AFGRI
BEAN
08 Feb
-
9832,4
-55,60
CORN
08 Feb
-
4660
-34,00
SOYA
08 Feb
-
9340
-57,00
SUNS
08 Feb
-
10000
-150,00
WEAT
08 Feb
-
6840
33,00
WMAZ
08 Feb
-
4340
5,00
YMAZ
08 Feb
-
4417
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Wynbedryf moet wakker slaap oor Mercosur

Die internasionale handel in drankprodukte word toenemend deur interstaatlike ooreenkomste gereguleer. Bestaande en verwagte ooreenkomste word in hierdie artikel bekyk.

Ná die ondertekening van 'n tweeledige wyn- en spiritualieë-ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die Europese Unie (EU) sowat 'n jaar gelede, onderhandel die Suid-Afrikaanse Regering nou met die Suid-Amerikaanse handelsblok, Mercosur, oor 'n vryhandelsooreenkoms. Stemme gaan egter op dat die Suid-Afrikaanse wynbedryf oor sy belange sal moet waak.

Tydens die onderhandelings oor 'n vryhandelooreenkoms met die EU het laasgenoemde daarop aangedring om ook 'n wyn-en-spiritualieë-ooreenkoms met Suid-Afrika te sluit. Dit het die Minister van Handel en Nywerheid, mnr. Alec Erwin, in 'n moeilike situsie geplaas.

Hoewel die plaaslike wynbedryf gou besef het dat daar eintlik bitter min vir hom in só 'n ooreenkoms sou wees, moes die Regering tog die groter prentjie in gedagte hou, naamlik dat die vryhandelooreenkoms uiteindelik vir Suid-Afrika miljarde werd sal wees. Dus het die Regering sekere toegewings ten opsigte van port en sjerrie aan die EU gedoen én uiteindelik ook die wyn- en spiritualieë-ooreenkoms met die EU gesluit.

Mnr. Riaan Kruger, 'n lid van die taakgroep wat met die onderhandeling oor die ooreenkoms met die EU gemoeid was, sê dit is nie onmoontlik dat Mercosur (Argentinië, Brasilië, Paraguay en Uruguay) dalk sy visier kan stel op wynuitvoer na Suid-Afrika teen 'n invoertarief van 0 % nie. In ruil daarvoor sou Mercosur byvoorbeeld die wortel voor die Regering se neus kon hou van gunstige bepalings om motors daarheen uit te voer.

Volgens mnr. Kruger moet 'n mens ook in gedagte hou dat Argentinië, wie se ekonomie in duie gestort het, graag sy groot surplus wit en rooi wyn na Suid-Afrika sou wou uitvoer. Indien Argentinië wel die groen lig daarvoor sou kry, bestaan die gevaar dat hy sy wyn teen redelik lae pryse hierheen kan stuur. Hoewel só 'n moontlikheid op die kort termyn betreklik onwaarskynlik is, sal die plaaslike wynbedryf tydens die onderhandelings met Mercosur moet sorg dat hy wakker is.

In reaksie daarop sê die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou by monde van sy assistent-direkteur-generaal: Handel en Bedryfsontwikkeling, mnr. Attie Swart:

Enige onderhandelings gaan met omsigtigheid en eie belang gepaard.

Mercosur is 'n mark met ongeveer 200 miljoen mense, ietwat groter as die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), maar is per kop welvarender.

Dit is duidelik dat só 'n groot mark uitvoergeleenthede bied en dat plaaslike uitvoerders aangemoedig moet word om dit te ontgin.

Mnr. Swart sê onderhandelinge met 'n bepaalde land of handelsblok word op meriete in belang van Suid-Afrika onderneem. Die Department van Landbou raadpleeg 'n wye spektrum belanghebbendes tweemaandeliks oor alle handelsonderhandelinge en -verhoudinge. Dit geskied deur middel van die Landbouhandelsforum.

"Só word die landbousektor gereeld op die hoogte van verwikkelinge gehou. Dit stel die Regering in staat om sy strategieë te ontwikkel met inagneming van die bydraes wat belanghebbendes lewer."

Volgens mnr. Swart moet egter onthou word dat enige handelsooreenkoms aangegaan word met die oog op die voordele wat dit inhou, maar dat ooreenkomste ook altyd balanserende verpligtinge bevat.

Hy sê die Regering volg 'n beleid wat die internasionale mededingendheid van plaaslike ondernemings nastreef. Dit is ook een van die drie kerndoelwitte in die Landbouplan. Onder meer skep deregulering, tariefbepaling en vryhandelsooreenkomste 'n mededingender omgewing. "Die staat ondersteun groter uitvoergerigtheid en beywer hom vir 'n meer gelyke speelveld, insluitend groter marktoegang vir ons produkte en dienste in die internasionale handelsomgewing."

Op sy beurt wys die KWV-voorsitter, mnr. Lourens Jonker, daarop dat plaaslike uitvoerders reeds bevoordeel word deur die doeanevrye uitvoer van wyn na Amerika. Dit geskied ingevolge Amerika se African Growth and Opportunity Act (AGOA). Luidens onlangse berigte is Amerika egter gretig om, soos die EU, 'n vryhandelooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Doeane-unie te sluit.

Mnr. Jonker meen dit sal na verwagting nie nuwe geleenthede vir plaaslike wynuitvoerders skep nie, maar wel die plaaslike mark blootstel aan doeanevrye wyninvoer uit Amerika - een van die wêreld se grootste wynproduseerders.

Wat die wyn- en spiritualieë-ooreenkoms met die EU betref, spook Wines of South Africa nog om te verseker dat die plaaslike bedryf - en nie die invoerder en die kleinhandelaar in die EU nie - die voordeel kry van die kwota ingevolge waarvan Suid-Afrika verlede jaar 42 miljoen liter gebottelde wyn doeanevry daarheen kon uitvoer. Dié kwota styg met 3 % per jaar. In ruil daarvoor moet Suid-Afrika egter wegdoen met name soos port, sjerrie en ouzo vir plaaslik vervaardigde produkte.

Wines of South Africa sê by monde van sy hoofamptenaar, me. Su Birch, dat goeie ondersteuning in Brittanje verkry is vir die standpunt dat die toegewing bedoel was om Suid-Afrika te bevoordeel en nie die Europese invoerders en kleinhandelaars nie. Voordat die geldelike voordeel egter na Suid-Afrika kan vloei, moet alle Britse supermarkte saamstem om die stelsel van fakturering heeltemal te verander.

Volgens me. Birch word goeie vordering daarmee gemaak. By benadering kan dit £1,2 miljoen (sowat R18 miljoen) jaarliks na Suid-Afrika laat terugvloei. Verlede jaar het sowat £200 000 (R3 miljoen) tot £300 000 (R4,5 miljoen) reeds na Suid-Afrika teruggevloei. Dié geld sal onder meer gebruik word om die wynbedryf se Etiese Handelsvereniging (wat onlangs gestig is) te finansier.

Me. Birch wys daarop dat die Hollanders aanvanklik prontuit geweier het om met Suid-Afrika oor dié saak te praat. Intussen het sy al 'n onderneming van hulle gekry dat hulle dit sal oorweeg om 'n persentasie aan Suid-Afrika terug te gee van die besparing wat die doeanevrye kwota meebring.

Intussen het die EU sy voorneme bekend gemaak om die wynetiketteringsvereistes van sy lidlande te harmoniseer in 'n enkele stel regulasies wat op sy eie en ingevoerde wyn van toepassing sal wees. Die implementering van hierdie regulasies sal na verwagting teen Augustus vanjaar gefinaliseer word.

Suid-Afrika het in gesprekke met die EU in November verlede jaar in beginsel beswaar aangeteken teen die EU se oënskynlike toe-eiening vir eie gebruik van sekere beskrywings, soos "ruby", "tawny" en "vintage". Dit strek veel wyer as die benamings waaroor Suid-Afrika en die EU reeds uitsluitsel bereik het. Dié saak geniet ook die Wêreldhandelsorganisasie se aandag.

Intussen is Suid-Afrika en die EU nog besig om ander tegniese aspekte van die implementering van die wyn- en spiritualieë-ooreenkoms uit te stryk.

 Arbeid nou volwaardige vennoot

Twee belangrike deurbrake is onlangs gemaak in die bevordering van die regte van werkers op wynplase en in die wynbedryf in die algemeen. Na verwagting sal dit ook produktiwiteit en die wynbedryf se wêreldwye mededingendheid verhoog.

Die nuwe Suid-Afrikaanse Wyn- en Brandewynmaatskappy (SAWB), wat van vanjaar af ten volle operasioneel is, het reeds sy eerste eenparige besluit geneem. Dit handel oor die aanwending van die Eur15 miljoen wat die Europese Unie aan Suid-Afrika moet betaal in ruil vir die uitfasering van die name port en sjerrie.

Verskeie betrokkenes het hulself gereed gemaak om hul hande op dié geld te lê. Daar was selfs sprake van mense wat van die Europese geld in 'n wynplaas in KwaZulu-Natal wou inpomp. Die SAWB het egter besluit om by die Regering aan te beveel dat die grootste deel van die Eur15 miljoen moet gaan na die twee bene van die SAWB wat met bemagtiging en opleiding gemoeid is.

Die voorwaarde wat daaraan gekoppel word, is dat 'n klein deel van die geld gebruik moet word om alternatiewe name vir port en sjerrie te vestig. Selfs die Portprodusentevereniging het hom by dié besluit van die SAWB geskaar.

Van net sulke groot belang is dat die arbeidsektor ten volle betrokke is by die werk van die SAWB. Die doel van die SAWB is om die omvattende Visie 2020-strategie in werking te stel, wat daarop gemik is om die bedryf só te ontwikkel dat dit teen die jaar 2020 ten volle internasionaal mededingend sal wees.

Vier bedryfskamers, naamlik produksie, verwerking, bemarking en arbeid, het elk vyf verteenwoordigers aangewys om in die direksie van die SAWB te dien. Na verwagting sal 'n geskikte, onafhanklike direksievoorsitter binnekort aangewys word.

Dit beteken dat die wynbedryf nou die eerste keer een spreekbuis het. Die algemene verwagting is dat die SAWB vir beter koördinasie in die bedryf gaan sorg.

Benewens die belangrike rol wat die arbeidsektor binne die SAWB speel, was die onlangse stigting van die Etiese Handelsvereniging vir die Wynbedryf 'n tweede belangrike deurbraak in die bevordering van die menseregte van werkers op wynplase en in die res van die wynbedryf. Só sê een van die stigterslede, me. Su Birch, wat ook hoofamptenaar van Wines of South Africa (Wosa) is.

Die Etiese Handelsvereniging se taak is die toepassing en monitering van etiese arbeidspraktyke en werksomstandighede in die wynbedryf, en hy sal met soortgelyke organisasies in die Suid-Afrikaanse landbousektor saamwerk.

Hoewel dié vereniging se lidmaatskap vrywillig is, wil hy dit na alle wynboere, -produsente en -kleinhandelaars in die Wes-Kaap uitbrei.

"Nie net sal dit die werkers beskerm en hul werksomstandighede verbeter nie, maar dit sal ook produktiwiteit en die werksgehalte verhoog. Dit sal groot voordele inhou vir 'n bedryf wat daarna streef om sy teenwoordigheid in die internasionale wynmarkte uit te brei," sê me. Birch.

Onder dié vereniging se stigterlede was wynboere, vakbonde en nie-regeringsorganisasies. Van die ander ondertekenaars van die konsepkode is verteenwoordigers van die vakbonde SAAPAWU en RAWUSA, nie-regeringsorganisasies, die Sentrum vir Landelike Regstudies, die Surplus People's Project en die Projek vir Vroue op Plase. Vier jaar van onderhandeling het die stigting van die vereniging voorafgegaan.

Die voorbereidingswerk het onder meer 'n vrywillige loodsstudie onder wynprodusente ingesluit waartydens hul nakoming van 'n kode van goeie praktyk gemeet is. Dié kode is geskool op die kode (Ethical Trade Initiative) wat deur groot Britse supermarkgroepe in hul onderhandeling met plaaslike produsente gevolg word. Produsente wat dié kode steun, is verbind tot die navolging van goeie praktyke ten opsigte van hul werkers en hul regte, gesondheid en veiligheid in ooreenstemming met internasionale arbeidstandaarde. Produsente wat die kode onderteken het, word onafhanklik gemoniteer om hul navolging van die gevestigde gedragskodes te verifieer.

Ná die loodsstudie is 'n werkgroep gevorm wat 'n konsepkode van goeie praktyk opgestel het. Kwessies soos die verbod op kinder- en gedwonge arbeid, die vestiging van 'n gesonde en veilige werksomgewing, die aanvaarding van maatreëls vir die voorkoming van wyd verspreide alkoholverslawing en vryheid van assosiasie kry in die kode aandag. Die reg op kollektiewe bedinging asook die instel van regverdige strafmaatreëls, werksure en lone word onder meer daarin verskans. Sake soos huisvesting en werksekuriteit is ook in die kode vervat.

Die konsepkode beveel aan dat geen kinders onder vyftien in diens geneem word nie, dat plaaswerkers se gesinslede wat op wynplase woon, vry is om elders te werk, en dat werkgewers op hul koste moet sorg dat werkers wat met chemikalieë werk, voldoende beskerming geniet.

Hierbenewens mag plaaseienaars wat winkels op die plaas bedryf, nie toelaat dat werkers buitensporige skuld aangaan en sodoende uitermate afhanklik van sodanige winkels word nie. Geen werkgewer mag werkers alkohol gee as deel van hul vergoeding nie, selfs al vra hulle daarvoor.

Kelders en koöperasies wat hulle by die vereniging aansluit, sal die kode moet aanvaar en by hul werkplekke instel asook gereelde inspeksies toelaat sodat hul nakoming van die kode nagegaan kan word. Van wynboere, dié wat aan koöperasies lewer en ander, sal verwag word om aan die bepalinge van die kode te voldoen en om hul plase vir ouditering oop te stel.

Die Etiese Handelsvereniging vir die Wynbedryf sal na verwagting gefinansier word deur lidmaatskapfooie sowel as dié geld wat na Suid-Afrika terugvloei vanweë die belastingvrye uitvoer van wyn na EU-lande.

 Waarskuwing op bottel het nêrens gewerk

Dit is naïef om 'n gesondheidswaarskuwing op die etiket van 'n alkoholiese drank aan te bring, jou hande dan in onskuld te was en te glo dat die probleme wat met drankmisbruik gepaardgaan eenvoudig sal verdwyn.

Só sê mnr. Riaan Kruger, voorsitter van die vereniging wat hom beywer vir die verantwoordelike gebruik van alkohol. Hy is gevra om te reageer op die Departement van Gesondheid se voornemens om maatreëls in te stel wat sal bepaal dat gesondheidswaarskuwings op die etikette van drankprodukte aangebring moet word (soos wat reeds die geval met tabakprodukte is). Die departement het reeds tenders gevra vir navorsing oor die gebruik van etikette met sulke waarskuwings daarop.

"Die vereniging erken dat drankmisbruik in Suid-Afrika soms 'n bydraende faktor tot geweldsmisdade, ook seksuele oortredings, is en dat dit 'n rol in padsterftes speel. Ons glo egter dat leefstylopvoeding die oplossing is. In ander wêrelddele het die aanbring van gesondheidswaarskuwings op dranketikette nie gewerk nie."

Volgens mnr. Kruger sal sulke waarskuwings nie noodwendig die verlangde invloed op die jeug hê nie. "As 'n mens vir 'n tiener sê dat hy/sy iets nie moet doen nie, doen hulle dit dikwels juis. Die uitdaging is om die jeug te oortuig dat dit raadsaam ('cool') is om alkohol verstandig te gebruik."

Dus sit die vereniging binnekort 'n groot reklameveldtog aan die gang om dié boodskap aan die jeug oor te dra. "Ons hoop om die Regering daarvan te oortuig dat groter welslae met só 'n benadering behaal kan word as die gebruik van gesondheidswaarskuwings."

Ook die KWV-voorsitter, mnr. Lourens Jonker, meen dat sulke waarskuwings op dranketikette nog nêrens geslaag het nie. Boonop negeer dit die wetenskaplik bewese gesondheidsvoordele verbonde aan matige wynverbruik. Hy glo sulke voorskrifte sal bloot tot onnodige koste vir wynprodusente lei. Die KWV vestig dus sy hoop daarop dat die Regering hom sal verbind tot deeglike beraadslaging met die bedryf en dat dit tot pragmatiese oplossings sal lei.

7 Februarie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.52
+0.3%
Rand - Pond
21.18
-0.1%
Rand - Euro
18.82
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
986.30
-0.0%
Palladium
1,665.66
+0.8%
Goud
1,879.89
+0.3%
Silwer
22.44
+1.2%
Brent-ruolie
83.69
+3.2%
Top-40
73,852
+0.6%
Alle aandele
79,902
+0.5%
Hulpbronne 10
75,107
+0.7%
Industriële 25
103,309
+0.6%
Finansiële 15
16,335
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
[removed]
eks eerlik opreg en lojaal teenoor my maar. ek geniet die buite lewe is avontuur lustig Hou van mense wat eerlik en opreg is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot