AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Wosa nooi skrywers vir sokker

Weens die geweldige belangstelling in die 2010 FIFA-wêreldbeker gaan oorsese joernaliste ook die kans kry om Suid-Afrika se wynlande te besoek.

In die lig van die land se steeds stygende wynuitvoere wat die globale afswaai goed trotseer, beplan Wines of South Africa (Wosa) om uit die geweldige buitelandse belangstelling in die 2010 FIFA-wêreldbeker munt te slaan deur joernaliste volgende Junie hierheen te bring om die toernooi te dek en die wynlande te besoek.

Me. Su Birch, Wosa se uitvoerende hoof, sê talle Europese invoerders is ook van plan om hul eie klante met aansporingsprogramme vir die toernooi na Suid-Afrika toe te bring. "Daar was groot belangstelling, veral van die Europese media, om Suid-Afrika vir die toernooi te besoek. Ons wil seker maak dat die besoekende buitelandse handel en media aan ons produsente en bedrywighede in die wynlande blootgestel word terwyl hulle hier vertoef.

"Ons gaan hulle 'n smakie gee van die ware Suid-Afrikaanse gasvryheid waarvoor ons beroemd is. Hulle gaan die spontane Afrika-warmte en opwinding rondom die wedstryde ervaar, en ons wyne in 'n nuwe konteks proe.

"In die lig van die groot opkoms wat vir die toernooi verwag word, het ons besluit om volgende jaar al ons energie op dié gebeurtenis te fokus, in plaas daarvan om ons hulpbronne te verdeel deur drie maande later Cape Wine aan te bied. Dit sal dom wees om te verwag dat kopers só gou weer moet terugkeer, veral as 'n mens die huidige wêreldwye resessie in ag neem.

"Cape Wine, wat elke twee jaar aan die beurt kom, sal weer in 2012 aangebied word, maar intussen sal ons voortgaan om ons wyne na sleutelmarkte toe te neem om seker te maak dat besluitnemers en invloedrykes op die hoogte van ontwikkelings en vernuwings in ons bedryf bly."

5 Junie 2009

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.37
-1.7%
Rand - Pond
21.06
-0.8%
Rand - Euro
18.81
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,002.53
-2.2%
Palladium
1,639.70
-1.8%
Goud
1,885.31
-1.4%
Silwer
22.80
-2.9%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,755
+0.2%
Alle aandele
79,867
+0.1%
Hulpbronne 10
74,546
-0.2%
Industriële 25
103,167
+0.5%
Finansiële 15
16,504
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot