AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Wynwerkers leer in Boergondië

Tien werkers uit die Wes- en Noord-Kaapse wynbedryf keer aan die einde van Oktober terug na 'n studiebesoek aan Frankryk.

Tien werkers uit die Wes- en Noord-Kaapse wynbedryf keer aan die einde van Oktober terug na 'n studiebesoek aan Frankryk se Boergondië-wynstreek.

Dié streek maak van die beroemdste rooi en wit wyne ter wêreld. Die uittog van twee maande is deel van 'n uitruilprogram tussen die plaaslike regerings van die Wes-Kaap en Boergondië. Elke jaar besoek tien werkers van Suid-Afrikaanse wynplase Frankryk om hul horisonne te verbreed en hulle aan die beroemde wynkultuur bloot te stel.

Volgens mnr. Charles Erasmus, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Wynindustrie-trust (Sawit) wat verantwoordelik is vir transformasie en bemagtiging in die wynbedryf, is die ondervinding wat hierdie werkers tydens hul besoek aan die hartland van die Franse wynbedryf opdoen, uiters waardevol. "Hierdie voorheen benadeelde werkers keer altyd terug van só 'n reis met geesdrif en toegewydheid oor hul rol in die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

" Hulle kom nie net terug met nuwe teoretiese en praktiese insigte van die Franse wynbedryf nie, maar met groter selfvertroue wat die meeste van hulle motiveer om groter rolle in hul loopbane op wynplase in hul onderskeie streke te speel. "

Die werkers word vir die Boergondië-projek gekies terwyl hulle by die Stellenbosse Wingerd-akademie studeer. Dié akademie is 'n opvoedkundige instelling vir plaaswerkers wat deur Sawit gefinansier word.

In Boergondië bring die werkers twee weke in die dorp Beaune deur, waar hulle klas loop by die befaamde sentrum waar sommige van Frankryk se top wynmakers opgelei word. Die lesings handel oor grondsoorte, klimaat, wingerdbou, wynmaak-tegnieke en die ingewikkelde Franse wyn benamingstelsel.

Ná twee weke in die klaskamer word die Suid-Afrikaners na verskeie wynmakerye in Boergondië gestuur om hand by te sit met die oes van wyndruiwe. Hulle help uit in kelders en wingerde en woon in by die wynmaker en sy familie. Vier weke later is dit terug na Beaune waar hulle nuwe kennis afgerond word.

"Een van die mees bemoedigende aspekte van die projek is om te sien watter goeie samewerking die projek van die werkers se onderskeie wynmakery en plaaseienaars in Suid-Afrika ontvang, " sê Erasmus.

Volgens dr. Johan van Rooyen, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Wyn- en Brandewynmaatskappy (SAWB) wat ook 'n deel van die Boergondië-projek bestuur, het dié uitruilprogram die lewens van al die plaaswerkers wat deel was van die program sedert 2001 verander. "Tydens 'n onlangse besoek aan die Internasionale Wyn-en-Spiritualieë-skou in Londen was dit wonderlik om te sien hoe een van die eerste werkers wat aan die program deelgeneem het, haar wynkelder se produkte aan plaaslike agente bemark - in vlot Frans! "

21 Oktober 2005

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot