AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Ambulanswa ingespan vir haltermak skoubeeste

akkreditasie
’n Bul word aan die agterste regterkant van die wa vasgemaak en met me. Daleen Potgieter agter die trekker se stuur en dr. Danie Odendaal, veeartsenykundige konsultant wat foto’s neem, begin die optog van die kraal af.
’n Bul word aan die agterste regterkant van die wa vasgemaak en met me. Daleen Potgieter agter die trekker se stuur en dr. Danie Odendaal, veeartsenykundige konsultant wat foto’s neem, begin die optog van die kraal af.
Die koste van arbeid en die tyd wat die afrigting van diere vir skoue in beslag neem, is een van die versteekte koste-aspekte wat die deelname aan skoue duur maak. ’n Noord-Vrystaatse Sussex-teler gebruik ’n praktiese kortpad om beeste haltermak te kry.

Die koste van arbeid en die tyd wat die afrigting van diere vir skoue in beslag neem, is een van die versteekte koste-aspekte wat die deelname aan skoue duur maak. ’n Noord-Vrystaatse Sussex-teler gebruik ’n praktiese kortpad om beeste haltermak te kry.

Pothou-Sussex se sukses het nie oornag gebeur nie. Die Potgieters, mnr. George en me. Daleen, het die plaas Uithou in 2004 in die driehoek tussen Viljoenskroon, Potchefstroom en Parys gekoop – ’n wêreld bekend om klipperige rantjies, suurgras, ysige winters en swaar rypneerslae. Die geharde, aanpasbare diere wat hier oorleef, is landwyd gesog en raap pryse op op skoue.

George kan nie meer onthou waar hy aan die idee gekom het nie, maar sy skoudiere word deur ’n stewige wa agter ’n trekker gelei totdat hulle aan die halter gewoond is. Aanvanklik het hy die potensiële skoudiere se halters regstreeks aan die trekker vasgemaak, wat glad nie gewerk het nie. “Hulle steek viervoet vas en verseg soos steeks donkies om saam met die trekker te stap.”

Hy, sy vrou, Daleen, en hul seun, George jr., is ’n gedugte span, en die beesboerdery word net met twee vaste werkers bedryf. Dit beteken hulle kan nie mannekrag afstaan om diere haltermak te kry vir skoudeelname nie. “Om aan skoue deel te neem, is egter belangrik om die Sussex-handelsmerk uit brei en bemarking in Suid-Afrika en ook in die buurlande te doen.”

Die bul aanvaar die leiding van die bewegende wa ná ’n kilometer se stap tot by die trekker se draaipunt.

Proses week lank herhaal

Op hul plaas is ’n “ambulanswa” waarmee siek beeste uit die veld vervoer word. Dit het ’n robuuste staalraamwerk op ’n dubbelasonderstel en het plek vir minstens twee beeste. Aan die een kant vorm ’n laairaam ’n deur.

George het met ’n plan vorendag gekom om die wa te benut om enige potensiële skoudier te “dissiplineer”. Die bees se halter word aan die pilaar regs agter op die wa vasgemaak en volg noodgedwonge die trekker en die wa. Dié proses word ’n week lank daagliks herhaal sodat die dier aan die dissipline van die skyntouleier gewoond kan raak.

“Daarna kan die regte touleier aan die dier se linkerkant die halter begin hanteer soos in ’n skouring waar diere kloksgewys paradeer. Dit duur sowat ’n maand om die dier af te rig,” sê George. “Die stabiliteit wat die wa as skyntouleier bied, is ’n belangrike beginsel vir die opleiding van die skoudiere, want as ’n bees eers sy krag ontdek en die oorhand gekry het deur los te ruk, verleer hy nie dié nuk nie.”

Dit is belangrik dat die bees nie uit sy halter kan loskom nie en hom aan die nodige dissipline onderwerp. Wanneer hy by die kraal aankom, begin die bees al die touleier aanvaar en stap gedweë saam.

Raad vir halsstarrige diere

Daleen sê enige skoudier wat sy sukkel om mak te maak, word eers agter in die drukgang touwys gemaak, “want ek glo nie daaraan dat hulle moet losruk nie”. Andersins word halsstarrige diere in die kopklamp staangemaak, van ’n halter voorsien en aan die wa vasgemaak vir ’n uitstappie van twee tot drie kilometer.

“As ek terugkeer, neem die touleier oor wanneer die bees moeg geloop is en minder weerstand bied. Die bees word eers waterkrip toe gelei om sy dors te les. Gaandeweg aanvaar die diere die hanteerders se hantering.”

Aan die begin van die beeste se opleiding, word hulle eers in die drukgang geroskam sodat hulle aan die menslike hantering gewoond raak. Wanneer diere haltermak is, konsentreer die hanteerder met sy stok om die bene in die regte posisie te kry vir die beste voorkoms vir die beoordelaar.

In die geval van die bulle, moet die voorbene verkieslik ewewydig uitmekaar geplaas word en die regteragterbeen effens na agter om die skrotum te vertoon. Koeie moet basies dieselfde posisie inneem om hul uiers behoorlik te vertoon.

Wanneer die beoordelaar die diere van agter beskou, moet die agterbene gelyk en vertikaal wees sodat die koeie se uiers nie vasgeknyp word nie en die bulle se skrotums en die binne- en buitedye duidelik vertoon.

Mnr. George Potgieter

LBW vra . . .

Mnr. George Potgieter

Die beste raad wat jy nog gekry het?

Jy moet die boerdery, soos enige ander projek, met die nodige oorgawe aanpak, anders moet jy dit los.

Wie was jou mentor?

Wyle Dallas Phillips was die groot inspirasie vir die stoetery. In 2007 het ons die eerste keer aan die Vryburgse skou deelgeneem met ’n enkele bul onder die wakende oog van Dallas en wyle Hendrik Tonyane, my skouleermeesters. Op dié skou se interrasbeoordeling het Pothou twee jaar agtereenvolgens die fase D-groeitoets-eerbewys verower.

Wat is jou grootste struikelblokke?

Die wisselvalligheid van die reënval wat van 300 mm per jaar tot selfs 1 200 mm (in 2008) kan wissel.

Wat is Pothou se prentjie van die ideale koei?

Dit is eintlik ’n eenvoudige benadering: Enige vrugbare koei wat jaarliks ’n kalf oplewer. Die speengewig van die kalwers wissel van jaar tot jaar by Viljoenskroon.

En die ideale bul?

Die belangrikste kriteria vir Pothou is die lengte, diepte en kapasiteit van die bulle. Die gewenste speengewig stem regstreeks ooreen met die lengte van die bees se karkas. Vir elke 2 cm tot 2,5 cm wat ’n bees langer is, bied dit ’n bykomende 10 kg tot 15 kg by speentyd.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot