AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Vrae en antwoorde

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Wat is Landbou.com?

Landbou.com is die digitale tuiste van Landbouweekblad, ’n publikasie wat al meer as 100 jaar deel van Suid-Afrikaanse boere se werksaamhede is. Onder die Landbouweekblad-handelsmerk tel Landbou.com, ons webwerf en toepassings beskikbaar vir Apple-, Android en Huawei-fone, spesiale tydskrifte soos BoerekosBoereplanneVeeTegnologie en HerlewingLandbouweekliks, ons landbouprogram waar ons by Suid-Afrika se besondere en suksesvolle boere kuier, webinare en konferensies oor ’n verskeidenheid van onderwerpe én ’n lang lys boeke van betrekking op die landboumark.

Wat is Landbou.com vir intekenaars? 

Landbouweekblad het in September 2021 sy eie digitale intekeningaanbod aan lesers bekend gestel, waar lesers teen ’n maandelikse tarief toegang kan kry tot alle produkte in die Landbouweekblad-stal. Terwyl lesers steeds gratis landbounuus kan lees, markpryse kan nagaan, ons toonaangewende weerplatform kan gebruik en veel meer, sal van die tydskrifte en inhoud wat die span publiseer, slegs aan intekenare beskikbaar wees.

Wat is die verskil tussen registreer en inteken? 

Om te registreer vir ’n profiel op Landbou.com is gratis en gee jou toegang tot funksionaliteite soos om stories te bêre om later te lees, weervoorspellings en nuusbriewe. Wanneer jy teen R149 per maand inteken, het jy toegang tot alle inhoud op Landbou.com, asook ons tydskrifte, boeke en Landbouweekliks-episodes. Jy sal ook die weeklikse nuusbrief oor die nuwe uitgawe van Landbouweekblad ontvang, intekenaarartikels aan jou vriende kan stuur, na artikels kan luister en kommentaar kan lees en plaas.

Hoe word ek ’n intekenaar? 

Jy kan inteken deur te klik op die geel knoppie boaan jou skerm wat sê “Teken in”. Jy sal gevra word om jou bankkaart- of debietorderbesonderhede in te vul. Ons bied tans nie die opsie om deur middel van ’n EFT te betaal nie.

Hoekom moet ek inteken? 

Wanneer jy op Landbou.com inteken, kry jy toegang tot ’n magdom inligting wat jou sal help om volhoubaar en suksesvol te boer. Jy word ook deel van die groter landbougemeenskap, wat boere en besighede wat die bedryf dien, insluit. Jy het volle toegang tot al die produkte in die Landbouweekblad-stal. 

Hoekom registreer vir ’n profiel?

Dit is vinnig, maklik en gratis en kom met verskeie voordele! Jy kan jou weerligging instel, artikels bêre om later te lees en inteken op ons nuusbriewe. Klik hier om te registreer. 

Hoe registreer ek? 

Klik hier om te registreer met jou e-posadres en ’n wagwoord. Jy kan ook registreer deur middel van jou Apple-, Facebook- of Google-profiel registreer. As jy voorheen geregistreer het en jou wagwoord vergeet het, klik op “Skep” of “Herstel” jou wagwoord. 

Neem asseblief kennis dat indien jy deur middel van ’n sosiale media-profiel inteken, moet jy dit voortaan ook so doen vir die stelsel om jou besonderhede te herken.

Ek het vir ’n gratis profiel op die toepassing geregistreer. Hoekom kan ek nie my profielvoorkeure op my rekenaar sien nie? 

Wanneer jy vir die eerste keer op jou rekenaar inteken, moet jy ’n wagwoord skep sodat jou profielvoorkeure kan ooreenstem op die verskillende toestelle wat jy gebruik. Volgende keer as jy op jou selfoon op Landbou.com inteken, sal jy gevra word om jou wagwoord in te sleutel sodat jou profiele op verskillende toestelle kan ooreenstem.

Hoekom kan ek sekere artikels nie lees nie?

Sekere artikels kan slegs deur intekenaars gelees word. Indien jy ’n aktiewe intekening het, moet jy ingeteken wees om die artikels te lees. Indien jy nie ingeteken is nie en jy wil alles artikels lees, klik hier of op die geel knoppie wat sê “Teken in” boaan jou skerm. 

Sal ek steeds landbounuus kan lees indien ek nie wil inteken nie? 

Ja, jy sal steeds daagliks landbounuus kan lees, markpryse en weervoorspellings kan nagaan en jou vrae aan dr. Faffa Malan kan stel. 

Hoekom kry ek nie my intekenaar-nuusbrief nie? 

Maak seker jou intekening is ten volle betaal. Klik op “My nuusbriewe” onder “My profiel” om die nuusbriewe te kies wat jy wil ontvang. Maak seker die e-posadres waarmee jy ingeteken het, is dieselfde adres waar jy vir die nuusbriewe siek. Hou ’n oog op jou “junk folder” en as die e-pos daar lê, merk die adres as veilig sodat die nuusbrief in die toekoms nie weer verlore gaan nie. Die maklikste manier om dit te verseker is om ons adres (webred@landbou.com) as een van jou kontakte te bêre.

Hoe kan ek tydskrifte en boeke in PDF-format lees? 

As ’n intekenaar het jy toegang tot die jongste digitale weergawes van Landbouweekblad, sowel as spesiale tydskrifte en boeke. Jy kan dié uitgawes aanlyn lees, maar kan nie ’n PDF aflaai nie. Om die tydskrifte te lees, klik hier. 

Sluit my intekening ’n gedrukte tydskrif in? 

Jou intekening sluit die jongste Landbouweekblad, sowel as vyf jaar se artikels in die argief van die tydskrif, BoerekosBoereplanneVeeHerlewing en Tegnologie, asook die tydskrifte se volledige argiewe in, maar nie gedrukte weergawes nie. 

Hoe soek ek vir artikels?

As jy in die Landbou.com-toepassing lees, klik op soek (langs die ikoon van ’n vergrootglas), tik jou sleutelwoorde in en klik op soek. Jy sal nou relevante soekresultate sien.  Indien jy op jou rekenaar lees, gebruik die soekfunksie boaan die bladsy of klik hier

Hoe sit ek kennisgewings aan of af in die toepassing? 

Jy kan kennisgewings aan- of afsit deur op “Profiel” regs onder in die toepassing te klik en “My kennisgewings” te kies. Hier kan jy kies om kennisgewings oor verskillende onderwerpe te ontvang. Jy kan ook kies om kennisgewings oor gure weer in jou provinsie te ontvang. Wees op hoogte as ’n haelstorm jou graanoes kan beskadig of as jy jou skape teen groot koue moet beskerm!

Hoe werk die weerfunksionaliteit?

Jy kies jou weerliggings deur op die weer-ikoon in die regterkantste hoek van jou skerm te klik. Kies “Voeg liggings” by, soek vir die weerligging (in Engels) en kies die relevante opsie. Jy kan verskeie weerliggings byvoeg. Jy kan op die weerfunksionaliteit ook weerberiggewing lees én na ’n weerkaart kyk waar jy onder meer reënvalsyfers, windsterkt en, temperature sal vind. Onthou ook om jou kennisgewings oor gure weer in jou provinsie te aktiveer onder jou profiel se instellings. 

Watter betaalwyses word aanvaar? 

Ons aanvaar tans die volgende betaalwyses:

  • Krediet- of debietkaart (slegs Visa en Mastercard word ondersteun)
  • Debietorder vanaf bankrekening
  • Apple Pay (slegs beskikbaar in Landbou.com se iOS-app)
  • Google Pay (slegs beskikbaar in Landbou.com se Android-app) 

Hoekom is my eerste betaling minder as die volle intekeningprys? 

Na gelang van die betaaldatum wat jy gekies het toe jy vir die eerste keer ingeteken het, word jou eerste betaling proporsioneel bereken. 

Is my betalingsbesonderhede veilig? 

Ja, jou betalingsbesonderhede word veilig deur ons betalingsverskaffers, wat almal aan die Datasekuriteitstandaard van die Kaartbetalingsbedryf (PCI DSS) voldoen, vasgelê en gehou. Hierdie standaard is geskep om beheer oor kaarthouers se data te verskerp en sodoende kredietkaartbedrog te verminder.

Besoek gerus www.pcisecuritystandards.org vir nog inligting. 

Kan ek my betaalwyse verander? 

Ongelukkig kan jy nie in hierdie stadium jou betaalwyse verander nie. Jy kan wel die besonderhede van jou bestaande betaalwyse bywerk.

Byvoorbeeld, indien jy oorspronklik met jou krediet- of debietkaartbesonderhede ingeteken het, sal jy slegs die kaart se besonderhede kan aanpas en nie toegelaat word om die debietorder te verander nie. 

Kan ek my betaaldatum verander? 

Tydens die intekeningproses kan jy een van die volgende betaaldatums kies: 1ste van die maand, 4de van die maand, 16de van die maand, 26ste van die maand, einde van die maand. 

Wanneer jy eers suksesvol ingeteken is, kan jy nie hierdie datum verander nie. Indien jy ’n ander betaaldatum verkies, kanselleer asseblief jou intekening, teken weer in en kies die geskikte datum. 

Hoe werk ek die besonderhede van my kredietkaart, debietkaart of debietorder by? 

1. Soek vir die “Betalingsbesonderhede”-oortjie in die “My Landbou.com-intekening”-deel van jou profiel. 

2. As jy op die “Redigeer”-knoppie klik, sal jy dieselfde betalingsvorm sien as toe jy ingeteken het. 

3. Tik die nuwe besonderhede in en klik die knoppie. Jou nuwe betalingsbesonderhede sal vir jou volgende betaling gebruik word. 

Ek betaal my intekening met Google Pay. Hoe kan ek my intekening kanselleer? 

Aangesien jou betaling deur Google gedoen word, sal jy jou intekening direk deur Google moet kanselleer deur die volgende stappe te volg: 

1. Gaan na “My Profiel” op die Landbou.com-app en klik op “My Landbou.com-intekening”. 

2. Op die “My Landbou.com-intekening”-blad, klik op “Kanselleer my intekening”. 

3. Die “Intekening”-oortjie sal oopmaak op jou Android-foon of -tablet. 

4. Kies die intekening wat jy wil kanselleer. 

5. Klik op “Kanselleer intekening”. 

6. Volg die aanwysings. 

Ek betaal vir my intekening met Apple Pay. Hoe kan ek my intekening kanselleer? 

Aangesien jou betaling deur Apple gedoen word, sal jy jou intekening direk deur Apple moet kanselleer deur die volgende stappe te volg: 

1. Gaan na “My Profiel” op die Landbou.com-app en klik op “My Landbou.com-intekening”. 

2. Op die “My Landbou.com-intekening”-blad, klik op “Kanselleer my intekening”. 

3. Die “Intekening”-oortjie sal oopmaak op jou toestel (iPhone/iPad). 

4. Kies die intekening wat jy wil kanselleer. 

5. Klik op “Kanselleer intekening”. 

6. Volg die aanwysings. 

Ek betaal vir my intekening met Google Pay. Hoe kan ek my betalingsbesonderhede bywerk? 

Aangesien jou betaling deur Google gedoen word, sal jy jou intekening en betalingsbesonderhede direk deur Google moet bestuur en bywerk.

Ek betaal vir my intekening met Apple Pay. Hoe kan ek my betalingsbesonderhede bywerk? 

Aangesien jou betaling deur Apple gedoen word, sal jy jou intekening en betalingsbesonderhede direk deur Apple moet bestuur en bywerk. 

Ek besit nie meer ’n krediet- of debietkaart nie. Hoe werk ek die betalingsbesonderhede van my intekening by? 

Ongelukkig laat ons jou in hierdie stadium nie toe om jou betaalwyse te verander nie. Om na een van ons ander betaalwyses oor te skakel (bv. debietorder, Apple Pay of Google Pay) kanselleer asseblief jou intekening en teken weer in. Dieselfde geld Apple Pay, Google Pay of indien jy na ’n krediet- of debietkaart wil oorskakel. 

Wat gebeur as ek ’n betaling oorslaan? 

Ons sal outomaties oor die verloop van ’n maand jou betaling met jou verkose betaalwyse probeer verhaal. Indien die betaling na al die probeerslae steeds misluk, sal jou intekening opgeskort word en sal jy nie meer toegang tot betaalde intekenaarsfunksies hê tot jy weer inteken nie. 

Kan ek my betalingsbesonderhede bywerk nadat ’n betaling misluk het? 

Beslis, ja! Indien jy agterkom dat jou betalingsbesonderhede verkeerd is, verval het of daar is nie voldoende geld in die rekening nie, kan jy die besonderhede bywerk. Sien asseblief die gedeelte oor die bywerk van betalingsbesonderhede bo, aangesien sekere beperkings geld. 

My intekening is opgeskort. Hoe aktiveer ek dit weer? 

Jou intekening is heel moontlik opgeskort omdat ons nie betaling van jou ontvang het nie. Sien asseblief die gedeelte oor die bywerk van betalingsbesonderhede om jou besonderhede by te werk en jou intekening weer aan die gang te kry.

Neem asseblief kennis dat jy outomaties sal moet betaal vir enige uitstaande bedrae aan Landbou.comverskuldig. 

Kan ek vorige fakture sien? 

Klik op die “Fakture”-oortjie in die “My Landbou.com-intekening”-gedeelte van jou profiel om al jou vorige fakture te sien. 

Hoe kan ek ’n afskrif van my faktuur aflaai? 

In die “My Fakture”-oortjie in die “My Landbou.com-intekening”-gedeelte van jou profiel, kies een of meer fakture en klik op die “Stuur fakture per e-pos”-knoppie. Die fakture wat jy gekies het, sal in PDF-formaat na die e-posadres gestuur word waarmee jy op Landbou.com aangemeld het. 

Kan ek my fakture na ’n ander e-posadres stuur? 

Jy kan slegs fakture stuur na die e-posadres wat jy gebruik het om op Landbou.com in te teken. 

Hoekom vertoon my fakture as “Betaalbaar”? 

Indien die woord “Betaalbaar” langs jou jongste faktuur verskyn, beteken dit ons het nog nie volle betaling daarvoor ontvang nie. Dit is heel moontlik weens ’n mislukte betaling met jou verkose betaalwyse. Gaan asseblief jou betalingsbesonderhede na en werk dit by indien nodig. Indien die besonderhede korrek is, maak asseblief seker dat daar wel voldoende geld beskikbaar is. 

Hoe kanselleer ek my intekening? 

Jy kan jou intekening enige tyd kanselleer. Aan die onderkant van die skerm op jou “My Landbou.com-intekening”-blad is ’n “Kanselleer my intekening”-knoppie. Klik op die knoppie en volg die stappe om jou intekening te kanselleer. In die proses kan jy ons ook help verstaan waarom jy jou intekening kanselleer deur die opsie te kies wat op jou van toepassing is.

Jy kan ook ’n meer omvattende skriftelike verduideliking verskaf. 

Sal ek steeds toegang hê tot intekenaarsfunksies nadat ek my intekening kanselleer? 

Jy sal steeds toegang hê in die tydperk waarvoor jy betaal het. As jy byvoorbeeld op 1 September betaal het en op 15 September besluit om te kanselleer, sal jy tot 30 September toegang tot intekenaarsfunksies hê. As jy egter kanselleer terwyl jy ’n uitstaande balans het, sal jy nie verdere toegang daartoe hê nie. 

Hoekom is my rekening uitstaande nadat ek my intekening gekanselleer het? 

Indien jy jou intekening kanselleer terwyl jy ’n uitstaande balans het, sal die stelsel aanhou probeer om betaling te verkry vir die tydperk waartydens jy toegang tot intekenaarsfunksies gehad het. 

Kan ek my geld terugkry? 

Ongelukkig nie. Betalings is nie terugbetaalbaar nie en ons bied nie terugbetalings of krediete vir enige gedeeltelike tydperke nie. Verwys asseblief na die gedeelte oor “Sal ek steeds toegang hê tot intekenaarsfunksies nadat ek my intekening kanselleer?” om te sien hoe jou toegang tot intekenaarsfunksies geraak sal word indien jy jou intekening kanselleer. 

Kan ek Landbou.com op meer as een toestel gebruik? 

Ja, jy kan op meer as een toestel met jou profiel op Landbou.com aanmeld. Maar jy mag net jou persoonlike Landbou.com-aanmeldnaam en wagwoord tydens 5 gelyktydige besoeke op Landbou.com se webtuiste of app gebruik. Dit sal streng gemonitor word. 

Hoe word ek 'n intekenaar as ek nie ’n kredietkaart het nie? 

Landbou.com bied verskillende betaalopsies vir nuwe intekenaars. Klik op “Teken in” en maak seker jy is aangemeld met jou e-posadres en wagwoord as jy reeds ’n profiel geskep het. Indien jy nie met ’n kredietkaart wil betaal nie, kan jy ook ’n debietorder opstel. Jy kan ook deur app-winkels binne die app inteken – Google Pay indien jy ’n Android-toestel het of deur jou Apple-rekening indien jy ’n iPhone of iPad gebruik. 

Hoe verander ek my wagwoord? 

Gaan na Landbou.com en klik op “Meld aan”. Klik dan op “Herstel wagwoord”. Vul die e-posadres in waarmee jy geregistreer het en jy sal ’n outomatiese e-pos van Landbou.com ontvang om jou wagwoord te verander. 


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot