AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Weston trap diep landbouspore

Weston Landboukollege, wat vanjaar sy 100-jarige bestaan vier, werk voort om goeie landboukundiges te help vorm.

Die inwyding van ’n nuwe pawiljoen, ’n goeie rugbywedstryd, ’n Jonny Clegg-vertoning en vele stories en herinneringe deur oud-skoliere wat mekaar weer na jare by die kollege ontmoet, was volgens die huidige visiehoof, mnr. Jo Sadowski, die hoogtepunte van die honderdjaar-feesvieringe by Weston Landboukollege.

Na honderd jaar is Weston, in Mooirivier, KwaZulu-Natal, steeds vuur en vlam vir die opleiding van landboukundiges. “Oor die jare heen het die kollege deur vele veranderinge en uitdagings steeds sy voete in ’n enkele visie geanker gehou – om goed opgeleide landboukundiges op te lewer. Praktiese opleiding en deelname van elke leerling in die kollege aan die praktiese take op die plaas was, is en sal die kern van ons opleidingstelsel bly,” meen Jo.

Die skool is op 17 Augustus 1914 in die lewe geroep op die perseel wat in die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902 deur die Britse weermag as ’n basis gebruik was. Die skool is genoem na die eerste goewerneur van Natal, Martin West, en is aanvanklik as ’n handelskool bedryf.

Sedertdien het Weston vele mylpale bereik. “Dit gaan egter nie oor individuele prestasie nie, maar eerder hoe sukses en persoonlike ontwikkeling in ’n gemeenskap bevorder kan word. By Weston streef ons daarna om seuns uithouvermoë, vasberadenheid en gesonde selfvertroue te leer. Die individu is verseker belangrik, maar waardes soos selfdissipline, integriteit en gesonde selfvertroue, floreer in groepsverband. Só help ons seuns om mans te word en veranderinge en uitdagings sonder vrees aan te pak,” sê Jo.

Toerusting en finansiering is nou die kollege se grootste uitdaging volgens Jo. “Om ’n skool en ’n kommersiële boerdery te bedryf en seuns op te lei sodat hulle die nuutste tegnologie met vertroue kan gebruik, verg ’n sterk, volhoubare finansiële onderbou. Daarvoor het ons finansiering nodig en ons is hard aan die werk om dit te bekom.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
-2.2%
Rand - Pond
21.06
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
974.67
-4.9%
Palladium
1,630.14
-2.4%
Goud
1,866.26
-2.4%
Silwer
22.48
-4.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot