AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Ystee van rooibos gaan BOS

Met slim verplakking en bemarking het 'n rooibosboer se ystee die plaaslike en buitelandse mark oorwin.

Jy moes dit al gesien het: BOS Ice Tea. Die ystee in die helder verpakking wat besig is om die wêreld storm te loop, met sy oorsprong in die Sederberge. En dit boonop in ’n tyd waarin die meeste rooibosboere spartel om kop bo water te hou.

Maar met mnr. Richard Bowsher, medestigter en voorsitter, en sy kundige span aan stuur van sake, kon dit seker ook nie anders nie. Aangesien hy niks van die landbou geweet het nie, het hy begin deur ’n klompie suksesvolle rooibosboere te identifiseer en alles moontlik by hulle te probeer leer. “Dit is ongelooflik hoe tegemoetkomend die boere met my was,” vertel hy. Hy het ook ’n baie knap plaasvoorman, mnr. Paul Schlechter, aangestel. “Ons kry die idees saam en Paul is die een wat dit deurlopend toepas.”

Een van die eerste knelpunte was hoe om die tee te verkoop. Richard het heeltyd daarmee geworstel, aangesien hy besef het dit was nie ’n opsie om net gewone tee te lewer nie. Die mark was in daardie stadium redelik versadig. Hy’t sy antwoord gekry toe sy paaie gekruis het met dié van mnr. Grant Rushmere. Hul idee was dat hulle rooibos as ystee moet verkoop, aangesien rooibos ’n uitstekende draer van vrugtegeure is. “Dit het sin gemaak, want die wêreldwye vraag na ystee styg jaarliks met meer as 8%,” vertel Richard.

Dit is boonop ’n organiese produk, dit ’n mededingende voordeel gee bo sommige van die ander ysteeprodukte in veral die Europese mark, waar organiese produkte gewild is.

Richard wys daarop dat die plaas Klipopmekaar in die Sederberge nie in die geskikste gebied vir rooibosproduksie lê nie, maar dat tee wat in die omgewing verbou word, van hoë gehalte is. Vandag, vier jaar nadat die eerste BOS Ice Tea die mark getref het, is ’n groot verskeidenheid van sy produkte in verskillende groottes en verpakkings beskikbaar: Daar is tradisionele tee, suurlemoen-, perske-, appel- en bessie-ystee, sportdrankies en nou ook ’n energie-ysteedrankie wat regstreeks met Red Bull meeding. “Die groot verskil tussen BOS Ice Tea en ander energiedrankies is dat dit die laagste suikerinhoud en geen preserveermiddels of kleurmiddels bevat nie. Die produk se lang raklewe is verder te danke aan ons unieke produksieproses,” verduidelik Richard.

BOS Ice Tea se hoofkantoor is in Woodstock, Kaapstad. “Dit verg baie kapitaal en vernuf om ’n suksesvolle internasionale handelsmerk te vestig,” sê Richard daaroor. Sy en Grant se visie was om ’n produk te skep wat met Afrika, gesondheid en pret vereenselwig word. “Vir ons is Suid-Afrika die reënboognasie, en dit was Grant se idee om die helder kleure op die verpakking te gebruik. Dit help ook om daardie spelerigheid oor te dra wat ons met die produk assosieer.”

BOS Ice Tea se bemarkingsbegroting is sowat 15% van sy omset. Die maatskappy wil binnekort die ystee in België, waar dit goed vaar, produseer. Richard sê dit maak nie sin om soveel water te verskeep nie. Die produk is só ontwikkel dat dit bykans in enige plek ter wêreld geproduseer en verpak kan word.

Rooibosboere moet ophou om hul produk as ’n kommoditeit te sien, meen Richard. Begin eerder waarde daaraan toevoeg sodat dit – nes wyn – ’n unieke produk kan word wat met ’n spesifieke plaas vereenselwig kan word. Só kan mense ook rooibos-landgoedere tot stand bring waarheen toeriste kan gaan om tee op die plaas te proe. “En, wie weet, eendag kan daar dalk ’n rooibostee-roete wees, soortgelyk aan ons wynroetes!”

Byskrif: Verbruikers moet  'n opwindende ervaring hê as hulle die eerste keer aan die ystee blootgestel word. Hier is BOS Ice Tea-bemarkers met frisbees wat saam met die tee uitgedeel word. Foto: Marie van Niekerk (Klik net op foto om te vergroot.)

Processed with VSCOcam with se1 preset

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
-0.2%
Rand - Pond
21.34
-0.2%
Rand - Euro
18.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot