AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Wynplaas woeker met bewaring

Vergelegen se omgewingsprojek, een van die grootste private projekte in die land, beoog groot uitbreiding.

Vergelegen Wynlandgoed se omgewingsprojek, waarvolgens uitheemse plantegroei uitgeroei word, het bykomende fondse van sowat R30 miljoen ontvang om uit te brei. Dit word tans as een van die grootste private omgewingsprojekte in die land bestempel.


Mnr. Gerald Wright, die landgoed se omgewingskundige, sê die projek is in 2004 geloods met sowat R14 miljoen om uitheemse plantegroei uit te roei op sowat 2 000 ha grond wat nie vir landboudoeleindes gebruik kan word nie.


Verwoestende brand

Mnr. Don Tooth, besturende direkteur van Vergelegen, sê teen 2008 is 1 213 ha reeds skoongemaak, maar in Februarie 2009 het ‘n verwoestende veldbrand groot skade aangerig en 2 159 ha op die landgoed afgebrand.


Ná die brand is in diepte studies oor die projek en sy moontlike sukses gedoen, waarna die raad van Anglo American – wat Vergelegen besit – R22 miljoen bewillig het om die beskadigde gebiede te rehabiliteer en die projek uit te brei. ‘n Verdere R7,5 miljoen in versekeringseise is ook ontvang, wat vir die projek aangewend sal word.


Dierelewe brei uit

Volgens Wright het hulle reeds die afgelope paar maande ‘n toename onder die verskillende dierespesies gesien wat op die landgoed voorkom. Hy sê hulle is deel van die Kaapstadse projek waar 74 kameras van Laingsburg tot Koggelbaai opgerig is om die dierelewe af te neem vir navorsing en dokumentasie.


“Ons het drie verskillende foto’s van ‘n Kaapse luiperd. Dan is ratels, 'n musseljaatkat, rooikat, ystervark, Kaapse vlakhaas en duikers ook al afgeneem. Die knaagdierspesies het ook toegeneem, en die voëlspesies het van 80 na sowat 140 vermeerder,” aldus Wright.


Die projek hou ook voordele in vir watergebruik omdat uitheemse plantegroei tot 800 keer meer water as inheemse plantegroei kan gebruik. Dit gaan ook voortbou op die 41 werksgeleenthede wat reeds geskep is.

Kyk na 'n fotogalery van nog diere op Vergelegen.


Probleem in die nag

Wright meen dat die diere hulle in die omgewing gaan vestig weens die natuurlike plantegroei en omdat hulle veilig voel. Hy sê hulle het streng beheer oor die gebied en strikke word byvoorbeeld gestel om rondloperhonde te vang.


“Die diere se grootste bedreiging is die Rastamanne – wat ook al ‘n paar keer afgeneem is – wat in die nag in die omgewing beweeg. Hulle kom steel van die kruie en bossies wat in die omgewing voorkom vir hulle moeties - byvoorbeeld boegoe,” vertel Wright.


Hy sê besoekers aan die landgoed wat in die projek belangstel kan die omgewing, asook die ander projekte soos hul vleilandprojek, besigtig. Hulle ontvang ook gereeld verskeie studente wat in verskillende omgewingskundige rigtings spesialiseer.


Die landgoed beplan ook ‘n uitreikprojek waarmee hulle skoliere aan die projekte wil blootstel.


17 Desember 2010

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek
Baie liefde .omgee. eerlikheid en hou van die bos .braai .kuier om n vuur en hou van aĺl black rugby
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot