Nuwe kultivars word voortdurend ontwikkel, maar bemestingspraktyke volg nie teen dieselfde spoed nie en is meestal verouderd. Omdat die verouderde praktyke nie noodwendig in nuwe kultivars se behoeftes voorsien nie, moet nuwe maniere ontgin word om opbrengste te verhoog.
Hoë insetkoste dwing boere verder om doeltreffender te wees met hul bemesting vir volhoubare opbrengste. Blaarvoeding het boere in twee kampe: Jy is óf daarvoor óf sterk gekant daarteen.
Blaarvoeding kan nogtans lei tot groot sukses in ’n boer se bemestingstrategie, mits dit reg hanteer en benut word. In hierdie artikel kyk ons wat die bydrae van goeie blaarontledings en blaarvoeding is, wanneer om dit toe te dien en die belangrikheid van die regte produk.