaar deur die Wes-Kaapse tak van Landbouskrywers SA is Vrydag tydens ‘n geselligheid buite die Paarl aan die Fair Cape-groep gedoen. Dr. Piet Stassen is die Wes-Kaap se Landboukundige van die Jaar en die Agri Dwala-groep is aangewys as Opkomende Boer van die Jaar.

Die Fair Cape-groep bestaan uit die Loubser-broers (Viljee, Melt, Eduard, Johannes en Louis) wie besef het dat die plaaslike mark hul beste en feitlik enigste mark is. Derhalwe het hulle hul boerdery op Welgegund, naby Durbanville, sedert 1995 soveel verbeter dat dit vandag aan die beste internasionale standaarde vir ‘n melkery voldoen en al talle pryse vir hul produkte verower het.

Melk 1 400 koeie

Die boerdery sien om na sowat 3 000 vroulike diere en melk sowat 1 400 koeie drie keer per dag. Die koeie produseer sowat 55 000 liter melk per dag en woon in vier koeihuise wat spesiaal vir hul gemak ontwerp is. Fair Cape verwerk 110 000 liter melk per dag: 40% daarvan as vars melk en 60% is melkprodukte waarby Fair Cape waarde toevoeg (soos jogurt, nageregte en vla).

Gewasse (koring, hawer, lupiene, medics en kanola) word op sowat 2 000 ha verbou en daar is ook ‘n wingerd (ongeveer 120 hektaar) met rooi en wit kultivars wat reeds talle pryse by Boland Kelders gewen het.

Die Loubsers is die sesde geslag op die plaas en van hul werkers is al die vyfde geslag daar. Hul onderneming het uitmuntend daarin geslaag om werk te skep. Selfs die afhanklikes van plaaswerkers het werk. In 1995 was daar 30 werkers op die plaas. Vandag werk daar 863 mense vir die groep, waarvan 82 op die plase werksaam is.

Dr. Piet Stassen

Dr. Piet Stassen word wêreldwyd erken vir sy bydraes tot voeding van sagtevrugtebome, navorsing oor koolhidraatreserwes, die manipulering van avokado- en mangobome en sy kennis ten opsigte van onderstamme vir steenvrugte.

Hy was vanaf 1970 tot 1984 nou betrokke by die ontwikkeling van stelsels vir die intensiewe verbouing van sagtevrugte en subtropiese vrugte en neute. Hy het die intensiewe stelsels − veral ten opsigte van steenvrugte – aangepas en verfyn. Hy het gehelp om nuwe snoeitegnieke te ontwikkel om groei te bestuur en drag te bevorder.

Hy is ook 'n groot voorstander daarvan om altyd uit te kyk vir onderstamme wat waarde kan byvoeg vir die produsent. Vandag is daar onderstamme beskikbaar vir pruime en perskes om bykans alle omstandighede te dek.

Pionierswerk met rooibostee

Stassen is deur die Rooibosteeraad vereer vir pionierswerk wat daartoe gelei het dat die leeftyd van plantasies drasties verleng kon word en dat teekwaliteit verhoog word. Sy veranderde oespraktyke word vandag nog deur produsente gebruik.

Oor die onderwerp van boommanipulasie skryf Piet altesame 55 publikasies en gee tientalle lesings. Sy werk lewer resultate wat 'n omwenteling teweeg bring in die subtropiese bedryf.

Hy was onder meer ‘n afdelingshoof by twee institute van die Landbounavorsingsraad. Ook dosent aan die Universiteit van die Vrystaat en Stellenbosch aan die Universiteit van Zululand.

Hy het 'n tydperk van meer as 30 jaar konsultasiewerk vir perskes, avokado’s, mango’s, lietsjies, sitrus en verskeie ander gewasse in alle dele van Suid-Afrika, oorsee, in buurlande en in Egipte gedoen. Hy is ook 'n direkteur vir die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) se landbouprojekte.

Hy dra steeds sy ondervinding en kennis oor op boeredae, inligtingsdae, demonstrasies en kortkursusse landwyd en demonstreer die voordele en tegnieke daarvan.

Die Agri Dwala-groep

Die Agri Dwala-groep boer op 1 540 ha met vleisbeeste, skape, wintergraan en lusern. Die Agri Dwala-trust, die belangrikste aandeelhouer van die Agri Dwala-groep, bestaan uit 29 begunstigdes (wat 15 huishoudings verteenwoordig) met elkeen sy eie eenheidsbewys.


Die Agri Dwala-groep het drie aandeelhouers, naamlik die Agri Dwala-trust (70%), Piet Blom (15%) en JN van Zyl (15%.) Die konsep van aandeelhouding is belangrik in die model. Die idee is dat nie slegs een persoon bemagtig word om tot die vlak van ‘n kommersiële boer te vorder nie, maar soveel moontlik mense by die projek sal baat vind en ‘n wesenlike verskil aan die gemeenskap sal maak.

Hul werkswyse om ekonomiese lewensvatbaarheid te verseker is die gebruik van ‘n ekonomie van skaal-beginsel. Daarom is die oorspronklike 640 ha huurgrond sedert die groep se ontstaan in 2006 reeds meer as verdubbel.

Die plase word as deel van ‘n geheel bestuur. In die graanvertakking word koring, gars, hawer, kanola en lupine op ‘n rotasiestelsel verbou. Die groep gebruik die nuutste plantertegnologie om gewasse mee te plant. Die bewaring van grondvog, die voeding van mikro organismes en die opbou van organiese materiaal in die bogrond is vir hulle belangrik.

Kudde het goed verbeter

Vandag spog die groep met 169 puik vleisraskoeie. Die kudde is in die laaste vyf jaar goed verbeter Die koeie handhaaf ‘n gemiddelde tussenkalfperiode van 380 dae met ‘n kalfpersentasie van 93%. Die vleisbeeskuddde is in Junie 2006 saamgestel uit die beeste en die koeie waarmee die begunstigdes op hul erwe in die dorp geboer het.

Die skaapkudde het aanvanklik uit Merino-ooie bestaan. ‘n Lampersentasie van 123 per ooie gepaar en speenpersentasie van 114 is behaal. Die Dohne-Merino-ooilammers word geklas en die beste 60% word geselekteer en as vervangingsooie gebruik.

Die begunstides leer om hul sukses te deel deur jaarliks ‘n tiende van hul dividende aan ‘n welsynsinstansie van hul keuse op die dorp Napier te skenk. So word die sukses van die projek as ‘n rimpel-effek in die gemeenskap gevoel en baat soveel meer mense daarby.


Die groep is tans besig om hul boerdery verder te diversifiseer deur ‘n gastehuis en ‘n selfsorg-akkommodasie eenheid uit bestaande geboue op die grond op te rig. Die bestaande stoor word ook ontwikkel sodat dit geskik sal wees om dit as trouperseel en konferensiegerief te gebruik.

24 Oktober 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot