
Vyf graanboere is vir Graan Suid-Afrika (GSA) se toekenning vir die Graanprodusent van die Jaar genomineer.
Hulle is mnre. Vicky Bruwer van Douglas, Gert Malherbe van Hertzogville, Francois Uys van Bredasdorp, Jaap van der Westhuizen van Parys en Jan Carlse van Mareetsane.
Drie finaliste gaan eersdaags uit die genomineerdes aangewys word, waarna die wenner op 9 Oktober in Midrand bekend gemaak sal word. Die toekenning word reeds sedert 1999 elke jaar gedoen.
Voordat die verskillende graanbedrywe daardie jaar saamgesmelt het om GSA te vorm, was die toekenning van Mielieman van die Jaar net aan mielieboere.
19 Augustus 2009