AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6905
-15,00
CORN
19 Okt
-
3078
-7,00
SOYA
19 Okt
-
7180
-25,00
SUNS
19 Okt
-
9910
182,00
WEAT
19 Okt
-
5730
-12,00
WMAZ
19 Okt
-
3178,40
-21,60
YMAZ
19 Okt
-
3341,2
-14,80
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Boereplan: Bloudraad en leksak vir ’n boere-paramedic

akkreditasie
 ’n Stuk bloudraad van 3 m lank word herhaaldelik dubbel gevou om as elmboogstut te dien.
’n Stuk bloudraad van 3 m lank word herhaaldelik dubbel gevou om as elmboogstut te dien.
Met bloudraad, kabelrepies en ervaring is daar al vliegtuie (en Fords) herstel en menige boereplan vervolmaak. En as die nood druk, kan dit selfs as mediese noodtoerusting in die veld benut word.

Die lied “Ver in die ou Kalahari” het nie om dowe neute sy ontstaan in die Molopo gehad nie. As jou naaste dorp 220 km (of verder) is, beraam jy vooraf planne ingeval iemand ’n besering opdoen of in lewensgevaar verkeer en ’n volledige noodhulptas nie byderhand staan nie. Dit is immers ’n gemeenskap wat hom nie laat afskrik deur onbegaanbare grondpaaie nie, en jy sien dikwels hoe hulle paaie gelyk maak met bosse en groot buitebande.

Ná die Vorstershoop-gemeenskap ’n jaar gelede ’n kursus, wat lesings oor wetlike vereistes en skietoefeninge ingesluit het, gevolg het om hulself weerbaar teen plaasaanvalle te maak, het die betrokkenheid en samewerking ook sommer ’n paar vlakke gestyg. “Ons het in die week ná die eerste kursus drie keer saam gebraai,” vertel mnr. Jaco Holtzhausen, ’n boer van die omgewing. “En almal is genooi!”

Sy vrou, Christa, wat ook in die bestuur van die Vorstershoop-boerevereniging dien, is die dryfveer van die veiligheidsreëlings in die gebied, en onlangs het die plaasgemeenskap ook ’n vlak  3-noodhulpkursus gevolg wat die ervare paramediese instrukteur mnr. Victor Smith van Schweizer-Reneke in Noordwes aangebied het.

Hoekverbande verbind die voorarm en gewrig.

Gee ’n boer bloudraad en ’n tang . . .

Tydens die kursus het die medics van Vorstershoop in tipiese Kalahari-planmaakstyl ’n stuk bloudraad as spalk ingespan ingeval iemand ’n beenfraktuur opdoen. Vir ’n armfraktuur, neem ’n lengte van sowat 3 m bloudraad, buig dit dubbel, en daarna nog ’n keer totdat die draad die regte lengte is om die pasiënt se arm vanaf die skouer tot by die hand te kan stut.

Die voordeel van bloudraad is dat dit buigbaar is, maar elke keer versterk word as die draad dubbel gevou word. Dit bly egter buigsaam genoeg om aan te pas by die kontoer van ’n elmboog en gewrig.

Met ’n armfraktuur, hetsy bo die elmboog of tussen die elboog en hand, is die L-posisie die beste manier om dit te stut, sê Victor. ’n Driehoekverband word gebruik om die beseerde ledemaat aan die spalk vas te maak. Enige stuk materiaal, en selfs ’n leë leksak of kledingstuk, kan gebruik word om ’n ledemaat te stut.

Die ervare paramedikus mnr. Victor Smith (links) by sy proefkonyn, mnr. Gawie van Schalkwyk.

Beskerm slagaar

Victor, met meer as 30 jaar ervaring as paramedikus, sê ’n fraktuur moet dadelik ondersoek en gespalk word. “Die hoofrede hiervoor is om te voorkom dat ’n slagaar beskadig kan word. As ’n ledemaat te veel beweeg voor dit gespalk is, kan ’n beseerde hom- of haarself inwendig doodbloei.”

By ’n beenbreuk is die hoofslagaar by die lies gewoonlik kernbelangrik. “Dit is lewensgevaarlik en ’n mens besef nie dat ’n beenfraktuur binne minute tot iemand se dood kan lei nie.”

Noodlottige bloedverlies is 1000 ml vir ’n volwassene, 250 ml vir ’n kind en 25 ml vir ’n baba.

As jy ’n fraktuur stut, voorkom dit verdere trauma aan die weefsel en word pyn ook verminder. “Die laaste ding wat moet gebeur as iemand beseer is, is om verdere skade aan te rig en die slegte grondpaaie in die platteland beklemtoon die belangrikheid van ’n spalk.”

In ’n noodgeval kan ’n leë leksak ook as nekstut ingespan word. Van Schalkwyk is weer die pasiënt, terwyl Smith en me.  Lize van Heerden sy nek verbind.

Pasgemaakte nekstut

Een van die grootste gevare in enige ongeluk, maar veral motorongelukke, is ’n potensiële nekbesering. Die gulde reël is om die beseerde so min as moontlik te beweeg – en verkieslik glad nie. Dikwels lyk dit of iemand ongeskonde is, maar die kans is groot dat ’n fraktuur aan die nekwerwel opgedoen is. ’n Algemene fout word dan begaan om iemand wat nie oppervlakkige bloeding het nie, uit ’n voertuig te verwyder.

Plaas eers ’n stut om die persoon se nek voor hy rondbeweeg en op ’n draagbaar na die naaste hospitaal vervoer word. Elke boer ry egter nie met ’n draagbaar en nekstut of verbande rond nie.

In algemene noodhulpkursusse word mense geleer om ’n opgerolde koerant as plaasvervanger vir ’n nekstut te gebruik, maar die kanse is groter dat ’n boer eerder ’n sakkie lek (of kunsmissak) by hom in die bakkie of in die skuur sal hê. Stryk die leë sak plat, rol dit styf op en skuif dit versigtig onder die nek in. Die “nekstut” word dan met ’n verband, lap of isoleerband vasgemaak.

Victor beklemtoon egter dat enige behandeling en hantering van ’n beseerde verkieslik deur iemand met die nodige opleiding gedoen moet word. “Alle boerevereniging behoort aandag te gee daaraan om hul lede met die nodige kennis te bekwaam, hetsy noodhulp, selfverdediging of algemene veiligheid.”

Navrae: Mnr. Victor Smith, 064 891 0872.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.53
+1.2%
Rand - Pond
20.06
+0.7%
Rand - Euro
16.90
+1.0%
Rand - Aus dollar
10.87
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,769.80
+0.2%
Silwer
23.69
+2.1%
Palladium
2,102.50
+3.9%
Platinum
1,043.68
+0.4%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,190
-0.1%
Alle aandele
66,776
-0.0%
Hulpbronne 10
63,288
-0.5%
Industriële 25
84,981
+0.6%
Finansiële 15
14,022
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekker kos met lekker wyn
Saggeaard rustig, hou van kamp en buitelewe. Stokperdjie is radio amateur. Wil nie baklei en argimenteer nie. Ek gaan graag met my motorhome kamp op afgelee plekke. Ek is...
I was made for you
God het my n liefdevolle en unieke vrou gemaak. Hy het my glimlag gemaak uit sonlig my n hart van goud gegee. Ek Wil lewe, lag en gelukkig wees. Altyd Baie liefde om uit te deel...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot