AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

WK se boere, kundige vereer

Die Wes-Kaapse Boer, Landboukundige en Opkomende Boer van die Jaar-kompetisie is Vrydagaand deur Landbouskrywers SA op ‘n glansdinee aangewys.

Die Wes-Kaapse Boer, Landboukundige en Opkomende Boer van die Jaar-kompetisie is Vrydagaand deur Landbouskrywers SA op ‘n glansdinee by Domaine Brahms, Agter-Paarl, aangewys.

Hulle is onderskeidelik die A.L.G. Boerdery van Citrusdal, dr. Carel Muller, ‘n spesialis navorser op melkbeeste by die Wes-Kaapse departement van landbou op Elsenburg en mnr. Niklaas Slinger, ’n rooibosteeber van Clanwilliam. Die borge van die geleentheid was Mutual & Federal, Nedbank en Old Mutual.

Foto byskrif: Van links is mnre. Gerrit en Alwyn van der Merwe, Gerrit van Rensburg, minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Carel Muller en mnr. Niklaas Slinger.

Die ALG Boerdery, in die hartland van die vrugbare Olifantsriviervallei naby Citrusdal, voer sitrus-produkte oor die hele wêreld uit. Dit het in 1974 begin met die drie Van der Merwe broers, Alwyn, Lieben en Gerrit, op die plaas Karnemelksfontein. Dié plaas is sedert 1750 in die Van der Merwes se besit. Hulle het dit die ALG Boerdery (die eerste letters van hul voorname) vernoem.

Vandag bestaan die boerdery uit vyf plase, naamlik Karnemelksvlei, Kardouw, Noordhoek, Swartvlei en Bosplaas. Bosplaas is verlede jaar gekoop. Die boerdery het ook een huurplaas en drie ander plase waarop daar bestuurskontrakte is.

Gesamentlik is daar 600 hektaar onder sitrus met vyf verskillende kultivars nawels, nege kultivars sagte sitrus, drie kultivars valencias en suurlemoene en pomelo’s.

Sitrus oor 10 maande

Die sitrusseisoen wat aanvanklik net oor vyf maande (van Mei tot September) gestrek het, is nou tot tien maande (vanaf Maart tot Desember) uitgebrei. Die ALG Boerdery is tans die enigste boerdery in Suid-Afrika wat ‘n volle tien maande lank sitrus kan lewer. Die boerdery wil binne vyf jaar sitrusprodukte vir die volle twaalf maande van die jaar lewer.

Tans het die boerdery 112 permanente werknemers waarvan 91 loonpersoneel is en 21 op vaste salaris werk. Onder die salarispersoneel is agt vroue waarvan drie uitvoerende posisies beklee.

Die eerste oes in 1975 het ‘n totale tonnemaat van 1 930 ton gelewer. Vanjaar is 15 800 ton gelewer.

Die boerdery het sy eie pakhuis in April 1994 voltooi en dit spoedig aangevul met ‘n sapfabriek om sy uitskot-kleinmaat-sitrus te verwerk. ‘n Bees- en skaapboerdery is daarna tot stand gebring en die diere word onder meer met die skille van die sapfabriek gevoer. Gedurende die 1990’s ontwikkel en bou die broers self ‘n snoeimasjien vir hul sitrusboorde. Dit was so suksesvol dat daar reeds sowat 200 van dié “AllCut”-snoeimasjiene oor die hele wêreld verkoop is.

Die boerdery se produkte bereik supermarkte in Suid-Afrika, Afrika, Afrika Eilande, Engeland, Wes-Europa, Oos-Europe, die Midde-Ooste en die VSA. Verder word sy produkte ook in Rusland en die Midde-Ooste versprei. ALG se sitrus word selfs deur die Amerikaanse soldate in Irak geniet.

Het sy staal gewys

Mnr. Niklaas Slinger het die De Lille Boerdery in die Nardouwsberg-omgewing naby Clanwilliam in 1992 begin ná hy 20 jaar as plaaswerker op die buurplaas gewerk het. Op die buurplaas, Vondeling, het Slinger sy staal gewys toe hy alleen saam met die eienares geboer het terwyl haar seun, mnr. JP Theron, op die grens was. Met Theron se terugkeer het hulle Slinger se belangstelling en vermoëns raakgesien en bystand en ondersteuning verleen toe die buurplaas in die mark kom sodat Slinger dit kon bekom.

Slinger het die plaas vanjaar, sonder enige regerings- of ander hulp, afbetaal. De Lille Boerdery produseer rooibostee vir die plaaslike en uitvoermark en Dorper-skape vir die plaaslike mark.

Die plaas beslaan 1 567 ha. Rooibostee word op 430 ha droëland verbou. Vanjaar se geskatte oes is sowat 80 t tee. Die veefaktor bestaan uit 300 Dorper-skape. Slinger besit ook aandele in ‘n nuwe volstruis-boerdery van 100 voëls wat saam met twee kommersiële boere in die omgewing op die been gebring is.

Droog eie rooibostee

Die onderneming droog sy eie rooibostee en ook tee vir mede-boere in die omgewing. Dit word aan Rooibos Bpk. gelewer. Die Dorper-skape word op strategiese tye van die jaar in die binneland bemark.

Met die rooibostee is sy produksie so goed dat hy verlede jaar as een van die SA Rooibosteeraad as se top-20 produsente vereer is.

Die boerdery gee werk aan vyf permanente werkers, wat almal huisvesting op die plaas het, en ‘n addisionele 20 seisoenale werkers.

Slinger is getroud met Sara en hulle het vier kinders en twee kleinkinders. Hy is baie trots daarop dat al sy kinders gematrikuleer het. Een van sy seuns werk op die plaas en sal moonlik die boerdery oorneem. Slinger beywer hom reeds daarvoor om sy kundigheid en ervaring aan sy opvolger oor te dra.

Navorsing oor melkbeeste

Dr. Carel Muller is ‘n spesialis navorsingswetenskaplike op melkbeeste by die Wes-Kaapse departement van landbou op Elsenburg.

Op verskeie terreine doen hy baanbrekerswerk en is die eerste suiwel-wetenskaplike om leemtes in betrokke navorsingsvelde te vul. Hy was byvoorbeeld die eerste in Suid-Afrika om die impak van die omgewing (soos skaduwee, loopspasie in die winter en die uitwerking van winterreën) op die produksie en welvaart van melkkoeie te bepaal.

Muller het navorsing gedoen oor die gedrag van koeie onder verskillende behuisingstoestande, hy het die waarde van ’n wetenskaplike bulseleksieprogram gedemonstreer en ’n metode ontwikkel om laagproduserende eerstelaktasiekoeie vir uitskot te identifiseer.

Genetiese ontleding

Hy het ook die impak van vervangingstempo bepaal, die voordele van gereelde kalwings gedemonstreer asook die volhoubaarheid van produksie in laat-laktasie. Hy het met kruistelingsprojekte in melkbeeskuddes begin en genetiese ontleding vir die Suid-Afrikaanse melkbokbedryf gedoen.

Muller het ook met die aanbieding van melkbeesvoeding- en telingskursusse in die 1980’s op Elsenburg begin.

Muller dien in die raad van die SA Vereniging vir Veekundiges (SAVVV) en is ’n geregistreerde lid van die SA Raad vir die Veekundige Professies.

Die nasionale wenners word op 12 November in Port Elizabeth aangewys.

25 Oktober 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.28
+0.3%
Rand - Euro
18.35
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.71
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Goud
1,767.46
-1.7%
Silwer
22.21
-4.1%
Palladium
1,878.55
-1.1%
Platinum
999.29
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bietjie van 'n Romantikus wat graag geselsdap soek
Ek is vriendelike mens wat nie baie issues het nie. Ek is 'n 'software developer' en as sulks baie lief vir tegnologie. Ek hou daarvan om lekker te lag word ook...
Passionate.
Hou van eerlikheid. Is nog jonk van gees. Hardwerkend. Passionate vir ware liefde. Hou van shopping en uiteet. See vakansies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot