
Jacobs en mnr. Crispin Sonn, uitvoerende direkteur van Ou Mutual Suid-Afrika, is die nuwe direkteure. Dr. Paul Clüver is vir nog 'n termyn as voorsitter verkies. Jacobs is ook op die direksies van MGK Besigheidsbeleggings en die Pioneer Voedselgroep.
Zeder se voorsitter, mnr. Jannie Mouton, is 'n direkteur van KWV en Kaap Agri, terwyl nog 'n Zeder-direkteur, mnr. Chris Otto, op die direksie van Kaap Agri is. Alles verloop volgens plan by Zeder, sê Jacobs. Hulle hou by hul beproefde resep om hoofsaaklik in ongenoteerde landbou- en landbouverwante besighede te belê en neem 'n langtermynsiening oor die opbrengs wat hulle op hul beleggings ontvang.
Zeder hou 34,3% van die aandele in Kaap Agri, 25,7% in KWV, 26,7% in MGK Besigheidsbeleggings, 17,2% in Suidwes Beleggings en 12,1% in die Capespan-groep. Op 28 Februarie was die waarde van Zeder se belegging in Kaap Agri R437,2 miljoen, in KWV R413,7 miljoen, in MGK R27,3 miljoen, in Suidwes R47,1 m en R49,9 miljoen in Capespan.
25 Junie 2009