
Wynkompetisies jaag produsente elke jaar duisende rande uit die sak, maar volgens me. Kim Maxwell se navorsing namens WynLand, die wynbedryf se maandblad, verskil die uitslae van dié kompetisies soveel dat ‘n wynprodusent se kans om ‘n medalje te verower “net so goed is soos om die lotery te wen”, luidens ‘n berig in Sake24.
Volgens haar navorsing bestee wynmakers gesamentlik sowat R4,2 miljoen aan wynproekompetisies. Sy het 19 kompetisies, wat na haar mening onafhanklik is, ‘n kontantprys aanbied en inskrywingsgeld vereis, in ag geneem.
Die koste vir ‘n wynprodusent om drie wyne in elk van dié kompetisies in te skryf het in 2008 altesaam R20 340 beloop. Dit is egter nie die einde van betrokke uitgawes nie. Produsente verskaf ook voorraad van ingeskrewe wyne aan kompetisie-organiseerders, betaal vir die bywoning van prysuitdelingsdinees en dek die koste van plakkers om hul wenwyne te bemark.
Bron:
4 Augustus 2009