AFGRI
BEAN
01 Feb
-
9790
-69,00
CORN
01 Feb
-
4566
-91,00
SOYA
01 Feb
-
9580,2
-19,80
SUNS
01 Feb
-
11295
265,00
WEAT
01 Feb
-
6770
-12,00
WMAZ
01 Feb
-
4360
-80,00
YMAZ
01 Feb
-
4440
-81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Wet kan 'uitheemse' wildsoorte knou

Die nuwe biodiversiteit-wetgewing hou nie net implikasies vir leeuboere in nie. Wildboerdery met uitheemse groot herbivore word ook geraak.

Die nuwe biodiversiteit-wetgewing hou nie net implikasies vir leeuboere in nie. Wildboerdery met uitheemse groot herbivore word ook geraak.

Wildboerdery met uitheemse plantvreters het oor die jare heen 'n ekonomiese werklikheid in provinsies soos die Vrystaat en die Oos- en Noord-Kaap geword.

Wildboere het toenemend met permitte van natuurbewaringsowerhede wildsoorte begin aanhou wat nie noodwendig eie aan hul streek is nie, maar 'n veel hoër markwaarde as plaaslike soorte het. Dit sluit bontebokke, lechwes, swartwitpense en bastergemsbokke in. Kleur-mutasies, soos wit springbokke en blesbokke, het ook vanweë hul veel groter geldwaarde volop geword.

Die skuif is deur kommersiële oorwegings gedryf. Vandag sê talle wildboere in dié gebiede dit is nie meer vir hulle finansieel die moeite werd om net met soorte inheems aan hul streek te boer nie. "'n Wildboer kan nie uit blesbokke, swartwildebeeste en springbokke geld maak nie - dit is nie winsgewend nie.

As ons moet doen wat die puriste van ons verwag, gaan driekwart van die wildboere in die Vrystaat na skape en beeste oorskakel," sê mnr. Borrie Erasmus, voorsitter van die Vrystaatse Wildvereniging.

Erasmus het al meer as tien jaar gelede, met die nodige permitte van Natuurbewaring, bontebokke na sy plaas by Senekal gebring.

Dr. Johan Kriek, veearts en wildboer van Kimberley, sê ook die owerhede moet besef dat inheemse wild uitgeskiet sal word om vir vee plek te maak as boere nie van die skaarser soorte mag invoer nie. "Sodra 'n geldwaarde aan 'n wildsoort gekoppel word, verseker dit sy voortbestaan. 'n Boer sal tog nie toelaat dat sulke duur diere verbaster of iets oorkom nie."

Afgesien van 'n translokasie-beleid vir die voormalige Kaapprovinsie was daar tot dusver geen nasionale riglyne wat die uitreiking van permitte deur die onderskeie provinsiale owerhede gereguleer het nie. Boere kla dat dit 'n lastige gebrek aan eenvormigheid tot gevolg gehad het.

In die nuwe biodiversiteitswetgewing word 'n hele hoofstuk aan die beheer van uitheemse, en veral indringersoorte, gewy. Die gestelde doelwit is om die invoer en verspreiding van indringers te verhoed, of om hul skade aan die omgewing en biodiversiteit tot die minimum te beperk.

Ingevolge die nuwe wetgewing moet 'n behoorlike evaluering van risiko's en die moontlike uitwerking op biodiversiteit gedoen word voordat 'n permit (vir die aanhou of die handel in uitheemse soorte) uitgereik word.

Aanvullend tot die nuwe wet word nasionale riglyne oor die aanhou en hantering van groot herbivore nou saamgestel. Dit is soortgelyk aan die stel voorgestelde reëls oor die hantering van roofdiere wat onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is.

Ingevolge die wet sal verskillende plant- en diersoorte in die riglyne as uitheems, inheems of indringers geklassifiseer word.

Dr. Kas Hamman, voorsitter van die komitee wat die riglyne moet saamstel, sê daar sal waarskynlik ses kategorieë wees waarvolgens die onderskeie wildsoorte verskuif of gevestig kan word. Sekere wildsoorte wat nie histories in 'n bepaalde streek voorgekom het nie, sal as uitheems of indringers geklassifiseer word.

Elf soorte is tot dusver voorgestel vir insluiting in die sensitiewe kategorie, wat uiters streng gereguleer sal word, sê Hamman.

Die minister sal deur dié kategorieë dus sekere wildsoorte van die voorskrifte mag vrystel hoewel hulle nie histories in 'n bepaalde gebied voorgekom het nie. Hy sal egter ook kan afkondig dat geen permitte vir die aanhou van ander wildsoorte buite hul natuurlike verspreidinggebied uitgereik mag word nie.

Die nuwe reëls sal ook daarop gemik wees om die teel van kleur-mutasies in boktroppe te ontmoedig, sê Hamman. Die riglyne wat sy komitee saamstel, is nog nie gepubliseer nie. 'n Interprovinsiale werkgroep, wat weer vroeg in Mei sal vergader, skaaf nou aan die vierde voorgestelde weergawe.

Talle wildboere wil nou graag weet hoe streng die nuwe voorskrifte oor die aanhou, hantering en die koop en verkoop van uitheemse herbivore gaan wees. Provinsiale owerhede, by wie die uiteindelike seggenskap berus, se voorskrifte sal strawwer as die nuwe nasionale riglyne mag wees, maar nie minder streng nie.

Vrystaatse wildboere het die afgelope twee jaar, met die samewerking van hul provinsiale natuurbewaringsowerheid, 'n stel riglyne saamgestel en hulle hoop dit sal as nuwe beleid aanvaar word.

Erasmus glo die omvattende stel voorgestelde beginsels, norme en standaarde vir die verskuiwing en bestuur van wilde herbivore is volkome in pas met die nuwe wet. Die proses om dit op te stel, is begin nadat provinsiale natuurbewaarders, in die aanloop tot die nuwe wet, 'n strenger nuwe beleid oor uitheemse soorte voorgestel het.

Die jongste besprekingdokument is onlangs deur verteenwoordigers van die provinsiale natuurbewaringsowerheid, die Vrystaatse Wildvereniging en die African Large Predator Research Unit aan die Vrystaatse Universiteit aanvaar. Dit is die produk van wye beraadslaging en uitgebreide samesprekings die afgelope twee jaar.

Luidens dié voorgestelde riglyne moet onderskei word tussen plaaslik- en globaal-uitheemse spesies of subspesies. Plaaslik-uitheemse herbivore word gekategoriseer as dié wat natuurlik noord van die Kunene- en Zambezirivier voorkom. Globaal-uitheems is soorte van buite Afrika.

Plantvreters word vervolgens in drie voorgestelde kategorieë verdeel:

Kategorie 1. Wild wat inheems aan Suid-Afrika en die Vrystaat is, en wat met bepaalde voorvereistes in dié provinsie toegelaat kan word.

Kategorie 2. Wild wat inheems aan Suider-Afrika is, maar nie natuurlik in die Vrystaat voorkom nie. Streng vereistes en voorwaardes moet in dié geval geld.

Kategorie 3. Alle wild wat uitheems aan Suid-Afrika is. Hul invoer moet streng met bepaalde voorwaardes beheer word.

Voorts stel die Vrystaters voor dat plekke waar wild aangehou word ("natuurlewe-fasiliteite"), in vier klasse verdeel word:

Natuurreservate, wat nasionaal, provinsiaal of privaat kan wees. Hier mag net herbivore uit kategorie 1 aangehou word.

Wildplase ("game ranches") is kommersiële instellings wat vir toeriste, jagters en die verkoop van lewende diere voorsiening maak. Hulle moet tot die aanhou van soorte uit kategorie 1 en kategorie 2 beperk word.

Wildparke, wat elemente van wildplase en dieretuine bevat. Al drie kategorieë wildsoorte kan hier aangehou word.

Dieretuine, waar al drie kategorieë ook aangehou kan word. Hulle moet verkieslik aan die vereistes van die African Association of Zoos and Aquaria voldoen.

Beginsel

Die eerste leidende beginsel in die Vrystaters se besprekingdokument is dat genetiese integriteit tot op subspesie-vlak beskerm moet word. Soorte wat kan kruisteel, soos swart- en blouwildebeeste, moet altyd apart gehou word. Geen kruisteling mag toegelaat word nie, behalwe vir geregistreerde navorsingsprojekte. Alle basters moet geslag word hulle mag nie lewend verskuif word nie.

Nog 'n voorgestelde beginsel is dat endemiese soorte, soos die blesbok en swartwildebees, voorrangbeskerming moet geniet en binne hul natuurlike gebied bevorder moet word. Die kommersiële uitvoer van dié soorte na ander lande moet gereguleer word.

Die voorgestelde riglyne omvat ook die kwessie van wetenskaplike evaluerings voordat permitte toegestaan word. Volgens die besprekingdokument mag die natuurbewaringsowerheid vereis dat 'n habitat-evaluering en 'n ontleding van omgewingsgevare eers gedoen word.

Ekonomiese oorwegings mag nooit die handhawing van bewaringsbeginsels in gevaar stel nie, word voorgestel.

Die Vrystaters het verteenwoordigers van hul provinsiale omgewingsake-departement gevra om die besprekingsdokument vir oorweging op nasionale vlak voor te lê. Nou moet hulle wag en sien hoeveel daarvan in die nasionale beleid opgeneem gaan word.

Los eerder kritiek

Die strenger regulering wat in die vooruitsig gestel word, skep 'n misvatting dat wildboerdery net oor geld gaan en boere nie 'n snars vir bewaring omgee nie, sê dr. Johan Kriek.

"Wildplase beslaan vandag 'n gebied tien keer groter as die Krugerwildtuin. Eerder as om boere te kritiseer, behoort die Regering hul hand te vat," sê Kriek.

"Die werklikheid is dat die mens (deur landboupraktyke) 'n klomp mikro-ekostelsels geskep het. Ons hele bewaringstelsel is kunsmatig. Ons moet dit so natuurlik moontlik bestuur, maar ons sal nooit weer kan teruggaan na die idilliese droom (voordat drade gespan is) om net dié soorte aan te hou wat histories in 'n gebied voorgekom het nie."

Mnr. Sarel Wessels, 'n wildplaas-eienaar by Kroonstad, meen ook boere met uitheemse wild word onregmatig verdag gemaak. Hy meen natuurbewaring-permitte vir die verskuiwing van sy diere is oorbodig. "Solank ek aan die veeartsenykundige regulasies voldoen, behoort geen ander permitte nodig te wees nie," sê hy.

30 April 2004

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+2.1%
Rand - Pond
21.06
+1.8%
Rand - Euro
18.72
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.16
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
1,004.13
-0.8%
Palladium
1,669.69
+1.3%
Goud
1,949.52
+1.1%
Silwer
24.00
+1.1%
Brent-ruolie
85.46
+1.1%
Top-40
73,723
+0.4%
Alle aandele
79,817
+0.4%
Hulpbronne 10
75,130
-0.9%
Industriële 25
102,508
+0.2%
Finansiële 15
16,555
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot